ʼn Egpaar het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklagte dat hulle die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) uit ʼn groot bedrag geld bedrieg het.
[Video] Kaapse plaasskool bekoor Pole
By ‘n plaasskool buite Robertson in die Wes-Kaap brand die vreugdevure hoog ná agt van die skool se leerlinge onlangs opslae in Pole gemaak het.
ANC wil vergader oor Eskom
Die ANC het ʼn vergadering belê vir die ministers van finansies, energie en openbare ondernemings om die voortslepende kwessie oor Eskom se steenkoolkontrak met die Gupta-beheerde Tegeta-maatskappy aan te roer.
Cosatu wil privatisering van Pikitup verhoed
Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag onderneem om die aankondiging deur die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, dat hy beplan om die rommelverwyderingsmaatskappy Pikitup te privatiseer, teen te staan.
Komitee aanvaar verslag oor nuwe OB
LP’s het Dinsdag ʼn verslag aanvaar wat aanbeveel dat adv. Busisiwe Mkhwebane deur die Nasionale Vergadering as die land se nuwe openbare beskermer aangestel word.
Honde gebruik om misdaad te pleeg
Die polisie in die Vrystaat is besorg oor twee voorvalle waartydens ʼn hond glo gebruik is om slagoffers mee te dreig of te beseer.
Lesufi se ingryping by haarstylkwessie bekommer
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gesê hy is bekommerd oor die manier waarop die situasie by die Pretoria High School for Girls hanteer is nadat dié skool beskuldigings van rasverdeeldheid moes aanhoor.
Video: ‘Gordhan nie bo wet verhewe’
Pravin Gordhan, minister van finansies, is nie verhewe bo die wet nie, en moet hom onderwerp aan die Valke se gesag. Dít aldus minister Des van Rooyen, wat Gordhan betig het.
Hare waai by nóg skole
ʼn Swart leerder het aan African News Agency gesê sy is deur ʼn onderwyser uit die saal geroep en gevra om haar afro-haarstyl terug te kam of vas te bind. Toe sy sê dit is nie moontlik nie, het die onderwyser haar glo gevra om chemikalieë te gebruik om haar hare reguit te maak.
Jason Rohde op borgtog vrygelaat
Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, is Dinsdag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog vrygelaat.
SR-lid ‘wat wittes wil doodskiet’ geskors
Luvuyo Menziwa, die lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet, is van die raad geskors.
NVG sal nie haastig besluit oor SAID-sage
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê daar is geen sperdatum vir die NVG om te besluit of iemand vervolg sal word oor die omstrede kwessie van ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nie.
Limpopo-boere help ontsnapte gevangene aankeer
ʼn Tweede verhoorafwagtende gevangene wat Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is weer agter tralies.
Video: Droogte nog lank nie verby nie
Die droogtedae in Suid-Afrika is nog lank nie getel nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê daar’s geen groot hoop vir ‘n nat somerseisoen nie, en skryf dié nuus toe aan ‘n verandering in wêreldwye weerpatrone.
Die wêreld in foto’s – 30 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Man gevonnis ná hy tienerseun op Kersdag verkrag
ʼn 30-jarige man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 17-jarige verstandelik gestremde seun.
[Foto’s] 6 500 vlugtelinge op een dag gered
Die Italiaanse Kuswag het Maandag ongeveer 6 500 vlugtelinge gered wat in nood verkeer het op die Middellandse See.
Onderhoof sterf 11 weke ná aanval
Johan du Toit (57), adjunkhoof van die Hoërskool Akasia in die noorde van Pretoria, is Dinsdagoggend in die hospitaal oorlede waar hy die afgelope 11 weke behandeling ontvang het sedert hy deur ʼn groep rowers in sy huis oorval is.
Nuuskommentaar: Ras, ras – ag nee, nie al weer…
As daar in ’n stadium nie ’n rasseherrie in die Suid-Afrikaanse media woed nie, so lyk dit, is omdat asem geskep word vir die volgende rasbom om af te gaan. Dit het pas weer gebeur, en in die proses het mense seer gekry en word ’n ganse samelewing se verhoudings vertroebel.
Wynlandgoed-moord: Borgtogaansoek vandag aangehoor
Jason Rohde wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou in Julie op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch vermoor het, sal vandag in die plaaslike landdroshof om borgtog aansoek doen.