Op die Glencairn-strand in Kaapstad word ‘n elektriese kabel as ‘n haai-afrskrikmiddel getoets.
Alles vir die sleutelwoord "bron"
Man dood, 2 beseer in trompop botsing
ʼn Jong man is Vrydag dood en twee ander mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R562 in Johannesburg.
Twee families begrawe geliefdes
Twee gesinne wie se geliefdes vermoor is terwyl hulle opheffingswerk in ander lande gedoen het, se gedenkdienste vind vandag onderskeidelik in Pretoria en Bloemfontein plaas.
6 padwerkers sterf toe trok hulle tref
Ses padwerkers is Donderdagoggend dood toe ʼn swaarvoertuig op die R26-pad naby Ladybrand in die Vrystaat in hulle ingeploeg het.
Goeie nuus: Slimkop-Matie ontvang twee top toekennings
Die 24-jarige Thomas Weighill van die Universiteit van Stellenbosch (US) het vandag tydens ʼn gradeplegtigheid twee van die universiteit se top akademiese toekennings onvang.
Video: “Ons vergewe onvoorwaardelik,” sê Yolande Korkie
Pierre Korkie se vrou, Yolandé, sê sy is nie spyt oor hulle tyd in Jemen nie.
Vrou sterf, 15 beseer in JHB-botsing
ʼn Vrou is dood en 15 mense beseer nadat ʼn taxi en ʼn motor Woensdag in Johannesburg se middestad gebots het.
Pierre Korkie Vrydag begrawe
ʼn Gedenkdiens vir Pierre Korkie gaan Vrydag in die Vrystaat gehou word nadat sy liggaam Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het.
Seun op N3-snelweg doodgery
ʼn Jong seun, vermoedelik 10 jaar oud, is Dinsdagmiddag op die N3-snelweg in Durban doodgery.
Slang pik man in Durban
Paramedici is Dinsdag na ʼn toneel in Craigieburn in Durban, KwaZulu-Natal ontbied met berigte dat ʼn swartmamba ʼn man gepik het.
Dié provinsie is die beste om in te bly
Solidariteit het Dinsdag met sy Leefbaarheidsmonitorverslag bekend gemaak watter provinsie se inwoners ʼn beter lewensgehalte as die res van die land geniet.
Ek IS trots Afrikaans, sê jongmense
Onbeskaamd en trots Afrikaans – dit is presies die boodskap van 100 jongmense wat aan die “Afrikaans – my TROTS!”-projek van Kraal Uitgewers deelgeneem het.
Anni se familie oorweeg nog regstappe
Die vermoorde Anni Dewani se familie het Maandag gesê hulle probeer bepaal of hulle in Engeland regstappe kan doen teen Shrien Dewani nadat hy in Suid-Afrika vrygespreek is.
Vermiste kind dood aangetref in Jeffreysbaai-strandmeer
Die liggaam van ʼn 12-jarige meisie van Humansdorp wat by die Seekoeirivier in Jeffreysbaai verdwyn het, is Maandag opgespoor, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.
Twee sterf in Krugersdorp-vliegongeluk
Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Maandagmiddag naby Krugersdorp in Gauteng neergestort het.
Jag-fratsongeluk eis jong rugbyspeler
Rainer Wellmann, ʼn 23-jarige klubrugbyspeler van KwaZulu-Natal, is Saterdag tydens ʼn jaguitstappie saam met vriende op ʼn plaas doodgeskiet.
Kleuter sterf in fratsongeluk
ʼn Tweejarige kind is Maandagoggend in Ficksburg in die Vrystaat tydens ʼn fratsongeluk met ʼn trekker dood.
Polisie vind dwelms ná wenk
Die polisie in die Wes-Kaap het op dwelms ter waarde van R9 miljoen beslag gelê ná ʼn wenk van die publiek.
Twee beseer in vliegongeluk
Twee mans is beseer nadat hulle ligte vliegtuig Saterdagoggend langs die R59 naby Henley-on-Klip, Meyerton neergestort het.
Vierjarige, drie ander sterf in N1-botsing
Vier mense, insluitend ʼn vierjarige seuntjie, is dood in ʼn trompop botsing op die N1 naby Edenburg in die Vrystaat.