Martin Steyn se “Swartval” is ʼn absoluut boeiende boek, skryf Alexander Mickel.
Alles vir die sleutelwoord "boekresensie"
Boekresensie: Doodsake op Karibib
“Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat veel meer in ’n spanningsroman soek as net bloed en derms. Die spanning bou fluks op, maar die menslikheid bly nie agterweë nie.”
Boekresensie: Laat die potte prut
Potjiekosliefhebbers se monde sal water by die aanskoue van hierdie versameling lipleklekker resepte.
Lesersindruk: Doodsroeper
… en tog weet iedereen hoe maklik stilte vreesaanjaend kan wees as ʼn mens besig is met sy eie gedagtes en dan skielik iemand se teenwoordigheid voel. ʼn Koue rilling kriewel teen my rug af en ek was dadelik onder die ban van die Stilbos. Ek móét hierdie boek gaan lees, skryf Alexander Mickel.
Boekresensie: Meisies kan enige iets doen
Die wonderlike boodskap van die boek is dat meisies absoluut fantasties is en net mooi enige iets kan doen wat hulle wil.
Boekresensie: Sizwe spring
Sizwe het swemlesse gehad en hy het ook sy swemtoets geslaag. Al uitdaging wat nou oorbly, is om van die hoë duikplank af te spring soos al die ander kinders doen…
Boekresensie: Kop in die wolke in Kromkieriefontein
Dis ’n heerlike anderste storie – een wat die jong leser uitdaag om nie net op die alledaagse en die hier en nou te fokus nie, maar om ook te waag om te droom.
Boekresensie: Hoe om ’n haas te vang
Louise Viljoen beveel die topverkoperskrywer Claire Freedman se skreeusnaakse boek, “Hoe om ‘n haas te vang” aan vir oud en jonk al word dit verkoop as kleuterfiksie vir kinders drie jaar en ouer.
Boekresensie: Helde van Suid-Afrika 1
Die boek handel oor ses van die heel dapperste Suid-Afrikaanse helde.
‘Kill the Boer’-resensie: Ons kan nie sensitief vir die feite wees nie
Wanneer die gevaarlikste beroep in Suid-Afrika nie dié van ’n polisielid of brandweerman is nie, moet jy besef dat iets fout is. Wanneer die gevaarlikste beroep dié is van ’n persoon wat voedselsekerheid bevorder en werk skep, moet jy weet dat alles nie pluis is nie.
Boekresensie: Steinhoff en die Stellenbosse Boys
Steinhoff en die Stellenbosse Boys neem op 7 Julie die eerste plek in op Suid-Afrika se Nielsen-boekdatalys. Die boek is ook in die eerste posisie op die algehele niefiksielys en en die lys van Suid-Afrikaansvervaardigde boeke.
Boekresensie: Dis MY boek
Dis MY boek is ideaal vir saamlees en geskik vir jong lesertjies van drie jaar en ouer.
Boekresensie: Speelmaats-reeks
Die opwindende Speelmaats-reeks bestaan nie net uit oulike stories en pragtige illustrasies waaroor kinders mal sal wees nie, maar dit is ook opvoedkundig van aard sonder om prekerig voor te kom.
Boekresensie: Hoezit! Die wonderwêreld van die ruimte
Skaf gerus hierdie leersame boek aan vir ’n weetgierige kind. Jy sal hiermee sy of haar algemene kennis oor die ruimte verbreed.
Boekresensie: Grilgrypers – Web van die mummie
Die tema van die boek is dat mens sterker as jou vrees moet wees; dat jy jou ergste vrese in die gesig moet staar en dit teenstaan. Die goeie oorwin wel die bose.
Boekresensie: Knip, verf, plak – 50 prettige kunsprojekte
Die verbeeldingryke dog eenvoudige projekte is pragtig geïllustreer en die instruksies maklik om te volg. Kinders (én grootmense!) kan na hartelus knip, stempel, plak, verf, skep en sommer baie pret hê wanneer hulle die fassinerende aktiwiteite aanpak en kuns maak uit weggooigoed.
Boekresensie: Pienk is nie vir sissies nie
Dié aksiebelaaide jeugverhaal ontvou in ’n briljante kragtoer van vergifnis, selfaanvaarding en ook tweede kanse. Dit leer ook dat jy kan triomfeer en steeds sukses kan behaal ná ’n teleurstelling, al beteken dit jy sal moet harder werk en meer kreatief dink.
Boekresensie: Dans, Jenna
Wat ’n lieflike, onopgesmukte storie oor ’n talentvolle graadsewe meisie wat versot is op dans, maar goed besef dat balletklasse eintlik ’n luukse is wat haar enkelma – wat twee werke doen om vir hulle te sorg – nie kan bekostig nie!
Boekresensie: Liewe Heksie en die helikopter
Die Liewe Heksie-stories is tydloos en hedendaagse kinders sal haar avonture amusant vind.
Boekresensie: Die vyfde Aspoester
Vermeulen se skryfstyl wissel tussen ietwat ongewoon tot gemaklik vloeiend en uiters oorspronklik. Die spanning in die verhaal bou fluks op en daar is genoeg intrige om mens angstig aan die lees te hou, skryf Louise Viljoen.