ʼn Bejaarde man moes Donderdag toekyk hoe kapers met sy voertuig, waarin sy gestremde vrou was, wegjaag oomblikke nadat die boosdoeners hom in die gesig geskiet het.
Lelike ‘nasionale blom’ iets van die verlede
Dit lyk of Suid-Afrika uiteindelik op ʼn omgewingsvriendelike wyse die land se sogenaamde “nasionale blom” kan groet.
Pedofiel hoor vandag sy lot
Andries Petrus Retief (37), die pedofiel wat agt jaar tronkstraf opgelê is nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kinderpornografie, gaan na verwagting Vrydag hoor of hy ʼn swaarder straf gaan kry.
Nuuskommentaar: Uit ons demokrasie verneuk
Wat die ANC skynbaar as demokrasie verstaan, kom eerder neer op die tirannie van die meerderheid.
Man kritiek ná ’mislukte ‘kaping’
Die man is in sy nek en gesig geskiet, en lewensondersteunende middels moes dadelik gebruik word om die man se lewe te red.
Vrou se halfnaak liggaam in veld gevind
Die polisie het die liggaam van die vrou langs ʼn sokkerveld gevind, asook bloedbevlekte klippe.
Pta-man (60) in sy bed oorrompel tydens rooftog
“Die man het nog geslaap toe hy skielik deur die drie verdagtes wakker gemaak is. Hy is beveel om alle waardevolle goed aan hulle te gee en is toe deur een van die verdagtes met ʼn mes in die gesig gesteek.”
OJ Simpson dan op parool vrygelaat
OJ Simpson, die bekende voormalige Amerikaanse voetbalspeler, dien tans tronkstraf vir ontvoering en roof uit.
Rockster dood in huis aangetref
Die hoofsanger van die rockgroep Linkin Park, Chester Bennington, is dood nadat hy homself glo Donderdag in sy huis in die suide van Kalifornië in die VSA gehang het.
Toeris van staproete gered
ʼn Franse toeris wat met vakansie in Suid-Afrika is, moes Woensdag van ʼn staproete in die Robberg-natuurreservaat naby Plettenbergbaai gered word.
10111-werkers ‘sal staking verskerp’
“Ons ontvang traumatiese oproepe wat ons moet deursit na die polisie toe en terwyl jy probeer help, hoor jy geweerskote in die agtergrond en die lyn gaan dood. En dan moet jy net aanbeweeg na die volgende inbeller.”
‘Word ATKV nou TKV?’
“Die geskiedenis het bewys dat as ʼn organisasie probeer om alles vir almal te wees, dit dikwels in die middel deurval en eindig deur niks vir niemand te wees nie.”
Swanger matrikulant vermoor
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn swanger 19-jarige meisie vermoor het.
Pa, seuns sterf in botsing: ‘Ons sukkel om tot verhaal te kom’
“Dit is steeds ʼn baie groot skok vir die hele familie. ʼn Mens wonder maar hoekom dit moes gebeur.”
Man se lyk spoel op PE-strand uit
‘n Woordvoerder van die polisie het gesê ʼn lid van die publiek het omstreeks 08:00 op die liggaam afgekom waar dit by Kini Bay in Port Elizabeth uitgespoel het.
Die wêreld in foto’s – 20 Julie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Ontstoke klant’ glo agter MiWay-‘rasseherrie’
ʼn Rasseherrie het amper oor die kop van die versekeraar MiWay losgebars nadat ʼn skermskoot van ʼn skynbare rassistiese e-pos wyd op sosiale media versprei is.
Pole straks EU-stemreg kwyt
Pole kry die wind van voor weens die meerderheidsparty se planne om vier wette deur die parlement te voer wat in effek die onafhanklikheid van die regbank ongedaan maak.
Ouers waarsku ná soen glo tot baba se dood lei
“Haar toestand het elke dag versleg. Die virus het al haar organe beskadig. Sy het lewerversaking gekry, en later nierversaking. Daar was niks wat ons kon doen, behalwe om haar laaste paar dae vir haar gemaklik te probeer maak nie.”
Dogters wag op afsluiting ná pa sterf
“Ek het toe met ʼn skok besef dit is die berig wat ek daardie oggend op Maroela Media gelees het.”