Hiermee sluit ons ons reeks rondom die vrae wat God vra af. Ek vertrou dat dit vir jou net soveel beteken het as vir my. Moenie die vrae wat God vra gering skat nie. Dis baie betekenisvol. By watter vraag moes jy stilstaan in hierdie reis saam met mekaar en hoe het jy gevorder in jou verstaan van God se plan vir jou lewe?
Alles vir die sleutelwoord "Jannie Pelser"
ToekomsVenster: Verandering
Die Here gaan jou nie los nie. As Hy ʼn belofte gegee het, kan jy daarop reken. Jy kan Hom onvoorwaardelik vertrou. Moenie jou eie planne maak nie. Moenie die leuen glo dat God verleë staan voor jou uitdagings nie.
ToekomsVenster: Is my Hand te kort?
Hoe dikwels roep die Here nie reeds na jou nie? Waarom vermy jy die stem van die Here en soek jy jou hulp en heil in dit wat nie kan red voorsien en sorg nie?
ToekomsVenster: Het hy ʼn reg om kwaad te wees?
Waaroor is jy ontsteld? Vir wie wou jy hê moet God straf en tugtig en toe bewys hy genade en barmhartigheid aan hulle? Moenie soos Jona wees nie. Moenie vergeet dat ook jy ʼn onverdienstelike dienaar van God is nie.
ToekomsVenster: Wie sal Ek stuur?
Wanneer ʼn mens met die Lewende Here ontmoet gebeur twee dinge. Jy word bewus van jou eie kortstondigheid, jou sondigheid en noodsaak aan redding. God kan ʼn gebroke hart nie weerstaan nie en tree onmiddellik reinigend en herstellend toe.
ToekomsVenster: Wat doen jy hier?
Waar bevind jy jouself? Hoor die woord van die Here. Wat maak jy hier, so wanhopig, desperaat en hoop verydel? Het jy vergeet wie jou sover gebring het?
ToekomsVenster: Waar is die huis wat jy vir My sou bou?
Ons moet God nie inperk deur ons definisies van wie Hy is nie.
ToekomsVenster: Waarom eer jy jou seuns meer as vir My?
Ouers is verbondsmatig verantwoordelik vir die opvoeding van hul kinders. Dis nie iets wat aan n derde party uitgekontrakteer kan word nie. Hoe staan dit in en met jou huis?
ToekomsVenster: Wie is hierdie mense saam met jou?
Wat is daar in jou mondering, menswees en spasie wat nie van God verteenwoordigend is nie? Waarvan moet jy ontslae raak omdat dit bedenklike sekuriteit verteenwoordig?
ToekomsVenster: Waarom is jy op jou aangesig?
Dis onafwendbaar dat volhardende sonde ʼn effek sal hê op die gemeenskap waarvan ons deel is.
ToekomsVenster: Wie het jou mond gemaak?
Watter verskoning het jy om nie te doen wat die Here jou opdra nie?
ToekomsVenster: Wat is in jou hand?
Dit mag beskeie en onmagtig voorkom maar in die hande van God as werktuig van gehoorsaamheid en waagmoed gebeur die onmoontlike.
ToekomsVenster: Wat is jou naam?
Die Bybel sê dat God ons nuwe name gee. Neem afskeid van die ou naam wat jou lewensloop sonder God beskryf en omarm die nuwe wat God aan jou gee.
Die ‘ja, maar’-perspektief
Daar ís reuse, niemand kan daaroor stry nie. Maar met God se hulp sal ons oorwin, moontlikhede ontdek, weë verken, oplossings vind, proaktief optree, voorbeeld stel, bid en bly glo.
ToekomsVenster: Is enige iets te moeilik vir die Here?
Is jy ook al verby die punt van glo en vertrou? Gee God ʼn geleentheid. Moenie op Hom opgee nie. Hy is groter as enige menslike beperking.
ToekomsVenster: Waar is jou vrou?
Skep moed, daar mag ʼn verrassing op jou wag.
ToekomsVenster: Waarom is jy kwaad?
Die lewe is ʼn misterie en somtyds verstaan ons die weë van die Here nie. Wat wel waar is dat as ons opreg soek na antwoorde die Here ons sal ontmoet al is dit net om oor te gee aan die heerskappy van die Here in jou lewe.
ToekomsVenster: Waar is jou broer?
Het jy iewers die verantwoordelikheid wat jy instinktief aangevoel het verwaarloos en jou broer iewers langs die pad verloor, selfs wreed weggestoot en vervreem?
ToekomsVenster: Wie het vir jou gesê?
Ek wonder of jy ook vandag die stem van die Here hoor. Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy van die vrug geëet waarvan ek jou uitdruklik beveel het om dit nie te doen nie? Wat bied jy as verontskuldiging aan?
ToekomsVenster: Waar is jy?
God soek jou op. Kom uit jou skuiling en beroep jou op sy oorvloedige genade.