Tien mense is beseer nadat ʼn bakkie Maandagoggend op Field’s Hillweg (M13) in Pinetown in KwaZulu-Natal gerol het.
Nuuskommentaar: Objektief oor Zuma?
Is ’n rubriekskrywer wat die ANC en veral pres. Zuma feitlik blindelings veroordeel, en ander partye objektief of positief beoordeel, ’n objektiewe kommentator?
Puk-student sterf: ‘Hy het ʼn groot verskil gemaak’
Die vierdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat Saterdag dood is nadat hy by ʼn bushalte deur ʼn voertuig raakgery is, “het ʼn groot verskil in mense se lewens gemaak”.
Ramaphosa ontken vergadering met Chinese oor ekonomie, politiek
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ontken dat hy met Chinese regeringsbeamptes byeengekom het weens hul kommer oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika.
Polisieman, nog drie vas ná gefnuikte rooftog
Die Bloemfonteinse blitspatrollie het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle Sondag ʼn rooftog gefnuik het.
Hartroerende foto van bejaarde egpaar wyd gedeel
ʼn Foto van ʼn bejaarde egpaar wat mekaar huilend groet omdat hulle ná 62 jaar van getroude lewe nie in dieselfde versorgingsoord kan woon nie, maak wyd opslae op sosiale media.
Roekelose motoriste gewaarsku
Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gewaarsku dat motoriste wat ongelukke deur nalatigheid of roekeloosheid veroorsaak strafregtelik vervolg sal word.
Puk-student sterf ná besoek aan rolprentfees
“Die student was deel van ’n NWU-groep wat die kykNET-Silwerskermfees bygewoon het. Sy ouers woon in Katar en is tans op pad Suid-Afrika toe. Almal is nog erg geskok oor die ongeluk.”
Inchanga-geweld: Duisende stroom na gedenkdienste
Byna 3 000 ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en 1 000 ANC-ondersteuners het Sondag die gedenkdienste van Nontsikelelo Blose en Xolani Ngcobo bygewoon wat ʼn week gelede tydens vermoedelike politieke geweld in Inchanga buite Durban doodgemaak is.
Snuffelhond spoor verdagte op na moord
“Polisiebeamptes het ʼn snuffelhond gebruik om hulle van die toneel tot by die verdagte se huis te neem waar hy gevind is met bloedbevlekte klere aan.”
Guptas is ‘die rotte wat die skip verlaat’
Die DA het Sondag die nuus verwelkom dat die omstrede Gupta-familie al hul aandele in besighede in Suid-Afrika sal verkoop, maar het gesê die familie is “soos rotte wat ʼn sinkende skip verlaat”.
Twee gewond ná hulle van polisie vlug
ʼn Verdagte wat deur die polisie gesoek is in verband met sake van verkragting en sakeroof is Saterdagaand tydens ʼn skietgeveg met die polisie gewond.
‘Raad moet afname in ANC-steun ondersoek’
“As die ANC nie meer aan bewind is nie, sal juis die arm gemeenskappe in Suid-Afrika ly onder beleidsrigtings wat nie ten gunste van armes is nie.”
Sangeres kry slegte tyding voor optrede
“Vandag het ek my grootste fan verloor! Jy was ons anker en die beste raadgewer ooit! Pappa, ek gaan jou so baie mis! Lief jou nou en vir altyd.”
Drie sterf toe vliegtuig neerstort
Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Saterdag tussen Carolina en Machadodorp in Mpumalanga neergestort het.
‘Rower’ vas wat glo polisieman doodskiet
Die Valke in Mpumalanga het Saterdag ʼn 23-jarige verdagte in hegtenis geneem meer as ʼn jaar nadat ʼn polisiebeampte aan diens doodgeskiet is.
Polisiemanne vas oor ‘diefstal’ van bewysstukke
Twee polisiebeamptes van die Mahamba-polisiestasie naby Piet Retief in Mpumalanga sal binnekort weer in die hof verskyn nadat hulle glo betrap is dat hulle bewysstukke uit die polisie se stoorkamer gesteel het.
Twee sterf toe bakkie rol
Twee mans is dood nadat ʼn bakkie Saterdagmiddag op die R57 buite Sasolburg in die Vrystaat gerol het.
Eenjarige sterf na gesinshond haar byt
ʼn Eenjarige dogtertjie is dood nadat sy Vrydag deur die gesin se hond by hul huis in Hermanus gebyt is.
Guptas gaan aandele in alle SA-sake verkoop
Die omstrede Gupta-familie het Saterdag bekend gemaak hy gaan al sy aandele in Suid-Afrika teen die einde van die jaar verkoop.