Suid-Afrika se eie Ezelda van Jaarveld, Julia Maguire van Australië en Sonia Barbot van Frankryk is as finaliste in dié kompetisie aangewys.
[Foto’s] Bekendstelling: BMW stel die nuwe maatstaf
Die Sewepassepad het verskeie oppervlaktes gebied – droog en nat, grond, teer en sand – en niks kon dié BMW X3 flous nie, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Bekendstelling: Dié Alfa Romeo is soos ʼn windhond
Ek stry al jare, as mens ʼn vinnige motor wil hê, word sportnutse outomaties gediskwalifiseer. Nie meer nie, skryf Brendon Staniforth. Maroela Media was verlede week by die bekendstelling van die splinternuwe Alfa Romeo Stelvio.
Pad- en sleeptoets: Dis alles in die ratte…
Kan die Nissan Navara sleep? Lees hier wat skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Die beste oplossing
Hibridiese voertuie gee vir jou die beste van ʼn paar verskillende tegnologieë, skryf Brendon Staniforth nadat hy met die Lexis NX gery het.
Tesla stel elektriese vragmotor bekend
Elon Musk, uitvoerende vervaardiger van Tesla, het tydens die bekendstelling gesê die vragmotor kan ʼn spoed van 0-100 km/h in net vyf sekondes haal wanneer daar nie ʼn vrag gelaai is nie.
Sleeptoets: ʼn Vergete juweel?
“Ek moet weer my hoed eet,” skryf Brendon Staniforth nadat hy met die Subaru Forester gesleep het.
[Foto’s] Vergelykende toets: Sportnuts word spoednuts
In die jare vyftig het Jaguar en Mercedes mekaar gereeld op die wêreld se renbane gekry om te sien wie is baas. Nou vergelyk Brendon Staniforth dié twee reuse met mekaar.
[Foto’s] Die Honda Africa Twin gemaak vir Afrika
Die Honda Africa Twin is laasjaar hier in Suid-Afrika aan die wêreldpers bekendgestel. Die aanvraag na hierdie model was egter so groot dat ons nou eers kans gekry het om met hom te ry.
[Foto’s] Bekendstelling: Klein enjin, gróót hart
As jy gereeld ry asof jou broek aan die brand is, is die 280 kW-V6 net in die kol, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Bekendstelling: Land Cruiser nié net ʼn naam nie
Hy het nog altyd na Prado’s gekyk en gedink… is dit regtig nodig? Moontlik nie, skryf Brendon Staniforth – maar wat die Prado jou kan bied in terme van onvergeetlike herinneringe het onskatbare waarde.
[Foto’s] BMW maak gereed vir 2018
Iets waaroor ek baie verlig is, is dat die neiging weer terug is na kleiner avontuurfietse. BMW het reeds ʼn teenwoordigheid daar met sy F-reeks, so om die bestaande fiets te verbeter was die logiese oplossing.
[Foto’s] Ducati se modelle vir 2018
As jy ʼn motorfietsgeesdriftige is, word jou Kerskatalogus saamgestel in die eerste week van November. Dit is wanneer motorfietsvervaardigers, ná maande se geheimhouding, hulle nuwe modelle aan die wêreld bekendstel in Milan.
[Foto’s] Padtoets: Soos jou lekkerste paar skoene…
Die GTi is vir my ʼn briljante balans tussen “net ʼn luikrug” en ʼn sportmotor. Dié Volkswagen gaan baie ver om alles vir almal te wees, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] BMW se K 1600 Bagger ʼn regte rusbankfiets
Die Long Tom-pas, Rowerspas en die lang, uitgestrekte kurwes tussen Sabie en Pelgimsrus is motorfietskos, skryf Brian Cheyne. En nagereg is die kronkelpad tussen Sabie en Hazyview.
[Foto’s] Padtoets: Skoonlief en die ondier…
Hy en die Giulia Quadrifoglio Verde het ʼn paar dae lank ʼn witwarm verhouding gehad. Maar dis nie vir hom volhoubaar nie, skryf Brendon Staniforth – dié Giulia het sy hele beursie ingesluk.
[Foto’s] Padveiligheid: BMW Gevorderde bestuurdersopleiding
Talle Suid-Afrikaners verkeer onder dieselfde illusie dat ons die beste bestuurders is. Doen jouself ʼn guns, en gaan probeer weer jou toets slaag, óf gaan vir gevorderde opleiding, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Die Ducati Monster 821 word opgekikker
Elke era het ʼn kenmerkende snaaksigheid. In 1992 was die ‘mullet’ aan die uitsterf toe Ducati die ikoniese Monster aan die wêreld bekendgestel het. 25 jaar later is ons verlos van die mullet, maar een ding het tydloos gebly: Die Ducati Monster.
Bloodhound-toetslopie om wêreldspoedrekord te verbeter
Die Bloodhound- supersoniese motor, effektief ʼn vegvliegtuig op wiele, het vandeesweek sy eerste openbare toetslopie gehou om uiteindelik teen 1 000 mph (1 610 km/h) te ry.
[Video] Eenjarige ken al die karre
Beskou jy jouself as ʼn motorkenner? Dié eenjarige kan jou waarskynlik ore aansit.