‘n Meter lange swaard wat reeds in 1975 onder ʼn boom in Siberië uitgegrawe is, kon volgens ’n nuwe teorie aan die Russiese tsaar, Ivan die Verskriklike behoort het. Ivan het tussen 1530 en 1584 geleef.
Polisieman ondersoek oor ‘jy kan net ʼn dooie wit man vertrou’
Die polisie het bevestig dat hy voortgaan met dissiplinêre aksie teen ʼn swart polisiesersant oor sy WhatsApp-status dat ʼn wit man net vertrou kan word wanneer hy dood is.
Jemen-gyselaars vrygelaat: “Ons bid en hoop dis Pierre”
Die moontlikheid word ondersoek dat Pierre Korkie, die Suid-Afrikaner wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, dalk vrygelaat is.
Gewelddadige protes in VSA: Wit polisieman wat swart jeugdige skiet, vrygespreek
Protesoptogte het in verskeie Amerikaanse stede begin kort na ’n groot jurie besluit het ’n wit polisieman wat ’n swart tiener noodlottig getref het, nie vervolg moet word nie.
Mpuma-wetgewer spandeer R10 m. op kos
Die Mpumalanga-wetgewer het vir die jaar 2013/2014 R10 miljoen op kos spandeer, het die Sowetan Dinsdag berig.
Nuuskommentaar: Wil ons vroueslaners en kindermishandelaars of gemeenskapsbouers wees?
Vandag is dit die VN se internasionale dag vir die voorkoming van geweld teen vroue. Dit lui die 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in.
Spur ontken ontlas-bewerings
Spur het in ‘n verklaring bevestig dat ‘n gerug op sosiale media, dat ontlasting in die ribbetjiesmarinade gemeng is en aan wit klante bedien is, onwaar is.
Video: ‘Tornado’ in Soweto
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan nie bevestig of ʼn tornado Maandagmiddag tydens ʼn sterk storm in Protea Glen in Soweto, Gauteng voorgekom het nie.
26 beseer in KZN-busongeluk
Minstens 26 mense is Maandagaand beseer nadat ʼn bus op die N3 naby Estcourt in KwaZulu-Natal omgeslaan en ʼn paar motors getref het.
Poskantoor-werkers keer terug werk toe
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO) sê sy bedrywighede is stadig maar seker besig om te verbeter terwyl al meer werknemers terugkeer werk toe.
Kragnetwerk bly onder druk
Die kragnetwerk sal na verwagting vir die volgende paar dae tydens piektye in die aand onder druk wees, het Eskom gesê.
Oupa vas na hy glo kleindogter verkrag
ʼn 70-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy sewejarige kleindogter verkrag het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Nog geen vrede in die parlement nie
Gesprekke tussen adjunkpresident Cyril Ramaphosa en opposisiepartye het Maandag vasgeval.
Burry Stander-saak wéér uitgestel
Die hofsaak van die minibusbestuurder wat glo die bekende bergfietsryer Burry Stander doodgery het, is Maandag uitgestel.
Malema glo deur veiligheidswag rondgestamp
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en ʼn veiligheidswag was glo Maandag in ʼn onderonsie in Parktown, Johannesburg toe opposisiepartye en adjunkpres. Cyril Ramaphosa vergader het.
Huishulp het Baba L se ma gewaarsku
ʼn Huishulp het Baba L se ma glo gewaarsku dat sy haar gaan aangee indien sy sien dat die ma haar tweejarige dogtertjie slaan, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor.
‘Rower’ in Oos-Kaap doodgeskiet
ʼn Verdagte is Maandag ná ʼn rooftog by ʼn Spar-supermark in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Foto’s en Video: EF1-sterkte tornado het Vryheid getref, meen kenners
Kenners by die Suid-Afrikaanse Weerdiens beweer die tornado wat Saterdag vir groot opwinding naby Vryheid in KwaZulu-Natal gesorg het, was glo ʼn EF1-tornado.
Ma, ouma in hof oor kleuter se dood
ʼn 31-jarige vrou en haar 55-jarige ma het in die Chatsworth-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal verskyn na die dood van die jonger vrou se driejarige dogtertjie.
Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder opgespoor, lê teensaak
Die bestuurder van die bakkie wat glo betrokke was by die voorval waar Suzanne Leyden, die 36-jarige ma en onderwyseres van Randburg, Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg saamgesleep is, is opgespoor.