Dramatiese beeldmateriaal van ʼn ‘raaiselagtige vuurbal’ wat Maandagoggend oor Thailand neergestort het, laat die tonge klap op sosiale media.
900 miljoen aktiewe WhatsApp-gebruikers
Jan Koum, uitvoerende hoof van die teksboodskapdiens, WhatsApp, het bevestig dat hulle die mylpaal van 900 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers gehaal het.
New Horizons se volgende bestemming bepaal
Na sy verbyvlug by Pluto en sy mane na ’n reis van sowat 5 miljard kilometer, is New Horizons se volgende bestemming nou bepaal.
[Video] Google trek nuwe baadjie aan
Google het Dinsdag aangekondig dat hy sy bekende logo gaan verander wat “jou sal wys dat Google vir jou werk – selfs op die kleinste skermpie”.
[Video] Só opereer Da Vinci-robotte
Vier Da Vinci-robotte word deesdae in Suid-Afrika gebruik om op pasiënte met prostaatkanker te opereer.
[Video] Verander jou fiets in ʼn slimfiets
ʼn Nuwe uitvinding genaamd SmartHalo, verander jou gewone trapfiets in ʼn japtrap in ʼn slimfiets – en bied jou ʼn eenvoudige navigasie- en selfs veiligheidstelsel.
Curiosity vind “waterryke” grond teen berg op Mars
Nasa se Curisity-tuig wat hom reeds ’n stywe ent teen berg Sharp se hang op bevind, het op ’n stuk grondbodem afgekom wat drie tot vier keer soveel water bevat as enige ander plek waaroor die tuig op Mars gery het.
[Video] Die wetenskap agter ʼn klimtol
Die reeks Science of stupid van National Geograpic wys jou presies hoe om daai klimtol-toertjies reg te kry en hulle deel ook graag ander mense se blapse. Dit is die perfekte kombinasie van komedie en wetenskap.
Japannese laai voorraad af by ruimtestasie
’n Japannese robottuig wat aan die Internasionale Ruimtestasie vasgemeer het, het broodnodige voorraad en toerusting na die bemanning aan boord van die stasie gebring.
Nasa ontken ‘verwoestende asteroïed’
Nasa het in ’n seldsame reaksie op volgehoue gerugte dat die aarde binnekort deur ’n aard-verwoestende asteroïed getref gaan word, die storie ontken.
[Video] Dié instrument speel nie tweede viool nie
ʼn Elektriese viool genaamd 3Dvarius is onlangs met behulp van 3D-drukkertegnologie gedruk. Dié tipe tegnologie is niks nuuts nie, maar die feit dat die viool kan speel, is eintlik ongelooflik.
Nuwe lugredery begin 1 September
ʼn Nuwe Suid-Afrikaanse lugredery, Fly Blue Crane, begin op 1 September met sy eerste vlugte.
[Video] Bêre elektriese kabels só
Dis gewoonlik ʼn groot frustrasie indien mens enige verlengingskoord of elektriese kabel wil bêre, om dit volgende keer weer te ontkoek – tensy jy hierdie eenvoudige manier gebruik.
Naspers bring kykgenot met ShowMax
Altesaam 11 000 uur kyktyd en 19 000 episodes vir slegs R99 per maand, is wat Naspers met sy nuwe internetstroomdiens, ShowMax, na Suid-Afrika bring.
[Foto’s] Grootste skeepsvaart-skouspel in die wêreld
Die wêreld se grootste skeepsvaart-skouspel word tans in Nederland aangebied.
[Video] Weerlig tref vliegtuig
ʼn Video van ʼn weerligstraal wat ʼn vliegtuig tref word wyd op sosiale media gedeel.
Het Mars nog 3 miljoen jaar gelede lewe onderhou?
Normaalweg word aanvaar dat toestande op Mars 3,7 tot 3,8 miljard jaar gelede laas só was dat lopende water op die planeet sou kon bestaan het, en die planeet in beginsel oor lewe kon beskik het.
[Video] Wanneer elektronika jou in die steek laat…
Canon het sopas ʼn nuwe reeks humoristiese advertensies vrygestel wat sy klante probeer oortuig dat elektronika mens soms in die steek kan laat.
[Video] Die gevare van sosiale media
ʼn Video wat ouers en tieners waarsku oor die gevare van sosiale media is die afgelope 3 dae reeds meer as 18.6 miljoen keer op YouTube gekyk.
[Video] Draagbare sonkragpaneeltjie
Een van die grootste frustrasies vir enige slimfoongebruiker is ʼn swak batterylewe. Danksy ʼn nuwe skarefinansieringsprojek is dié frustrasie nou iets van die verlede.