Dit is ʼn daaglikse keuse om geanker te bly. Moenie toelaat dat die lewe, wat onteenseglik voortgaan en gebeur, jou ontwrig nie. Bly naby Hom.
Wolkskool op radio: Hoe dink wiskundiges?
Dit is goed om wiskunde te kan doen, maar dit is eintlik veel beter om wiskundig te kan dink. Johan Koekemoer van die VAW verduidelik hoe jy jou kind kan help om meer soos ʼn ware wiskundige te begin dink.
Boekvoorlesing: Sidestep tussen duine
Oom Kassie Lekkerlieg vertel in “Sidestep tussen duine” van sy noue ontkoming met ʼn sandhaai. Sal hy betyds ʼn plan kan maak wanneer hulle volspoed op sy spoor is? Luister hier na Johny Klein se aanbieding van Thomas Deacon se kortverhaal.
Luister: Griekwagebed – Psalm 15
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, Psalm 15, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Berge, teken van God se insluitende genade
Berge is in besondere sin dus simbole van God se genade. Sy wil vir ons lewens is op ʼn berg openbaar.
Wolkskool op radio: Leierskap is vir almal
Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word.
Boekvoorlesing: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
Kry ʼn koppie koffie en maak jouself tuis in die winterson, terwyl jy na Christine Barkhuizen-le Roux se voorlesing van haar roman “My naam is Prins, ek slaap met die lig aan” luister.
Luister: Griekwagebed – Sierdeeg
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Sierdeeg”, voorgelees deur Veronica Geldenhuys.
Wolkskool op radio: Kleuterskoolonderwys, wat sê die reg?
Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
ToekomsVenster: Water as ’n simbool van genade
Soos water reining, reinig die bloed van die Seun ons van alle ongeregtigheid.
Luister in 3 minute: Reserwebank se leningskema skop af
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” bespreek Gerhard van Onselen, ʼn ontleder by Sakeliga, die afskop van die Reserwebank se leningskema, die druk wat toeneem om die inperking te verlig en Sakeliga se litigasie teen onregmatige toepassing van permitte wat ʼn volgende fase betree.
Podlitiek: Gareth praat hard, kleredragreëls benard en Obamagate-ondersoek op pad
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor Gareth Cliff se harde woorde, die regering se pedantiese reëls oor kleredrag en ‘Obamagate’.
Luister: Griekwagebed – Psalm 42
Luister: Psalm 42, ‘n Griekwagebed, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
ToekomsVenster: Jesaja vertel van Jesus wat soos ’n takkie uitspruit
Bome herinner aan die genade van God. Dit herinner aan die vrug wat ʼn gewortelde bestaan lewer. Dit herinner aan die vrede wat by God gevind kan word. Dit herinner in die besonder aan die prys wat die Seun van God betaal het sodat ons kan lewe.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Boekvoorlesing: Oopmond
Vir die volgende drie minute kan jy jou skoolwerk opsyskuif en na ʼn voorlesing van “Oopmond” luister. Dié jeugroman deur Jan Vermeulen was in 2017 die wenner van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie.
Luister: Griekwagebed – Die Jirre spannie jimmel
Luister: ‘n Griekwagebed, “Die Jirre spannie jimmel”, Voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
ToekomsVenster: Simbole wat aan God herinner
Die ganse werklikheid verkondig dat God bestaan en dat Hy oor alles troon.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Lamborghini se virtuele bekendstelling
Hierdie week sien die span van Wiele2Wiele die nuwe Huracán Evo RWD Spyder in hul eie motorhuis nadat Lamborghini die voertuig virtueel deur middel van verhoogde realiteit (augmented reality) bekend gestel het.