Courtney Daniels sal glo ontken dat sy sataniese elemente tot ‘n ritueel, gebaseer op ‘n teksvers uit die Bybel, voorgestel het, het ‘n Johannesburgse hof Maandag gehoor.
Storm oor Mandela-handelsmerk
Familielede van voormalige president Nelson Mandela het oor die afgelope jaar maatskappye opgerig wat direk onder sy naam, een van die waardevolste handelsmerke wêreldwyd, handel dryf.
Emperors Palace-dogtertjie sterk aan
Shané du Plessis, ‘n vyfjarige wat gewond is toe 15 mans glo probeer het om die Emperors Palace Casino in Johannesburg te beroof, sterk aan in die Glynnwood Life-hospitaal.
Cederberg: Burgemeester se tugverhoor begin
Die tugverhoor van Cederberg se burgemeester het Maandag in Kaapstad begin.
Gekaapte Gauteng-vrou veilig
Jomi Vermaak, ‘n 21-jarige vrou van Pretoria, is binne twee ure opgespoor nadat sy Maandag gekaap en ontvoer is.
Jong Gauteng-vrou moontlik ontvoer
Mense in Gauteng word versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Polo Vivo, nadat ʼn jong vrou glo omstreeks 14:00 gekaap en ontvoer is.
Sewejarige sterf glo weens voedselvergiftiging by koshuis
ʼn Sewejarige meisie is dood nadat sy glo voedselvergiftiging by ʼn koshuis in die Oos-Rand van Johannesburg opgedoen het.
Tshwane spandeer glo miljoene op pondokkies
Die Tshwane-metro en die Gautengse departement van behuising het glo meer as R85 miljoen spandeer om ʼn woonstelblok te bou wat glo nie geskik is vir mense om in te bly nie.
Jagluiperd val Botswana-president aan
Ian Khama, die 60-jarige president van Botswana, is verlede week deur ʼn jagluiperd aangeval.
SA-welsynwerker sterf naby Sirië
Mustafa Wilson, ʼn welsynwerker en sakeman van Kaapstad, is dood nadat hy Vrydag in Turkye in ʼn voertuigongeluk betrokke was.
Mokaba weg by PetroSA
Benny Mokaba, die voorsitter van PetroSA, het uit sy amp getree.
Twee seuns verdrink in rivier
Twee seuns het oor die naweek in ʼn rivier in die Oos-Kaap verdrink.
Geheimhoudingswet sal die ANC blootstel
“Die toepassing van die sogenaamde Geheimhoudingswet sal ʼn internasionale verleentheid vir die ANC-regering beteken.” AfriForum
Video: Saskok gaan Irene help
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gaan die 15-jarige atleet, Irene van Niekerk, help.
Roodepoort-ontbloter borgtog geweier
ʼn Man van Roodepoort wat hom glo gereeld aan meisies van laer- en hoërskole ontbloot en seksuele dade uitgevoer, is deur die hof borgtog geweier.
Bemanningslede vermis na skeepsbotsing
Sowat tien bemanningslede van ‘n vergane vragskip word vermis nadat twee vragskepe Maandagoggend in mooi weer aan die Griekse kus gebots het.
Karabus dalk môre oppad huis toe
Die hof in Abu Dhabi gaan na verwagting vandag uitspraak lewer in die appèlsaak teen die vrylating van prof. Cyril Karabus.
Oos-Kaapse botsing eis sewe ná begrafnis
Sewe mense is dood en twee ernstig beseer nadat twee voertuie reg van voor teen mekaar naby Queenstown in die Oos-Kaap gebots het.
Nuuskommentaar: Ras-tellende aksie
‘n Onlangse peiling deur Pondering Panda het getoon dat die meerderheid jong wit, bruin en Indiër-jongmense meen die ANC het ‘n soort “omgekeerde apartheid” ingestel.
Vermiste Bloem-seun dood gevind
Die polisie is op soek na ‘n 32-jarige verdagte nadat die liggaam van ‘n sesjarige seun, wat verlede Maandag ontvoer is, Saterdag in Bloemfontein gevind is.