Louwrens Geldenhuys (9) is wees gelaat nadat sy ma op haar troudag deur ʼn dronkbestuurder se toedoen gesterf het en sy pa net meer as drie jaar later in sy teenwoordigheid aan ʼn hartaanval dood is.
Man wat vrou glo met handgranaat gooi weer in hof
Die man wat na bewering sy vrou doodgemaak het deur haar tydens ʼn rusie met ʼn handgranaat te gooi, sal eers in Maart 2017 verhoor word.
‘Skieter’ pleeg glo selfmoord in polisieselle
ʼn 30-jarige man wat oor die naweek in hegtenis geneem is nadat hy glo op sy bure in Mosselbaai in die Wes-Kaap losgebrand het, het vermoedelik in die aanhoudingselle van die dorp se polisiestasie selfmoord gepleeg.
Oos-Kaapse polisiebeampte doodgeskiet
ʼn 33-jarige polisiebeampte van Hofmeyr, noord van Cradock in die Oos-Kaap, is oor die naweek doodgeskiet.
LUR besoek Pretoria skool oor beweerde rassisme
Een van die leerders by die skool het op Twitter beweer dat ʼn onderwyser haar eenkeer in die gang voorgekeer en aangesê het om haar natuurlike afro-kapsel plat te maak.
Drie ontsnap in Limpopo
Drie verhoorafwagtende mans het Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap.
Man buite nagklub doodgeskiet
Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 26-jarige man Maandag in die vroeë oggendure buite ʼn nagklub in Pietermaritzburg doodgeskiet is.
Tien beseer toe bakkie rol
Tien mense is beseer nadat ʼn bakkie Maandagoggend op Field’s Hillweg (M13) in Pinetown in KwaZulu-Natal gerol het.
Puk-student sterf: ‘Hy het ʼn groot verskil gemaak’
Die vierdejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) wat Saterdag dood is nadat hy by ʼn bushalte deur ʼn voertuig raakgery is, “het ʼn groot verskil in mense se lewens gemaak”.
Ramaphosa ontken vergadering met Chinese oor ekonomie, politiek
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ontken dat hy met Chinese regeringsbeamptes byeengekom het weens hul kommer oor ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika.
Polisieman, nog drie vas ná gefnuikte rooftog
Die Bloemfonteinse blitspatrollie het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle Sondag ʼn rooftog gefnuik het.
Roekelose motoriste gewaarsku
Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gewaarsku dat motoriste wat ongelukke deur nalatigheid of roekeloosheid veroorsaak strafregtelik vervolg sal word.
Puk-student sterf ná besoek aan rolprentfees
“Die student was deel van ’n NWU-groep wat die kykNET-Silwerskermfees bygewoon het. Sy ouers woon in Katar en is tans op pad Suid-Afrika toe. Almal is nog erg geskok oor die ongeluk.”
Inchanga-geweld: Duisende stroom na gedenkdienste
Byna 3 000 ondersteuners van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en 1 000 ANC-ondersteuners het Sondag die gedenkdienste van Nontsikelelo Blose en Xolani Ngcobo bygewoon wat ʼn week gelede tydens vermoedelike politieke geweld in Inchanga buite Durban doodgemaak is.
Snuffelhond spoor verdagte op na moord
“Polisiebeamptes het ʼn snuffelhond gebruik om hulle van die toneel tot by die verdagte se huis te neem waar hy gevind is met bloedbevlekte klere aan.”
Guptas is ‘die rotte wat die skip verlaat’
Die DA het Sondag die nuus verwelkom dat die omstrede Gupta-familie al hul aandele in besighede in Suid-Afrika sal verkoop, maar het gesê die familie is “soos rotte wat ʼn sinkende skip verlaat”.
Twee gewond ná hulle van polisie vlug
ʼn Verdagte wat deur die polisie gesoek is in verband met sake van verkragting en sakeroof is Saterdagaand tydens ʼn skietgeveg met die polisie gewond.
‘Raad moet afname in ANC-steun ondersoek’
“As die ANC nie meer aan bewind is nie, sal juis die arm gemeenskappe in Suid-Afrika ly onder beleidsrigtings wat nie ten gunste van armes is nie.”
Sangeres kry slegte tyding voor optrede
“Vandag het ek my grootste fan verloor! Jy was ons anker en die beste raadgewer ooit! Pappa, ek gaan jou so baie mis! Lief jou nou en vir altyd.”
Drie sterf toe vliegtuig neerstort
Drie mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Saterdag tussen Carolina en Machadodorp in Mpumalanga neergestort het.