Johan Booysen, die geskorste KwaZulu-Natalse hoof van die Valke, word daarvan beskuldig dat hy en ander beamptes ʼn R10 000 beloning ontvang het nadat hulle ses onskuldige mans doodgeskiet het.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Vyf gevonnis ná kaping by bestuurskool
Vier jong mans is Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof gevonnis in verband met ʼn kaping by ʼn toetsterrein van ʼn bestuurskool in Inanda, KwaZulu-Natal.
Vakansiegangers in beboste gebied opgespoor ná kaping
Ses mense van Mpumalanga wat op pad was na Mosambiek met vakansie is Donderdag in ʼn afgeleë, beboste gebied in die noorde van KwaZulu-Natal gevind nadat hul twee voertuie gekaap is.
Paramedikus sterf op pad na noodgeval
ʼn Paramedikus van KwaZulu-Natal wat op pad was na ʼn noodgeval, is Vrydagoggend dood toe die ambulans reg van voor teen ‘n vragmotor gebots het.
Drie ‘polisiemoordenaars’ in hof
Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met Dinsdag se voorval waarin een polisiebeampte dood en ʼn tweede beseer is nadat hulle oorval, ontvoer en geskiet is, verskyn Vrydag in twee howe in KwaZulu-Natal.
Taxistaking in Durban opgeskort
Die taxibedryf en die munisipaliteit het ʼn ooreenkoms in Durban bereik en ʼn vier dag lange staking is opgeskort.
Drie ‘polisiemoordenaars’ vas
Die polisie in KwaZulu-Natal het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met Dinsdag se voorval waar een polisiebeampte dood en ʼn tweede beseer is nadat hulle oorval, ontvoer en geskiet is.
Polisiebeamptes in lokval gelei
Een polisiebeampte is Dinsdag in Inanda, KwaZulu-Natal dood en ʼn tweede beseer nadat hulle oorval, hul klere uitgetrek, ontvoer en geskiet is.
Vrou doodgery toe sy glo wou vlug
ʼn Vrou in haar 30’s is Maandagaand op die N2-snelweg naby die Tongaat-tolplaza in KwaZulu-Natal doodgery toe sy glo van ʼn groep mans probeer vlug het.
Openbare vervoer tot stilstand geruk nadat polisie 300 taxi’s skut
“Ons moes reageer op die hoë vlakke van wetteloosheid in die taxibedryf. Soos jy weet, is meer as 80% van konflik in die bedryf oor roetes.”
Bejaardes in KZN aangeval
ʼn Bejaarde egpaar is oor die naweek in hul huis op ʼn landgoed in KwaZulu-Natal oorval en beroof.
Geskorste Valke-hoof ontken bedrogbewerings
Genl.maj. Johan Booysen, geskorste hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, sal tot Oktober moet wag voordat ʼn datum in die hooggeregshof in Durban vasgestel kan word vir sy hofaansoek teen sy skorsing.
Luister: 50-jarige vrou vertel van angsnag in selle
ʼn 50-jarige ma en ouma het Donderdagnag vreesbevange “die langste nag van haar lewe” in ʼn donker, nat, koue tronksel deurgebring nadat sy in hegtenis geneem is omdat sy glo geld by haar werkgewer geneem het om vir haar familie te sorg.
Drie kinders beseer in fratsongeluk by laerskool
Drie kinders is Maandagoggend beseer tydens ʼn fratsongeluk by ʼn laerskool in Wartburg, KwaZulu-Natal.
Vyf sterf ná motor op spoorwegkabels beland
Vyf mense is vroeg Saterdagoggend in ʼn gru-ongeluk naby Pepworth in KwaZulu-Natal dood.
Polisie ontken premier is verdagte in lyfwag-moord
Die provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal het bewerings dat die provinsie se premier ʼn verdagte in die onlangse moord op laasgenoemde se lyfwag is ten sterkste ontken.
Man sterf ná motor teen wal af rol
ʼn Man in sy 70’s is dood en ʼn man in sy 20’s kritiek beseer nadat die voertuig waarin hulle was, by ʼn wal af gerol het op die R56 in Richmond, Pietermaritzburg.
Elf in hof oor taxistaanplek-skietery
Elf verdagtes het Vrydag in die Durban-landdroshof verskyn in verband met die skietery by ʼn taxistaanplek in die stad waartydens drie mense dood is.
Tragiese einde ná vrou vyf maande terug raaiselagtig verdwyn
Die hoofstuk van ʼn vyf maande lange soektog na ʼn vermiste vrou van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal kan uiteindelik afgesluit word. Hoewel dit nie ʼn gelukkige einde het nie, kan Lorraine Bothma (45) se familie uiteindelik berusting vind. Hulle het die afgelope week verneem sy en haar vermeende moordenaar is dood.
KZN-universiteit tot einde September gesluit
Die ANC-Jeugliga het in ʼn verklaring beweer die universiteit het die Registrasie Appèlkomitee-proses opgeskort wat studente wat agterstallig is met studiegeld toelaat om voort te gaan met hul studie, terwyl hulle hul skuld in paaiemente afbetaal.