Die beeld van die Afrikaner kan met die heropening van die moordsaak van Olof Palme weer ’n hou weg kry tot die ware skuldige aan die kaak gestel is, maar ook iets soos die doodskis-insident word aangegryp om die Afrikaner / wit mens oor ’n wyer front by te dam
Paar desperaat ná hond tydens kitsvloede verdwyn
ʼn Johannesburgse paartjie het hulle tot sosiale media gewend om hulle vermisde bulterriër op te spoor. Die hond het tydens die kitsvloede in Johannesburg in Edenvale verlore geraak.
Video: Bakkie wat wegjaag sleep voetganger
ʼn Ma van ʼn vier maande oue baba is Dinsdag in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy in ʼn beweerde tref-en-trap-voorval etlike meter ver gesleep is. Waarskuwing: Die video is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
Poppie-saak: Borgtogaansoek begin moontlik dán
Kobus Koekemoer het Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.
Twee kritiek ná skool onder bye deurloop
Minstens 20 mense, insluitend talle kinders, is na ʼn hospitaal geneem nadat hulle deur ʼn swerm bye aangeval is by ʼn skool in Vereeniging.
Ontsnapping uit polisietrok: Drie vas
Dit is egter nie bekend gemaak hoe hulle dit reggekry het nie en ʼn ondersoek word gedoen om die presiese omstandighede rondom die voorval vas te stel
Sewe vas ná verkragting van 13-jarige
Sewe mans is in hegtenis geneem in verband met die beweerde ontvoering en bendeverkragting van ʼn 13-jarige meisie in Kaapstad.
Poppie se stiefpa weer in hof
Poppie het in ʼn hospitaal aan haar beserings beswyk nadat haar stiefpa haar glo erg geskop het.
Noordwes-man se liggaam dalk in Bospoort-dam
Die Noordwes-hooggeregshof het Woensdag gehoor die liggaam van Dirk Coetzee (66), van Marikana in Noordwes, is dalk in die Bospoort-dam in Kanana naby Rustenburg gestort.
Minister weier om te bedank ná renoster-bewerings
David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het Woensdag aan LP’s gesê hy gaan nie uit sy pos bedank oor bewerings dat hy met ʼn beweerde Chinese renosterhoringsmokkelaar verbind word nie.
Sanger Leonard Cohen het ná val gesterf
Die sanger en liedjieskrywer Leonard Cohen het in sy slaap gesterf nadat hy in die middel van die nag by sy huis in Los Angeles geval het, het sy bestuurder Woensdag gesê.
Rhodespark-aanval: Beeldmateriaal wys hoe verdagtes vlug
Kringtelevisiebeeldmateriaal is Woensdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, vertoon tydens die verhoor van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington, Johannesburg, aangeval het.
Polisie ontken herinhegtenisneming van #FeesMustFall-leier
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gerugte ontken dat Mcebo Dlamini (30), voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en #FeesMustFall-aktivis, in hegtenis geneem of by enige polisiestasie in Gauteng, of enige ander provinsie, aangehou is.
Snuffelhonde maak groot Viagra-vonds
Doeanebeamptes en snuffelhonde het duisende Viagra-tablette by die OR Tambo-lughawe onderskep.
Doodskis-video: Slagoffer praat buite hof, gemoedere loop hoog
Victor Rethabile Mlotshwa (29), die man wat na bewering deur twee mans op ʼn plaas in Mpumalanga in ʼn doodskis ingedwing en met die dood gedreig is terwyl dit verfilm is, het Woensdag buite die hof vertel hoe hy vir sy lewe gevrees het.
Voormalige onnie in hof ná wiskundevraestel uitlek
Die 52-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die matriekwiskundevraestel, wat verlede maand in Limpopo uitgelek het, het Woensdag in die Giyani-landdroshof verskyn.
Huishulp, kleuter ‘erg getraumatiseerd’ ná huisroof
ʼn Vreesbevange huishulp en tweejarige kleuter moes Woensdagoggend op die vloer in ʼn huis in Parkhill, in die noorde van Durban lê, terwyl gewapende rowers die huis omgekeer het.
Rhodespark-aanval: Nog ʼn verdagte vas in Zim
Nog ʼn verdagte, wat na bewering deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, is in Zimbabwe in hegtenis geneem.
TUT-studenteraadslid, nog 2 vas
ʼn Studenteraadslid, van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), is saam met twee voormalige studente in hegtenis geneem vir beweerde bedrog by dié tersiêre instelling.
Die wêreld in foto’s – 16 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.