Hulle was glo deel van ʼn groep van 12 mans wat op 17 Oktober 2015 twee paartjies in Rhodespark voorgekeer en oorval het.
Donald Trump loop voor
Die Amerikaanse verkiesing het in ʼn naelbytstryd begin ontaard nadat Donald Trump belangrike oorwinnings oor Hillary Clinton behaal het.
Man ondervra oor brand by UKZN
ʼn Man word ondervra in verband met ʼn brandstigtingsvoorval by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Pietermaritzburg-kampus.
Prins Harry veroordeel media oor nuwe meisie
Prins Harry van Engeland het Dinsdag ʼn verklaring uitgereik om die media te veroordeel vir die manier waarop hulle in sy privaat lewe en sy verhouding met sy meisie, die aktrise Meghan Markle, ingemeng het.
Tshwane-metropolisie wil strate op twee wiele terugvat
Solly Msimanga, burgemeester van Pretoria, het ʼn nuwe fietsry-eenheid in die Tshwane-metropolisiedepartement bekendgestel om polisiesigbaarheid te verhoog en misdaad in die strate van die stad hok te slaan.
[Video] Passasiers skrik groot vir slang aan boord
Passasiers aan boord ʼn kommersiële vlug in Mexiko het groot geskrik toe ʼn slang skielik in die kajuit in seil, byna net soos die fliek, “Snakes on a Plane”.
#FeesMustFAll-leier: Landdros het ‘regte besluit’ gemaak, sê staat
Die hooggeregshofsitting in die Palm Ridge-landdroshof het Dinsdag gehoor die verdediging kon nie bewys dat landdros Albertus Roux verkeerd was om die studenteleier Mcebo Dlamini se aansoek om borgtog af te keur nie.
Noordwes optimisties oor reën om droogte te verlig
Die provinsiale regering in Noordwes is vol vertroue dat reën in die provinsie die droogte sal verlig wat as die ergste droogte in jare beskryf word.
‘Malema speel met vuurhoutjies naby ʼn kruitvat’
Julius Malema, leier van die EFF, se jongste uitlatings rondom grondbesetting ontketen reaksie en kommer uit talle oorde. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê egter mense moet nie op hol gejaag word deur Malema se “mal” uitsprake nie.
Mantashe: ‘Geen rede waarom Zuma moet loop’
Die ANC se topleierskap het Dinsdag gesê daar is geen grondige redes waarom pres. Jacob Zuma moet uittree na aanleiding van die bevindinge in die staatskapingverslag nie.
Man nié weer aangestel ná hy k-woord gebruik
Die konstitusionele hof het Dinsdag beslis dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ʼn voormalige werknemer, wat sy baas by die SAID die k-woord toegesnou het, nie weer hoef aan te stel nie.
‘Vervolging moet volg op staatskaping-verslag’
Kenners van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) meen die getuienis en inligting in die voormalige openbare beskermer (OB) se staatskaping-verslag kan nie net van die tafel gevee kan word nie.
Rhodespark-aanval: Beskuldigde in hospitaal opgeneem
Die verhoor van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, is Dinsdag weer uitgestel aangesien een van die beskuldigdes in ʼn hospitaal opgeneem is.
Die wêreld in foto’s – 8 November 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
De Aar-gesinsmoord: Chaos toe verdagte verskyn
ʼn 18-jarige man het Dinsdag in die De Aar-landdroshof verskyn in verband met die moord op drie lede van ʼn gesin op dié dorp.
Malema-uitlatings veroordeel, stappe volg
“Malema se uitlatings: ‘We are not calling for the slaughtering of whites, at least not for now’ is haatspraak en daarmee sê Malema dat daar ʼn tyd kan kom dat hy swart mense wel sal vra om wittes uit te moor.”
Burgemeester se assistent doodgeskiet
“Toe hulle nader aan die huis kom, het hulle gesien die kombuisdeur is oop. Sy liggaam het in ʼn plas bloed op die vloer gelê.”
[Foto’s] Clinton en Trump paai kiesers laaste keer
Hillary Clinton en Donald Trump het tot op die laaste nippertjie hul verkiesingsveldtogte gedryf in ʼn poging om as Amerika se 45ste president aangewys te word.
Nóg ʼn mosie van wantroue teen Zuma aangehoor
“Suid-Afrika het verenig op ʼn manier wat ons nog nooit voorheen in ons demokrasie gesien het nie, om toe te sien dat Zuma en sy kring van korrupte makkers eens en vir altyd verwyder word.”
Gesin op Centurion-kleinhoewe aangehou
Vier gewapende mans het Maandagaand ʼn gesin langer as 45 minute op ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangehou en beroof.