Die vrou wat Vrydagaand van ʼn Kulula-vlug verwyder is nadat sy die k-woord gebruik het om na die vlieënier en twee passasiers te verwys, is nou ook haar werk kwyt.
Slenkdalkoors – wekroep vir SA boere
“Die grootste fout wat boere kan maak, is om in die winter selfvoldaan te wees. Dit is nóú die tyd om ons vee in te ent.”
Familie van oudsoldaat soek antwoorde ná raaiselmoord
“Ek mis my broer verskriklik en ons is desperaat om uit te vind wat gebeur het voor ons berusting sal kan vind.”
Drie ʼn dekade later vas oor moord
ʼn Dekade nadat ʼn welsynsbestuurder koelbloedig doodgeskiet is terwyl hy bewerings van korrupsie in die departement ondersoek het, is nog verdagtes in hegtenis geneem in verband met die moord.
Verloofde praat ná kleinhoewe-aanval
Die pa van Pretoria wat Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Kameeldrift-omgewing geskiet is, is steeds verlam in sy onderlyf ná die aanval.
3 in hof ná moord op Namibiese egpaar
Giel (79) en Sarie Botma (78) is in Februarie vanjaar op hul plaas in die Koës-omgewing, in die suide van Namibië, vermoor.
Foto’s: Net bouvalle, stompe oor van spogplaas
ʼn Eens florerende druiwe-en-sitrusplaas van 480 hektaar in Limpopo is gereduseer tot bouvalle, en afgekapte lemoenbome wat vir vuurmaakhout gebruik is.
3 in hof oor dwelms van R6 miljoen
Die Valke het ʼn lokval vir een van die verdagtes gestel waartydens ʼn dwelmtransaksie glo sou plaasvind.
Einde van bekende, geliefde gorilla
Haar eerste voorbladfoto, wat in 1978 verskyn het, was ʼn foto wat sy van haarself in ʼn spieël geneem het.
Tekenprent: Trump oor immigrantouers en -kinders
Pres. Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei sal word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek.
Nuuskommentaar: Demokrasie gee groot sprong vorentoe
Met ’n allerbelangrike algemene verkiesing nie later nie as volgende jaar ’n werklikheid het die konstitusionele hof ’n belangrike uitspraak gelewer oor hoe openlik skenkings aan politieke partye moet wees. Tot dusver was dit grootliks ’n geheime spul en veral die groter party het om redes van hul eie wal gegooi dat hul skenkers openbaar gemaak mag word.
Man wil appelleer ná mangat-moord
Gerhard Papenfus (44), die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy die Pretorianer, Danie Dreyer (64), vermoor en sy liggaam in ʼn mangat gestort het, wil teen sy skuldigbevinding en vonnis appelleer.
Supra maak glo plek vir Mokgoro
Supra Mahumapelo het glo as lid van die Noordwes- provinsiale wetgewer bedank om plek te maak vir Job Mokgoro om tot premier van die provinsie verkies en ingehuldig te word.
Vrou neem glo eie lewe in polisiesel
“Die geregtelike doodsondersoek sal bepaal of ʼn tweede of derde party by die voorval betrokke was en die polisie sal dan daarvolgens optree.”
NGV-wetsontwerp: ‘Talle onbeantwoorde vrae en leemtes’
“Die eerste vraag het te doen met koste, want sonder finansiering kan só ʼn voorstel nie aan die gestelde eise voldoen nie.”
SANParke-baas help self ‘stropers’ vastrek
Die uitvoerende hoof van SANParke het vandeesweek ingespring om sommer self te help om drie vermeende renosterstropers in die Krugerwildtuin agterna te sit en uiteindelik vas te trek.
Ma tref tienerdogter dood in kamer aan
Die meisie het aan haar ma gesê dat sy ʼn bietjie wil gaan rus en het haar gevra om haar later wakker te maak. Toe die ma later in die kamer kom, het sy die skokkende ontdekking gemaak.
Vrou vind lewende baba op vullisterrein
ʼn Werknemer van ʼn dagskool was Donderdagmiddag verstom toe sy vullis by ʼn ashoop noord van Pretoria uitgegooi en op ʼn baba van ongeveer ʼn maand oud tussen die vullis afgekom het.
Hof beaam finansiering vir politieke partye moet deursigtig wees
Die konstitusionele hof het Donderdag ʼn uitspraak in die hooggeregshof bekragtig dat die privaat finansiering van politieke partye en onafhanklike kandidate redelik toeganklik moet wees.
Pensioenarisse eis verhogings
ʼn Groep van ongeveer 100 pensioenarisse van Dobsonville in Soweto het Donderdag na die ANC se Luthuli House opgeruk om ʼn verhoging in hul maandelikse betalings te eis.