Voornemende studente wat in 2018 by Akademia wil studeer, het nou tot 19 Januarie 2018 kans om vir ʼn volwaardige graad, hoër sertifikaat of diploma te registreer, sowel as aansoek om rentevrye studielenings te doen.
Alles vir die sleutelwoord "Akademia"
Video’s help studente om regte studierigting te kies
Akademia bied ʼn insiggewende reeks video’s met die titel ‘Jou Loopbaan: Akademia 101’ aan wat die verskillende kwalifikasies in aanbod in ‘n neutedop aan voornemende studente bekend stel.
Malema mis punt met Afrikaans
Die waarheid is dat Malema groot denkfoute begaan, deur onder meer Mazrui se standpunte te “martel” totdat dit sy eie sienings ondersteun.
Studiefonds skep hoop vir duisende studente
Die studiefondssentrum administreer tans meer as 200 onafhanklike studiefondse namens donateurs, waarin meer as R126 miljoen oor die laaste nege jaar aan studiehulp uitbetaal is.
20 jaar van Solidariteit was ʼn visie anderkant die woestyn
“By ons is daar nie moedeloosheid nie maar energie, want ons glo as jy twyfel oor die toekoms, dan bou jy dit. Dit is die enigste manier hoe jy verseker van jou eie toekoms kan wees.”
Hillsdale – die volheid van die wetenskap
“Waarom so ʼn groot kapitaaluitgawe aangaan vir iets wat nie jul kernbesigheid is nie?” wou ʼn lid van ons geselskap weet. “Want dit simboliseer dít waarvoor Hillsdale staan,” antwoord Mark.
Akademia: Lesse van Baylor in die VSA
Kan ʼn Christelike privaat gemeenskapsuniversiteit uitnemend wees?
Akademia besoek VSA om nuwe denkskool in SA te vestig
Volgens Goosen ontbreek hierdie doel vandag aan die meeste universiteite wêreldwyd, waar daar ʼn oordrewe fokus op opleiding, ten koste van die rigtinggewing van opvoeding, is.
Duisende kosblikkies danksy oom (90) se vrygewigheid
“Ons is nie ʼn organisasie wat monumente bou vir die verlede nie, ons bou monumente vir die toekoms. As ek ʼn skenking met ʼn boom kan vergelyk: dit help nie jy kap ʼn boom af vir die vuurmaakhout nie. Oom het die klem op volhoubaarheid gelê.”
Die rol van universiteite vanuit ʼn gemeenskapsperspektief
Die rol van universiteite moet inderdaad herbesoek word in ons denke – veral in ʼn tyd waar die sosiale kontrak tussen die universiteit en die Afrikaanse gemeenskap begin verkrummel.
Wat ouers moet weet oor kinders se loopbane
Gegewe hoe belangrik jou aanvanklike keuse van naskoolse studie is, word daar eintlik bitter min tyd daaraan spandeer. Geen wonder nie dat baie studente jaarliks van kursus verander, ophou of klaarmaak met die wete dat hulle in die verkeerde rigting geswot het.
Akademia sprei sy vlerke na buurland
Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder, verduidelik dat daar versoeke vanuit Namibië se Afrikaanssprekende geledere gekom het om ’n studiesentrum in die buurland te open.
Akademia open studiesentrum in Port Elizabeth
Akademia brei in 2018 na die Oos-Kaap uit wanneer ʼn studiesentrum in Port Elizabeth sy deure vir voornemende studente oopgooi.
Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied
“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen.”
[Video] Volledige registrasie amptelik aan Akademia toegeken
Akademia het pas bekendgemaak dat dié Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit nou volledig as hoëronderwysinstansie deur die DHET geregistreer is.
Die ‘vierde industriële revolusie’ en swart ekonomiese bemagtiging
“Daar is ʼn rede waarom suksesvolle ekonomieë nie ons soort beleid, wat eksklusiwiteit bevorder, navolg nie. Verskeie samelewings het soortgelyke beleidsrigtings reeds beproef en gesien dat dit nie werk nie.”
Akademia ken sy eerste grade toe
Akademia het vandag by sy vyfde jaarlikse plegtigheid waartydens akademiese kwalifikasies toegeken word vir die eerste keer grade toegeken.
Kom ons bou Zuma uit ons lewens uit!
Kom ons oefen almal baie druk uit om Zuma uit die kussings gelig te kry. Kom ons stem met mening om die ANC te verwyder, maar kom ons bou harder aan ’n toekoms waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan wees.
Akademia hou opedag
Akademia se aansoeke vir 2018 is nou oop en voornemende studente kan aanlyn aansoek doen, of die opedag op 25 Maart 2017 bywoon om meer inligting oor die kursusse te bekom en daar aansoek te doen.
Internasionale Moedertaaldag: Is daar iets om te vier?
So lank as wat mense hulle moedertaal bly praat en sing en lees, sal die moedertaal bly voortbestaan. Afrikaans sal groei en bloei om die braaivleisvuur, in die kerk en kroeg en kombuis.