Ten spyte daarvan dat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling by die SAUK deur ʼn hofbeslissing ter syde gestel is, wil hy nou “al die hangende sake by die SAUK” uitklaar.
EFF sluit aan by hofaansoek oor ‘geheime stemme’ teen Zuma
“Toe Zuma dokumente ingedien het om ʼn mosie wat oor hom gaan teen te staan, het hy oorlog verklaar teen die vryheid wat ons glo die geheime stemproses sal beskerm.”
Sê jou sê oor Madiba-standbeeld
Die Stad Kaapstad het met ʼn openbare deelnameproses begin oor die voorstel om die lewe van wyle president Nelson Mandela te gedenk met ʼn standbeeld en uitstalling by die stadsaal.
Kaapstad-droogtekrisis: Verbruik uiteindelik laer as teiken
Damvlakke het tot 24,1% gedaal, dit is 1% laer as ʼn week gelede. Met die laaste 10% van ʼn dam se water wat grootliks nie bruikbaar is nie, beteken dit dat die damvlakke tans op 14,1% staan.
Brandbestryders in Kaapstad aangeval
Brandbestryders is die afgelope Paasnaweek met klippe bestook en ʼn brandweerwa is beskadig toe hulle op ʼn brand in Kaapstad reageer het.
Ons gaan nie ophou nie, sê Maimane
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die golf van betogings deur opposisiepartye en die burgerlike samelewing wat eis dat pres. Jacob Zuma bedank, sal toeneem.
Tesourie distansieer homself van meningstuk
Die nasionale tesourie het homself Dinsdag gedistansieer van ʼn meningstuk deur prof. Chris Malikane, ʼn ekonomiese raadgewer van die minister van finansies, en dit benadruk dat die nasionalisering van banke nie regeringsbeleid is nie.
Babaporno: ‘Elke foto is ʼn misdaadtoneel’
William Beale (38) van Plettenbergbaai wat skuld beken het op meer as 18 000 aanklagte van die besit van kinderpornografie, het Dinsdag in die landdroshof in Knysna in die Wes-Kaap verskyn.
Ma wroeg steeds oor dogter (16) se raaiseldood
Cora-Lee Jansen van Vuuren (16) se ma, Aileen, het die oggend van 12 Maart op haar dogter se liggaam in haar bed afgekom.
HuffPost by persombudsman verkla
The Huffington Post SA is by die persombudsman verkla in verband met ʼn omstrede meningstuk wat die nuuswebwerf gepubliseer het waarin die skrywer voorstel dat wit mans hul stemreg ontsê word.
[Foto’s en Video] Jhb-kantoorblok in ligte laaie
Talle brandbestryders is op die toneel waar ʼn brand Dinsdagmiddag by ʼn kantoorblok in Johannesburg uitgebreek het.
Poskantoor waarsku teen bedrog
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het mense gewaarsku om bedag te wees op bedrog met pakkies.
Ontsnapte olifante terug in reservaat
Die trop olifante wat Sondag in die vroeë oggendure uit die Dinokeng-wildsreservaat noord van Pretoria gebreek het, is veilig terug in die reservaat.
Slegte nuus vir padgebruikers in Mei
Die Automobiel-Assosiasie (AA) van Suid-Afrika het Dinsdag gesê hy verwag die brandstofprys is die eerste van vele uitgawes wat gaan verhoog nadat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer is.
‘Hou net moed, dinge is aan’t verander in Pretoria’
Baie inwoners van Pretoria wonder egter net hoe lank hulle sal moet wag voordat hulle die stabilisering en vernuwing in die hoofstad gaan sien en beter dienslewering sal ervaar, wat deurentyd aan hulle beloof word.
Lamoer se verhoor uitgestel
Die saak teen die voormalige Wes-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Arno Lamoer, vir beweerde bedrog van R1,6 miljoen, is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitgestel.
Pretoria se nuwe administrasie: Dít is wat Msimanga vermag het
Die Jakarandastad se administrasie het Donderdag aangekondig dat die burgemeester, speaker, hoofsweep en burgemeesterkomiteelede geen salarisverhoging vanjaar sal ontvang nie.
OB gevra om Molefe se ‘goue handdruk’ te ondersoek
Molefe het glo ʼn goue handdruk van miljoene rande ontvang.
Pastoor-moord: Verhoor begin eers dan
Die verhoor van Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, past. Elsabe van Niekerk (55), het nie Dinsdag soos verwag in die Pretoria-hooggeregshof begin nie.
Skote klap by casino
Een mens is dood en nog twee beseer nadat ʼn skietery Maandagaand tydens ʼn rooftog by ʼn casino in Vanderbijlpark uitgebreek het.