Die staat gaan die appèlhof direk nader oor Oscar Pistorius se ses jaar vonnis vir moord.
Top-amptenaar by inkomstediens geskors
Die departement van finansies het Donderdag gesê hy neem kennis van die skorsing van die tweede in bevel by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Jonas Makwakwa.
Twee NVG advokate van rol geskrap
Twee hooggeplaaste amptenare van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), adv. Nomgcobo Jiba en adv. Lawrence Mrwebi, se name is Donderdag van die rol van advokate geskrap nadat die Algemene Balieraad van Suid-Afrika ʼn aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring het.
Krugersdorp-mesmoord: Slagoffer se naam bekend
Die naam van die man, wat in sy bed in sy huis in Krugersdorp aan die Wes-Rand met ʼn mes aangeval en vermoor is, is bekend gemaak.
Stormwaarskuwing vir Kaap uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Kapenaars Donderdag gewaarsku dat ʼn hewige storm en kouefront die stad binnekort gaan tref.
Kabinet ‘ook onkant gevang’ deur Zwane-verklaring
Jeff Radebe, woordvoerder van die kabinet en minister in die presidensie, het Donderdag gesê kabinetslede is ook onkant gevang deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, se uitsprake dat ʼn geregtelike ondersoek gedoen moet word na die banke wat hul verhoudings met die Gupta-familie verbreek het.
Panayioutou-moord: Verhoordatum vasgestel
Die datum van die verhoor in die Jayde Panayioutou-moordsaak is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth vasgestel. Byna twee maande is uiteengesit vir die verhoor.
Man vertel van nagmerrie tydens hengeluitstappie
“Ek het net vir myself gesê ek kan nie nou flou word nie, want ek moet vir Fred by ʼn hospitaal kry. Ek het die hele tyd gevoel hoe die bloed uit my keel stroom, maar ek moes net wakker bly.”
Party eis LUR se kop ná dood van pasiënte
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag versoek dat Qedani Mahlangu, Gauteng se LUR van gesondheid, moet bedank of afgedank moet word nadat dit aan die lig gekom het dat 36 psigiatriese pasiënte oor die afgelope vier maande in Gauteng gesterf het.
[Foto’s] Pta-spruit skoongemaak ná dieselstorting
ʼn Skoonmaakoperasie is steeds by die Moreleta-spruit in die ooste van Pretoria aan die gang nadat diesel in die spruit gestort is.
Paralimpiese Spele 2016: Silwerware stroom in
Suid-Afrika kan nou met sy negende medalje spog wat tydens die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië ingepalm is.
Voorverhoor begin vandag in Panayiotou-moordsaak
Voorverhoorverrigtinge in die Jayde Panayioutou-moordsaak sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.
Vrou sterf ná kaping: Vyf in hof
Vyf skoliere wat na bewering betrokke was by die kaping in Port Elizabeth waartydens Magda van Vuuren (53) geskiet en later dood is, sal vandag in die hof verskyn.
Afsterwe van 36 psigiatriese pasiënte ondersoek
Die minister van gesondheid het Woensdag gesê bewerings dat 36 psigiatriese pasiënte in Gauteng gesterf het nadat hulle in die sorg geplaas is van nie-regeringsorganisasies (NRO’s), word ondersoek.
DNS-toetse vir geboortesertifikaat ʼn klug
Die departement van binnelandse sake het gesê gerugte op sosiale media dat DNS-toetse vereis word om nuwe geboortes te registreer, is vals.
Dokter in hof wat glo Vergoedingsfonds bedrieg
Dr. David Michael Adams het Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklag dat hy die Vergoedingsfonds van die departement van arbeid uit byna R400 000 bedrieg het.
Nog geen besluit oor korrupsieklagte teen Zuma
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het steeds nie besluit of hy sal voortgaan met aanklagte van korrupsie teen pres. Jacob Zuma nie. Dié aanklagte is in 2014 aanhangig gemaak na aanleiding van die openbare beskermer se verdoemende Nkandla-verslag.
Binnelandse sake ontken bewerings oor geboorteregistrasies
Die departement van binnelandse sake het Woensdag gesê bewerings wat op sosiale media versprei word dat ouers verpligte DNS-toetse moet ondergaan om ʼn geboorte te registreer, is onwaar.
Senior regeringsbeampte in oprit doodgeskiet
ʼn Saak van moord word ondersoek nadat ʼn 52-jarige senior regeringsbeampte Woensdag by sy huis in Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet is.
VN-komitee kap SA-regering oor apartheidsklassifikasies
Die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) het die regering in ’n verslag gekap oor sy gebruik van ou apartheidsklassifikasies in die aanbieding van statistieke.