Twee Eskom-werknemers is in hegtenis geneem in verband met bedrog wat daartoe kon lei dat die kragvoorsiener miljarde rande sou verloor, het die Valke Woensdag gesê.
Stappe teen departement ná Baba Juan glo in hospitaal brand
Die ouers van Juan Venter is besig om regstappe teen die Gautengse departement van gesondheid te doen nadat hul pasgebore babaseuntjie glo met ʼn warmkombers in die Bertha Goxwa-hospitaal in Germiston gebrand het.
Aussie-kolwer Phil Hughes steeds kritiek – voorval was fratsongeluk
Die Australiese krieketster wat geveg het om sy plek in die Aussies se toetsspan te herwin, Phil Hughes, is steeds in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Sydney.
Waarnemende SAL-hoof sê oor kwalifikasie
Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het Dinsdag bevestig dat die SAL, personeel van Mango en Mango se raad nog altyd geweet het dat hy nie ʼn graad het nie, berig die SAUK.
Nuwe minimumloon vir huiswerkers
Die minimumloon vir huiswerkers styg op 1 Desember, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, se kantoor het Dinsdag aangekondig.
Man swaar gestraf oor verkragting, moord van lesbiese vrou
ʼn Man wat ʼn lesbiese vrou verkrag en vermoor het is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis, het The Star Woensdag berig.
Nuuskommentaar: Saam op knieë en saamstaan vir Afrikaans
Herman Toerien neem die bekendstelling van Akademia as gemeenskapsuniversiteit onder die loep en ondersoek wat dit vir Afrikaans beteken.
Man vas wat glo vrou oor egbreuk vermoor
ʼn Man van Rustenburg is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou Maandagaand met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.
Plaaswerker sit lank ná verkragting, moord
James Olyn (24) is Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof twee keer lewenslange gevangenisstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op aanklag van verkragting en moord.
SA vrou in Kenia betrap met dwelmmiddels
ʼn 45-jarige vrou van Suid-Afrika is in Kenia in hegtenis geneem nadat sy glo met kokaïen ter waarde van R1.7 miljoen betrap is, het die SAUK Dinsdag berig.
Terroriste maak baie uit ontvoering
Vir ’n paar uur was Suid-Afrikaners verenig in gebed in die hoop dat die ontsette buitelandse gyselaar in Jemen, die Suid-Afrikaner Pierre Korkie sou wees.
Regter moet nou besluit oor Dewani se vryspraak
Die Britse sakeman Shrien Dewani gaan bykans twee weke lank moet wag om te hoor of sy aansoek om ontslag ná sy vrou se moord, suksesvol was.
Baba L se beserings was nie ‘per ongeluk’ nie
ʼn Tweejarige dogtertjie wat slegs as Baba L bekend staan, se beserings is nie per ongeluk opgedoen nie, sy was die slagoffer van mishandeling, het ʼn mediese kenner Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig.
Benoni-man gevonnis oor vrou se moord
Martin Badenhorst, ʼn versekeringsmakelaar van Benoni in Gauteng, is Dinsdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou vermoor het.
Geen name by matriekuitslae
Matriekuitslae wat in koerante gepubliseer word, gaan slegs die identiteitsnommer en eksamennommer van leerlinge bevat, het die departement van basiese onderwys Dinsdag gesê.
Ondersoek ná 2-jarige by kleuterskool brand
Die polisie in Noordwes ondersoek ʼn saak van aanranding nadat ʼn tweejarige dogtertjie met kookwater in Mmabatho gebrand het.
Aussie kritiek na opslagbal
Die bekende Australiese openingskolwer Phil Hughes, verkeer in ’n kritieke toestand in die hospitaal na hy in ‘n Sheffieldskild-wedstryd teen die kopskerm geboul is.
Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder in hof
Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, het Dinsdag in verband met die voorval in die hof verskyn.
Video: 12 Dae van Kersfees deur gesin van Kaapstad geskryf
ʼn Video van ʼn eg Suid-Afrikaanse weergawe van die liedjie, 12 Days of Christmas, is deur ʼn gesin van Kaapstad geskryf.
Onthoofde lyk op strand gevind
ʼn Lewensredder het Dinsdag ʼn gru vonds by ʼn openbare strand in Oos-Londen in die Oos-Kaap gemaak toe hy op die onthoofde liggaam van ʼn man afgekom het.