“Ons bevestig daar was probleme met watertoevoer en waterkwaliteit nadat ons besef het dat daar inmenging by die waterpompstasie was gedurende die betogings.”
Ouers sit hofstryd voort ná kind verdrink
“Ons sal nie ophou veg vir geregtigheid vir my broer nie.”
Jong man verloor stryd ná gewapende rooftog
Die 21-jarige Francois Swart wat vroeër dié maand tydens ʼn gewapende rooftog herhaaldelik in die nek geskiet is, is oorlede.
Coligny-moordsaak: 2 terug in hof
Die hof het al onder meer gehoor dat die polisie nie die patoloog se bevindings oor die oorsaak van Mosweu se dood beïnvloed het nie en dat daar nie enige bloed aangetref is in die voertuig wat na bewering gebruik is toe ʼn tiener dood is nie.
Uitspraak in De Lille-DA-saak dán gelewer
Uitspraak is Dinsdag voorbehou in die saak tussen De Lille, burgemeester van Kaapstad, en die DA ná hofverrigtinge van twee dae.
‘Interne probleme’ rede vir nóg ʼn busstaking in Noordwes
Dié staking volg kort op die weke lange nasionale busstaking wat in April en Mei honderde duisende pendelaars ontwrig het.
Tanzanië se geliefde Siamese tweeling sterf
Maria en Consolata Mwakikuti, ʼn Siamese tweeling wat Tanzaniërs se harte verower het, is in die ouderdom van 21 oorlede.
Zuma terug hof toe
Die voormalige president Jacob Zuma sal na verwagting Vrydag vlugtig in die hof verskyn.
Minister erken probleme in mediese dienste
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het erken die land se staatshospitale en staatsbestuurde mediese dienste is in die moeilikheid, maar hy ontken dat dit op die rand van ‘n ineenstorting huiwer.
DA meen nuwe Prasa-hoof is onbevoeg
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê Sibusiso Sithole is nie bevoeg om die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) reg te ruk nie.
Brand verwoes 72 huise in Plettenbergbaai
Die Bitou-munisipaliteit in die Wes-Kaap het ʼn dringende aansoek gedoen vir rampbestuurfinansiering nadat 72 huise in die Qolweni- informele nedersetting in ʼn brand verwoes is.
Bloem-vrou verdwyn spoorloos
Natasha Mans (41), ma van die 15-jarige Noeline Koekemoer wat in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor is, word al vyf dae lank vermis.
Uitspraak voorbehou in saak tussen De Lille en DA
Uitspraak is Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad voorbehou in die saak tussen burgemeester Patricia de Lille en die Demokratiese Alliansie.
‘Gruwelhuis-egpaar’ vasgetrek
Danksy wenke van Maroela Media se lesers, is die sogenaamde “gruwelhuis-egpaar” Dinsdag vasgetrek.
Jason Rohde-saak: ‘Susan is versmoor,’ sê staat
“Dit is nie waar nie! Dit is nie waar nie, advokaat. Ek is nie ʼn moordenaar nie.”
Eerste kwartaal skets donker prentjie vir SA se ekonomie
SSA het in ʼn verklaring op sy webtuiste gesê landbou, mynbou en vervaardiging was die hoofbydraers vir die afskaling in Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP).
DA ‘nie onredelik’ om De Lille uit te skop
Die hooggeregshof in Kaapstad het Dinsdag gehoor dat die 24 uur wat dié stad se burgemeester, Patricia de Lille, gegee is om te reageer op die beëindiging van haar lidmaatskap, was lank genoeg kans vir haar om haar saak te stel.
Die wêreld in foto’s – 5 Junie 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Skietongeluk: Stukkie metaal veroorsaak infeksie
“Waar daar lewe is, is daar hoop.”
Vlaag rooftogte tref Kaapstadse skole
“Die rooftogte is so beplan om plaas te vind net nadat die skooldag geëindig het en leerders en onderswysers met naskoolse aktiwiteite besig was.”