Anne Redelinghuys, ʼn omroeper van Radio Namakwaland in die Vredendal-omgewing, het met Hendrik van Zijl, ʼn navorser en bekende in die radiostasie se opvangsgebied, gesels oor die Rhodes-monument debakel.
ToekomsVenster: God gee nuwe krag
Ds. Jannie Pelser van die ToekomsVenster-inisiatief vra vandag: Wat weerhou jou vandag om tot rus te kom in Hom?
ToekomsVenster: Gebreek deur verliese
Noem die verliese wat jy in jou lewe beleef het of nou beleef voor die Here. Hy verstaan jou vrae en krisisse se Ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
Luister: Manne trap 6 000 km in fietstoer om God in skole te hou
Dominee Henk Stavast en Derik Francis pak ‘n fietstoer aan om bewusmaking te skep vir die hofsaak waarin ses Afrikaanse skole voor die hof gedaag word in ʼn poging om skole te verbied om godsdiens te beoefen.
ToekomsVenster: Gebreek deur ander mense
Wat gaan jy vandag doen om heel te maak in plaas van te breek – in jou huwelik, in jou verhouding met jou kinders, ouers of kollegas?
Luister: Strikdas – ʼn familie gedoente
Die Afrikaanse rolprent Strikdas wat tydens die Paasnaweek op die grootskerm begin draai het, het meer as R1,2 miljoen by die loket verdien. Maroela Media het tydens die première van die rolprent met ʼn paar van die akteurs oor die fliek gesels.
Luister: Nuwe soort joga-oefeninge in Gauteng bekendgestel
Die nuutste oefengier het pas in Suid-Afrika geland, ʼn nuwe soort joga-oefening, wat nie net beloof om jou spiere te rek nie, maar jou ook te laat sweet teen ‘n warm 37 °C.
Luister: Die waarheid oor leuenverklikkertoetse
Hoe betroubaar is leuenverklikkertoetse, in watter soort situasie sal hierdie soort toetse gepas wees en kan jy hierdie soort toetse fnuik?
ToekomsVenster: Gebreek deur omstandighede
Soms is ons lewens gebreek deur omstandighede – nie ons keuses nie.
Luister: PJ Cruz maak impak met debuutalbum
Die sanger en liedjieskrywer, PJ Cruz, het reeds 1 000 optredes agter sy naam en ʼn honderd liedjies op sy kerfstok, maar hy het nou eers besluit om sy aanhangers ʼn vollengte album te gee.
Luister: Amanda Strydom oor die KKNK en ‘Die hele boksemdaais’
Sy is al 36 jaar in die vermaakbedryf en het ook nog nie ʼn Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) misgeloop nie. Vanjaar is Amanda Strydom weer op dié fees by Die Boer-teater se opslaanrestaurant te sien met haar produksie Amanda Strydom: Die hele boksemdaais.
ToekomsVenster: Gebreek deur keuses
Ds. Jannie Pelser vra in vandag se ToekomsVenster-oordenking dat ons nadink oor die verkeerde keuses in ons lewens en die gevolge daarvan.
Luister: Alison deel verhaal van krag en dapperheid
Towerkop Creations gaan Alison Botha se verhaal van krag, dapperheid en hoop vertel in ʼn dokumentêre rolprent, genaamd Alison.
Luister: Kevin Leo is die singende sjef by die Blou Hond-restaurantteater
Maroela Media het met Kevin Leo gesels om uit te vind wat is op dié singende sjef se spyskaart vir April.
Luister: Jeugboek verkoop meer as 80 000 kopieë
Die skrywer Jaco Jacobs het onlangs die nuus ontvang dat daar meer as 80 000 kopieë van sy jeugboek ‘Suurlemoen’ verkoop is. Maroela Media gesels met hom oor die sukses van die van dié boek.
Luister: De Klerk Oelofse en Lizz Meiring gesels oor Liewe Heksie-panto
Lizz Meiring en De Klerk Oelofse gesels oor die pantomime ‘Liewe Heksie – Flower Power’.
ToekomsVenster: Gebreek deur sonde
God verstaan ons gebrokenheid.
Luister: Nadia Beukes oor die nuwe boere se soeke na liefde
Maroela Media het met Nadia Beukes gesels oor haar ervaring as aanbieder van die vorige seisoen van ‘Boer soek ‘n vrou’ en wanneer hulle begin met verfilming vir die nuwe seisoen. Sy deel ook ʼn paar hoogtepunte.
Luister: Christo Davids oor die groot rol van ‘Tjokkie’
Christo Davids vertolk die rol van Tjokkie in die nuwe weergawe van ‘Siener in die Suburbs’ en Maroela Media het met hom gesels oor wat die rol vir hom beteken en hoekom hy dink dié storie so tydloos is.
ToekomsVenster: Omskep ’n einde in ’n nuwe begin
Met God leer ons in die Bybel dat ‘n einde gou-gou ‘n nuwe begin word.