Die party het in ʼn verklaring aangekondig ʼn nuwe leier sal by die driejaarlikse verkiesingskongres aangewys word.
[Foto’s] Inwoners gons oor ‘tornado’ in Viljoenskroon
“ʼn Reuse voëlhok, van 10m x 4m, is soos ʼn stukkie papier in die lug rondgewaai, reuse ou bome is uit die grond geruk en die roldeur van my motorhuis is reg uit die muur geruk. Dit was vreesaanjaend.”
Sunette kry bonus; Twitter-geveg woed voort
“Arrogansie kom in verskillende vorme, [soos] die idee dat jy dink jy moet spesiale behandeling ontvang en die [behoorlike] proses moet geïgnoreer word.”
13 vas ná Mpumalanga-plaasaanval
Danksy skitterende samewerking tussen die polisie en boeregemeenskappe in Mpumalanga, is 13 verdagtes in hegtenis geneem ure nadat ʼn gesin van die Stoffberg-omgewing op hul plaas oorval en aangerand is.
Aanklagte teen Molefe gebring ondanks bedanking
“Dit is verdag dat Molefe bedank het nadat ons die proses begin het om hom te dwing om onder eed in die parlement die waarheid te vertel.”
Bekende Christelike skrywer sterf
Die bekende Christelike skrywer, Johan Smit (73), is Vrydag ná ʼn stryd met kanker oorlede.
Een dood, 16 beseer na Durban-botsing
Een mens is dood en 16 ander beseer, nadat ʼn minibustaxi en twee motors Vrydagaand op die M4-Suid, naby Merebank in Durban, gebots het.
Eskom sal binnekort tydelike leierskap aankondig
“Die waarnemings wat in die staatkaping-verslag gemaak word, is onakkuraat, gegrond op gedeeltelike feite of doodeenvoudig onwaar. Madonsela was vasbeslote om hierdie waarnemings in die verslag in te sluit, sonder om enige skadelike uitlatings eers aan my te openbaar soos sy wetlik verplig was om te doen.”
Vermoorde Margate-man was ANC-raadslid
Die raadslid se vrou het na haar man gehardloop toe sy ʼn skoot gehoor het en hom dood in die bed aangetref.
Cecil die leeu: Aanklagte teen jagter laat vaar
Die aanklagte teen die Zimbabwiese jagter wat saam met ʼn Amerikaanse tandarts verlede jaar ʼn jagtog gedoen het waartydens die bekende leeu Cecil doodgeskiet is, is laat vaar.
Man dood op snelweg gevind
ʼn Man se liggaam is Vrydagmiddag op die N1-snelweg by Meiringspark, Worcester, in die Wes-Kaap gevind.
Dele van Gauteng binnekort tot rampgebied verklaar
David Makhura, premier van Gauteng, beplan om dele van Gauteng tot rampgebiede te laat verklaar ná die kitsvloede wat vandeesweek in die provinsie voorgekom het.
Eskom-hoof bedank
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het Vrydag sy bedanking aangekondig.
Staatskaping: Madonsela versoek om stil te bly
Die presidensie het Vrydag sy misnoeë teenoor die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, uitgespreek.
Pta-ma deur vloedwater meegesleur
Die Tshwane-nooddienste is op soek na ʼn vrou wie se motor Vrydag in die vroeë oggendure deur vloedwater in Pretoria meegesleur is.
Gesin boos oor behandeling van gestremde
Frans het ʼn spraakgebrek weens sy gestremdheid en dit is moeilik om te hoor wat hy sê. “In die gesprek kan jy hoor hoe die konsultant vir Frans lag en in ʼn stadium roep hy sommer van sy kollegas om ook te kom luister.”
Die wêreld in foto’s – 11 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Swaar weer op pad na Gauteng; vlugte dalk vertraag
ER24 het intussen gesê ʼn stemboodskap wat op sosiale media die ronde doen van ʼn sogenaamde ER24-paramedikus wat mense waarsku dat ʼn hewige storm op pad is en dat mense by die huis moet kom, is ʼn slenter.
Wittebrood-nagmerrie: Man beboet, steeds gestrand
Francois Palm (24), die man wat verlede maand saam met sy vrou op pad huis toe van hul wittebrood op die Abu Dhabi-lughawe voorgekeer is, is steeds daar gestrand.
Ondersoek oor verdagte lekkers duur voort
Niemand is nog in hegtenis geneem nadat laerskoolleerders van ʼn skool in Johannesburg vroeër vandeesweek siek geword het nadat hulle verdagte lekkers geëet het nie….