Harley-Davidson het die wêreld dié week laat regop sit deur sy toekomstige modelplanne bekend te maak.
Suzuki DL 250 V-Strom: Kleinboet dra ouboet se baadjie
Die klein V-Strom kry dit reg om sy groter boeties na te boots en word maklik vir ʼn groter fiets aangesien.
Bekendstelling: Lamborghini in Suid-Afrika
Kopers van die Urus sal nie na die prys vra totdat hulle ʼn oorplasing moet doen nie, maar ek was nuuskierig … skryf Brendon Staniforth.
Vergelyking: Met of sonder maskara?
Ek het nou al baie mense gehoor sê: “Die nuwe Mercedes-Benz X-klas is net ʼn Nissan Navara met ʼn bietjie maskara.” Nou kyk, ek kan hier vir jou sê: Nadat ek ʼn bietjie tyd met albei bakkies terselfdertyd deurgebring het – dit is geensins waar nie.
Sleeptoets: Die meester…
Die perfekte motor is amper ʼn mite. Daar bestaan nie so iets nie – of tog wel?
Padtoets: Pure BMW-rygenot
Nie net is hy rats nie, maar as mens mooi ry, kan mens 4 ℓ/100 km handhaaf. Dit wil gedoen wees, skryf Brendon Staniforth.
KTM nooi jou vir die avontuur van jou lewe
As jy ʼn avonturier is met een van daardie oranje fietse, is daar vir jou goeie nuus.
Die blinde ryer Jacob se groot dag
Jacob Kruger, die blinde motorfietsryer, het vier rondes van die Red Star-renbaan voltooi en gaan hopelik aangeteken word in die Guiness Book of World Records.
Moto GP: SA se Brad Binder wen eerste wedren in Moto2 klas
Suid-Afrika se Brad Binder het die naweek sy kontrak met die Moto2-span Red Bull KTM Ajo hernu en hulle daarvoor bedank met ’n sege in die wedren.
Foto’s: Zontes ZT 310-R – ’n Aantreklike alternatief
Op die South African Bike Festival vroeër vanjaar het Zontes die nuutste toevoeging tot die reeks bekend gestel en almal was dit eens dat die Zontes ZT 310-R ’n baie aantreklike fiets is.
Nóg ʼn motorreus in die sop oor vervalste data
Dít kom kort nadat die vervaardiger in Oktober verlede jaar nagenoeg 1,2 miljoen voertuie herroep het.
Die Triumph Speed Triple RS ʼn Britse spoedvraat
Die Speed Triple was daar toe kaalfietse begin naam maak het in die laat 90’s. Triumph het oor die jare heen aanhoudend die Speed Triple verfyn, en nou is “die kragtigste Speed Triple ooit” bekend gestel.
Bekendstelling: Kattebak, of eerder olifantbak?
Toyota posisioneer die Rush onder die Fortuner. Ek kan sien waarheen hulle op pad is daarmee, die feit dat die Rush ook agterwielaangedrewe is, met 220 mm grondvryhoogte – maar, die Rush het nie vierwielaandrywing nie, en is ook glad nie met sewe sitplekke beskikbaar nie.
Bekendstelling: Só lyk die verfrissende nuwe MINI
MINI het in 2004 ʼn reusestap gewaag om die MINI uit die oude doos te neem en te vernuwe. Nou is dié gewilde ryding weer ʼn keer opgeknap.
Verbruikersake: Bedryfskodes wat jou regte beskerm
Ina Opperman het gaan kyk wat die Wet op Verbruikersbeskerming sê oor bedryfskodes en wat dit nou eintlik beteken.
Padtoets: Dié Mahindra-enjin beïndruk
Die Mahindra is beslis nie die mooiste bakkie met die eerste oogopslag nie, maar darem ook nie die lelikste nie. Dit is tog uit die aard van die saak ʼn bakkie. Tog bied dié bakkie ʼn aangename verrassing, skryf Brian Cheyne.
Motorverkope: Groot skommelinge onder top-10-vervaardigers
Te midde van beter as verwagte voertuigverkope in Junie vanjaar was daar redelik dramatiese skommelinge onder die sogenaamde toptien-vervaardigers.
Dié KTM ewe skerp weg van die baan
Dit is een ding om die 790 Duke om Kyalami te jaag, maar hoe sal hy vaar in ʼn alledaagse pendelrol? Brian Cheyne het by KTM gaan aanklop en gevra of hy dié oranje middelgewig in stadsverkeer ook kon ervaar.
Beskerm jou motor só teen misdadigers
Volgens die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika word daar daagliks by soveel as 382 motors in Suid-Afrika ingebreek, met meer as 139 000 van dié voorvalle elke jaar.
Padveiligheid: Privaat opleiding is elke sent werd
Toe ek so ’n paar jaar gelede begin gholf speel het, het ek nie vir een les gegaan nie. Hoe moeilik kan dit tog wees? Tog – as ek van die begin af vir lesse gegaan het, was my rekening soveel minder en my gholfstokke dalk nou nog in my besit. Dit geld ook vir motorfietsry.