Die soekenjin Google het bekend gemaak watter soekterme in 2015 die gewildste was.
Regter verbied WhatsApp in Brasilië
Ongeveer 100 miljoen Brasiliane het Donderdag gesukkel om te kommunikeer nadat ʼn regter beslis het dat die gewilde boodskapdiens WhatsApp vir 48 uur lank verbied moet word.
Speletjie: Rangskik Beethoven se meesterstukke
Vier vandag Ludwig van Beethoven se verjaarsdag met ʼn lekker speletjie op Google.
Whatsapp in Brasilië geblokkeer as ‘straf’
ʼn Brasiliaanse hof het beveel dat die gewilde boodskapdiens Whatsapp van Donderdag vir 48 uur in die land geblokkeer sal word.
Ontwerp jou eie skoene met ‘e-ink’
ʼn New-Yorkse maatskappy, Shiftwear, is besig om ʼn hoëdefinisie “e-ink”-skoen te ontwerp, wat jou toelaat om animasie en kleur-ontwerpe op jou skoen te vertoon deur ʼn rekenaar- of foon-app te gebruik.
Facebook-hoof nou ‘n pa en gee byna al sy aandele weg
Mark Zuckerberg en sy vrou Priscilla Chan het die koms van hul babadogtertjie in ʼn Facebook-plasing aangekondig en verduidelik waarom hulle 99% van hul Facebook-aandele gaan weggee.
Mense se rassistiese uitlatings op advertensieborde
Criola, ʼn organisasie in Brasilië wat vir swart vroue se menseregte veg, het onlangs rassistiese kommentare wat mense op sosiale media gepubliseer het, op groot advertensieborde naby dié persone se huise geplak.
[Video] Gebruik jou selfoon vir meer as net bel en SMS
Jou selfoon is nie net nuttig om met vriende geselsies aan te knoop of om in kontak te bly met familie wat ver van jou woon nie. Dave Hax wys in ʼn nuwe video op YouTube ʼn paar nuttige wenke oor selfone.
Facebook-speletjies en ander digitale goggas
As ʼn gereelde Facebook-gebruiker sal jy gereeld sien hoe jou vriende aan allerhande speletjies en peilings deelneem – maar hoe veilig is dit werklik? Maroela Media se Blikslim-afdeling stel ondersoek in.
Gebruik dié nuttige apps wanneer jy reis
Desember is vir die meeste mense gelyk aan ʼn lang vakansie wat dikwels verg dat jy langs ver paaie moet reis tot by jou bestemming. Hoewel ʼn navigasietoestel of kaart jou kan help om by dié bestemming te kom, veroorsaak hulle soms ʼn kopseer.
Dubai gaan “jetpacks” kry vir brandbestryding
Dubai se departement van burgerlike beskerming het ’n memorandum van verstandhouding met Martin Aircraft Company gesluit om 20 “jetpacks” en twee opleidingsimulators te lewer. Die ooreenkoms sluit opleiding in.
Curiosity word duinebesie by ‘Windhoek’
Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, gaan binne enkele dae vir die eerste keer begin om van Mars se duine te ondersoek.
Miljoene vir MeerKat uit Europa
Die Max Planck-Instituut het altesaam €11 miljoen tot die ontwikkeling van die MeerKat-projek in Suid-Afrika bygedra.
Maak jou kind tegnologies touwys én veilig
“Kersvader” gaan beslis vanjaar verskeie briefies kry van kinders wat vra vir tabletrekenaars, selfone en ander toestelle vir Kersfees. Of jou kind iets tegnologies onder die boom gaan kry of nie, onthou dat tegnologie ’n onvermydelike deel van die lewe is.
Kuberkrakers het ISIS in die visier
ʼn Groep kuberkrakers wat hulself “Anonymous” noem, is besig met ʼn kuberkraakveldtog teen die terroristeorganisasie, ISIS, ná Vrydagaand se aanval in Parys.
Woord van die jaar is… nie ʼn woord nie
Oxford Dictionaries het sopas hul “Woord van die jaar” vir 2015 aangekondig, en dit is nie ʼn woord nie.
[Video] Waarheen verdwyn lêers wat jy uitvee?
Al ooit gewonder wat gebeur met lêers wat jy op ʼn rekenaar uitvee en of daai inligting ooit weer herwin kan word?
Een miljoen mense gebruik gratis WiFi in Pretoria
Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van die stad Tshwane, het gesê die gratis WiFi-projek in Pretoria het reeds meer as 1 miljoen registrasies.
Mars se atmosfeer deur sonwind weggewaai
Mars is sy dik, aardtipe atmosfeer en oppervlakwater kwyt deur die sonwind wat teen ’n tempo van 500 gram per sekonde die atmosfeer wegwaai.
[Video] Spaarsleutel vir ʼn noodgeval
Maak ʼn noodspaarsleutel uit die deksel van ʼn houertjie blikkieskos!