Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers en Solidariteit Helpende Hand gaan Wiskunde-hulpgidse wat die departement van basiese onderwys net in Engels uitgereik het, self in Afrikaans vertaal.
[Video] Ruimtemanne eet eerste keer ruimteslaai
Die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie het Maandag vir die eerste keer slaai geëet wat aan boord van die ruimtestasie gesaai is.
Luister: Hoekom Heinz hom tot skarefinansiering wend
Heinz Winckler het onlangs aangekondig dat hy sy eerste onafhanklike album gaan aanpak deur middel van skarefinansiering.
Komeet en Rosetta nader naaste punt aan die son
Die komeet 67P wat die afgelope jaar deur die Rosetta-tuig van die Europese Unie gevolg word, sal Donderdag 13 Augustus sy naaste draaipunt om die son bereik, voordat dit weer op ’n baan van byna sewe jaar ver van die son af vertrek.
Plattelandse skole kry hupstoot met satelliettegnologie
Twaalf landelike skole in Mpumalanga met ’n gesamentlike leerlinggetal van 6 500 vind baat by ’n projek van die Europese Ruimte-agentskap om deur kommunikasiesatelliettegnologie internettoegang te verkry.
Hou jou in op sosiale media indien jy jou werk wil behou
Wat jy op Twitter en Facebook sê kan beslis verander wat mense van jou dink, maar dit kan ook verander wat mense van die maatskappy vir wie jy werk dink … en dit kan ernstige gevolge inhou.
[Video] Klop beurtkrag: laai jou selfoon met kerskrag
ʼn Nuwe projek op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter is dalk net die antwoord op jou beurtkragprobleme wanneer jy onkant gevang word met ʼn pap selfoonbattery.
[Video] Moderne hospitaal neem leiding in die gesondheidsektor
Die Mediclinic-groep het in Julie ʼn nuwe hospitaal in Midstream, suid van Pretoria, geopen. Gevorderde tegnologie is by die splinternuwe hospitaal ingespan om pasiënte se ervaring so aangenaam moontlik te maak.
[Video] Blou maan vanaand te sien
Die tweede volmaan in een maand kan vanaand, 31 Julie 2015, gesien word. In die volksmond staan dit bekend as ‘n “blou maan”.
[Video] Geen mikrogolfoonde, selfone hier toegelaat nie
In hierdie dorpie in die sogenaamde “stil sone” word geen selfone of mikrogolfoonde toegelaat nie en die gebruik van WiFi word ook streng beheer.
China bou yslike radioteleskoop
China beoog om in 2016 die grootste radioteleskoop ter wêreld te voltooi, en die land sodoende eerstehandse toegang tot uitstekende data te gee.
Duur tegnologie vir duurste vliegtuig
Die HMDS se tegnologie is nie goedkoop nie en een so ʼn helm kos meer as $400,000.
Slimfoon-app red verdwaalde paartjie
ʼn Paartjie wat tydens ʼn verafgeleë staptoer verdwaal het, kon van ʼn slimfoon-app gebruik maak om paramedici te help om hulle op te spoor.
Luister: Só sê kenners oor nuwe planeet
ʼn Planeet wat talle ooreenkomste met die aarde het en ʼn veraf son-ster omwentel, is onlangs met Nasa se Kepler ruimteteleskoop ontdek. Wetenskaplikes meen dat dit die moontlikheid vir lewe op ander planete verhoog.
Video: Advertensie laat selfoongebruikers twee keer dink
As jy al ooit vinnig weggekyk het om te sien wat op jou selfoon gebeur terwyl jy bestuur, is hierdie advertensie ʼn móét-sien.
Sou Jesus getwiet het?
Of Christene die internet en tegnologie voluit gebruik om Jesus Christus se koninkryk te vergroot, is ’n vraag wat elke gelowige vir homself moet beantwoord. Dit is wel raadsaam om die feit dat Jesus wel sóú getwiet het, in gedagte te hou.
Petisie oor voorgestelde internetregulasies
ʼn Petisie is op die webwerf Avaaz geskep waar Suid-Afrikaners hul misnoeë te kenne kan gee teen nuwe voorgestelde internetregulasies.
Luister: Afrikaans kry ʼn virtuele taal-instituut
“Een van Afrikaans se grootste skatte is die enorme vakkundige woordeskat wat oor baie jare ontwikkel is. VivA wil hiermee voortgaan deurdat kundiges terme sal skep en gebruikers dan die databasis sal kan raadpleeg.
Video: Jou eie beurtkrag-oorlewingspakkie
Teen hierdie tyd is beurtkrag nie meer ‘n vreemde konsep vir enige Suid-Afrikaner nie. Suzelle DIY deel in hierdie video, op haar eie pittige manier, ‘n paar wenke hoe jy jouself kan voorberei op beurtkrag.
Foto’s: Sol-Tech skep hoop vir jongmense
In Suid-Afrika is daar ʼn geweldige tekort aan mense met skaars vaardighede soos dieselwerktuigkundiges, passer en draaiers, meulmakers en sweisers.