Ek stap oor na iemand wat daar rondstaan en vra vir Jason. “Jason help net gou die blinde ryer,” antwoord die vreemdeling. “Die wat?” vra ek verbaas. In die koue het ek seker nie reg gehoor nie. “Jacob. Die blinde ryer. Hulle help hom net gou om op die baan te kom.”
Bekendstelling: Só vervoer jy ʼn gesin
Die nuwe H1 het ʼn opgeknapte sierrooster, buffer, mis- en hoofligte. Die kantprofiel is onveranderd en in die kajuit is die slim inligtingstelsel nou standaardspesifikasie.
Foto’s: Triumph is terug met mening
Triumph slaan wêreldwyd ʼn nuwe rigting in. Plaaslik gaan daar nou ’n paar Triumph World Black-fasiliteite gebou word wat aan Triumph se globale standaarde sal voldoen.
Bekendstelling: Opgekikkerde Figo beïndruk
ʼn Mens verwag dat die gehalte in dié segment nie heeltemal sal kan kers vashou by die gewone B-segment nie. In die meeste gevalle is dit beslis so, maar die opgekikkerde Figo voel regtig solied en van ʼn goeie gehalte, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Dís nou ʼn ware klein sportnutsvoertuig
Hy het ʼn appeltjie te skil met motorvervaardigers, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Nissan se nuwe Micra beïndruk
Stormwinde en stortreën kon nie die Micra van spoor gooi nie. Die wind het beslis probeer – maar hy moet bieg, die Micra het met sterk stewels die 340 km-roete aangedurf, boonop sonder enige kwale, skryf Brendon Staniforth.
Verbruikersake: Vermy só motorklagtes
Die Ombudsman vir die Motorbedryf het volgens sy verslag vir 2017, wat onlangs bekendgestel is, in 2017 ’n totaal van 194 845 oproepe ontvang, wat gelei het tot 7 693 nuwe klagtes wat geopen is. Altesaam 16 448 klagtes is in 2017 afgehandel. Ina Opperman het gaan kyk na klagtes wat in die jaarverslag genoem is en wat verbruikers daaruit kan leer.
Husqvarna Vitpilen: Twee nuwe pyle in ʼn historiese koker
In die laat 50’s, toe jy nog in jou kantoor kon rook en ʼn oproerige kind die roede kon inlê, het Husqvarna ʼn 175 cc-enkelsilindermotorfiets in Swede bekend gestel: die Silverpilen. Die naam beteken Silwer Pyl. Nou is die Husqvarna Vitpilen hier.
Padtoets: Die McGuyver-mes
Indien jy ʼn veelsydige luikrug soek wat ook jou broek aan die brand kan steek met sy spoed, én ʼn ysige, modderige of nat pad kan baasraak, lees hiér wat skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Toyota stel sy Hilux Dakar-reeks bekend
Die vervaardiger Toyota het pas sy jongste Hilux Dakar-reeks bekend gestel.
Porsche word 70
Ongeveer 1 500 Porsche’s van alle kleure, groottes en ouderdomme het uit alle hoeke van die land opgedaag.
SA span weer wenner by Internasionale GS Trophy
Een ding is seker, Suid-Afrikaners weet hoe om ʼn BMW GS te ry, skryf Brian Cheyne.
Padtoets: Stylvol – selfs in draftekkies
Dit is vir hom een van die mooiste, luukse binneruime wat tans in die mark is, skryf Brendon Staniforth. Die vervaardiger probeer jou nie beïndruk met knoppies en fieterjasies nie – steeds is alles daar.
Bekendstelling: Só lyk die nuwe Swift
Net ʼn 1.2? Ja, hy was ook aanvanklik skepties – maar, die Swift weeg ʼn anoreksiese 875 kg, skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Die voorvader se kleinboet …
Kyk, dié motor is ʼn wenner. Ek’t nog nie met een motorjoernalis gesels wat nie so dink nie, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Tweede skoot in die kol
Subaru het ʼn paar jaar gelede die eerste XV bekendgestel. Hulle was baie trots op hul voertuig – maar hy was nie oortuig met die ontwerp nie, skryf Brendan Staniforth. Nou is die nuwe XV beskikbaar – en dit lyk stukke beter.
Padtoets: Hou matigheid voor oë
Wat presies is die Captur? Dink aan Renault se Clio – bietjie opgepomp, beter grondvryhoogte en effe groter… dis hy daardie, skryf Brendon Staniforth.
Die Gold Wing-fiets nou kleiner, dog ewe luuks
Soos ons almal wat sukkel met ʼn rolletjie hier en daar soos die jare aanskuif, het die Gold Wing al groter en swaarder geword. Op die pas afgelope South African Bike Festival het Honda sy nuwe, ligter Gold Wing aan die pers bekendgestel.
Video: Man besoek opspraakwekkende ongelukstoneel dekades later
“Dis angswekkend om te dink jy was in die voertuig wat so ver geval het. Om die ongeluk te herleef maak my nogal emosioneel.”
Padtoets: Met ouderdom kom wysheid
Die Golf GTD is steeds ʼn Golf, in sy modieuse pak. Jy kan met die eerste aangesig sien dit is nie net ʼn gewone Golfie nie, maar eerder een met beter maniere en sportiewe intensies.