Hulle sê om ʼn ware “petrolkop” te wees, moet jy ʼn voorliefde vir ʼn Alfa hê. Hy het nie daai voorliefde nie, skryf Brendon Staniforth – en die nuwe Tonale gaan hom klaarblyklik ook nie een gee nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Alfa Romeo"
Wiele2Wiele: Alfa vier mylpaal met nuwe Stelvio
Hierdie week in Wiele2Wiele vier Alfa Romeo hulle 113de bestaansjaar en stel die nuwe Stelvio bekend. Die W2W-span is beïndruk met Renault se Captur en glimlag oor BMW se 3-silinder X1. Hulle gee ook bestuurswenke vir die nat pad en ’n geskiedenisles oor motorfietsrenne.
Alfa se nuwe Tonale: Mooi maar middelmatig
Alfa Romeo het ʼn gaping in die mark gehad vir ʼn lekker kompakte sportnutsvoertuig en met die eerste oogopslag slaan Alfa Romeo se nuwe Tonale mens uit vir ʼn ses, maar…
Wiele2Wiele: Alfa betree C-segment
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar passievol gesels oor Alfa Romeo wat die pragtige nuwe Tonale bekendgestel het. Baic se Beijing X55 beïndruk, hulle leer interessante feite by die ‘Ford Driving Skills for Life’-dag en hulle toets KTM se elektriese SX-E 5-motorfiets.
Alfa se Stelvio-sportnuts druk sy stempel af
Daar is net ’n ander tipe opgewondenheid wanneer jy agter die stuur van ’n Alfa inklim. En die Stelvio is geen uitsondering nie – met sy onmiskenbare Italiaanse ontwerp laat hy behoorlik die koppe draai.
Alfa se Giulia: Elegante en luukse Italiaanse ryperd
Die Giulia se ontwerp is pure Alfa en danksy uitsonderlike verrigting en padhouvermoë is ʼn rit in die Giulia werklik ʼn belewenis.
Peperduur klassieke Alfa bly in SA
“Item 106 was ʼn Transatlantiese bodoorlog tussen versamelaars in Australië en Suid-Afrika en die aanbiedinge het vinnig geklim tot waar die bod eindelik op R1,1 miljoen toegeslaan is.”
Versamelaars lek lippe af vir dié motors
Sommige van die voertuie wat Saterdag opgeveil gaan word, bied ʼn een-keer-in-’n-leeftyd-geleentheid vir versamelaars om dit te bekom.
Alfa se Stelvio verwar
Die Stelvio se ontwerp is bitter mooi ondanks sy ander tekortkominge.
Wiele2Wiele ry met nuwe Alfa Romeo’s
Wiele2Wiele gaan ry met Alfa Romeo se opgeknapte Giulia en Stelvio. Hulle raak ook opgewonde oor Audi se vyfsilinder RS Q3, gesels veldren-aksie, turbo-enjins en ook oor al die jongste motorfietsnuus.
Nie nét mooi
Alfa Romeo se opgeknapte Giulia Velocé is so te sê perfek.
Luister: Wiele2Wiele ry met Alfa se Stelvio Q4
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met twee uiteenlopende voertuie – Alfa Romeo se Stelvio Q4-vuurwa en Suzuki se sakpas S-Presso.
[Foto’s] Bekendstelling: Dié Alfa Romeo is soos ʼn windhond
Ek stry al jare, as mens ʼn vinnige motor wil hê, word sportnutse outomaties gediskwalifiseer. Nie meer nie, skryf Brendon Staniforth. Maroela Media was verlede week by die bekendstelling van die splinternuwe Alfa Romeo Stelvio.
[Foto’s] Padtoets: Skoonlief en die ondier…
Hy en die Giulia Quadrifoglio Verde het ʼn paar dae lank ʼn witwarm verhouding gehad. Maar dis nie vir hom volhoubaar nie, skryf Brendon Staniforth – dié Giulia het sy hele beursie ingesluk.
[Foto’s] Padtoets: Alfa 4C die mooiste ‘rok’ in Milaan?
Indien daar brandstof in jou are vloei, het jy moontlik iewers in jou verlede ʼn kys met ʼn Alfa gehad, of gewens jy het. Toe sien ek een aand foto’s van die 4C op TopGear. Wow. Dit is mos hoe ʼn Italiaanse supermodel moet lyk, skryf Brendon Staniforth.
Kom jaag saam met Alfa en Abarth by Zwartkops
Die motorvervaardigers Abarth en Alfa neem Sondag 4 Junie deel aan die Corse Italiana-renbaandag by Zwartkops-renbaan in die weste van Pretoria.