Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Polisieman vas vir vrou se skietdood
ʼn Polisiekonstabel van die Noord-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 36-jarige vrou doodgeskiet het.
Verlate motor lei tot gru-vonds
Polisiebeamptes het Donderdagaand ʼn gru-vonds gemaak toe hulle na ʼn toneel ontbied is waar ʼn motor verlate langs ʼn pad in Muldersdrift gevind is.
Treindrywer skiet aanvaller dood
JD Joubert (60), ʼn Metro-treindrywer van Kaapstad wat aan die einde van die maand uittree, het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn man doodgeskiet toe hy homself tydens ʼn beweerde rooftog verdedig het.
[Foto’s] Wêreld se hoogste glasbrug tydelik gesluit
Die wêreld se langste en hoogste glasbrug in China se Hunan-provinsie is tydelik gesluit.
Misdaadstatistieke: Moordkoers neem steeds toe
Die jongste misdaadstatistieke is Vrydag bekend gemaak met moorde wat die afgelope boekjaar weer toegeneem het.
Rassisme-bewerings by nog ʼn skool gemaak
Die leerders beweer hulle word nie toegelaat om hul hare op natuurlike wyse te dra nie en word strafpunte gegee indien hulle hul moedertaal op die skoolterrein praat. Die leerders beweer dieselfde geld nie vir Afrikaanse leerders wat Afrikaans by die skool praat nie.
Kerke: Kriminalisering van rassisme ‘nie die antwoord’
Kerkleiers meen hoewel dit “goed klink” om rassisme te kriminaliseer, dit byna onmoontlik sal wees om dié tipe wetgewing te implementeer.
Stiefpa agter tralies vir verkragting van 12-jarige
ʼn 60-jarige man is vandeesweek tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 12-jarige stiefdogter.
Nuuskommentaar: Is daar ruimte vir minderhede se leierskapontwikkeling?
Die regering tjommel tans erg rond onder die gevolge van sy swak leierskap, en die hele kwessie van die doeltreffende disinvestering van die land se staatsbeheerde instellings groei aan soos ʼn sneeubal. Dit is rede tot groot kommer.
Plakkers vasbeslote om terug te keer ná uitsetting
Onwettige plakkers wat Donderdag met geweld van ‘n stuk grond naby Danville, wes van Pretoria, verwyder is, het belowe hulle sal terugkeer sodra die polisie die gebied verlaat.
Vrou deur trok vergruis
ʼn 34-jarige vrou is Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal deur ʼn vragmotor vergruis.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort
Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.
Twee gevonnis ná moord op drawwer
Twee mans wat ʼn drawwer vir ʼn skamele R4 en sy tekkies vermoor het, is Donderdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.
[Foto’s] Boere ontvang droogtehulp
AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk.
Ramaphosa haal uit en wys nuwe regerings-kondome
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn beroep op parlementslede gedoen om die regering se gratis nuwe gegeurde kondome te gebruik.
Misdaadstatistiek more bekend gemaak
Die land se jongste misdaadstatistiek word Vrydag in die parlement bekend gemaak.
Bok-kaptein hang stewels op
Adriaan Strauss, kaptein van die Springbokke, het Donderdag aankondig hy tree aan die einde van die 2016-seisoen uit toetsrugby.
Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag
ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.