Vergifnis spreek hard en herhaaldelik uit die boek. Aan die woord is Yolande Korkie, weduwee van die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat 558 dae deur Al-Kaïda in Jemen aangehou en in Desember 2014 vermoor is tydens ʼn ontsettingsoperasie deur die Amerikaanse Seals, klaarblyklik op dieselfde dag as wat hy vrygelaat sou word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Pierre Korkie"
Korkie-gesin sal donasies gebruik vir “nuwe begin”
Die Korkie-gesin sal die R1,7 miljoen wat ingesamel is vir Pierre se vrylating in Jemen, gebruik om ʼn “nuwe begin” te maak.
Twee families begrawe geliefdes
Twee gesinne wie se geliefdes vermoor is terwyl hulle opheffingswerk in ander lande gedoen het, se gedenkdienste vind vandag onderskeidelik in Pretoria en Bloemfontein plaas.
VSA-reddingspoging in Jemen: Al-Kaïda neem wraak
ʼn Filiaal van Al-Kaïda het glo verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn missielaanval op ʼn Amerikaanse lugmagbasis in Jemen Donderdagoggend.
Video: “Ons vergewe onvoorwaardelik,” sê Yolande Korkie
Pierre Korkie se vrou, Yolandé, sê sy is nie spyt oor hulle tyd in Jemen nie.
Pierre Korkie Vrydag begrawe
ʼn Gedenkdiens vir Pierre Korkie gaan Vrydag in die Vrystaat gehou word nadat sy liggaam Dinsdag in Suid-Afrika aangekom het.
Pierre Korkie: ‘Ek is lief vir jou en die kinders’
Yolande Korkie het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê sy en haar man het tydens hulle laaste oomblikke saam, mekaar omhels waarna hy gesê het: “Ek is lief vir jou en sê vir die kinders ek is lief vir hulle.”
Korkie se liggaam terug in SA
Pierre Korkie se liggaam het Dinsdagoggend in Suid-Afrika aangekom nadat hy tydens ʼn mislukte reddingspoging in Jemen doodgeskiet is.
Blaffende hond fnuik glo Korkie-reddingspoging
ʼn Blaffende hond het glo die Amerikaanse Seals se teenwoordigheid verklap tydens hul poging om die Suid-Afrikaner Pierre Korkie en Amerikaanse fotojoernalis Luke Somers van Al-Kaïda-militante te bevry, het Beeld Maandag berig.
Nuuskommentaar: Pierre Korkie en die terroriste
Enkele weke gelede is Suid-Afrikaners verenig in gebed dat die ontsette buitelandse gyselaar in Jemen, die Suid-Afrikaner Pierre Korkie sou wees. Die hoop het egter beskaam, maar die aandag was weer gevestig op die lot van Korkie, en die groot spanning op sy gesin in Suid-Afrika.
Pierre Korkie: ‘Ons kies om te vergewe,’ sê Yolande
Yolande Korkie het haar stilte gebreek nadat haar man, Pierre, Saterdag tydens ʼn mislukte reddingspoging in Jemen doodgemaak is.
Korkie: Regering betuig simpatie
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Sondag hulle medelye met die Korkie-familie uitgespreek.
Pierre Korkie: ‘Ons is platgeslaan’
Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie se familie het gesê hulle is platgeslaan deur die nuus dat hy tydens ʼn mislukte reddingspoging doodgemaak is.
‘Pierre sou vrygelaat word’
Die Al-Kaïda-militante wat die Suid-Afrikaner Pierre Korkie gyselaar gehou het, het beplan om hom vry te laat, het Gift of the Givers Saterdag gesê.
Pierre Korkie is dood
Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is dood.
Pierre Korkie nie een van bevryde gyselaars nie
Die Suid-Afrikaner Pierre Korkie, wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, is nie een van die gyselaars wat deur veiligheidsmagte bevry is nie.
Jemen-gyselaars vrygelaat: “Ons bid en hoop dis Pierre”
Die moontlikheid word ondersoek dat Pierre Korkie, die Suid-Afrikaner wat op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is, dalk vrygelaat is.
Pierre Korkie weer gesien
Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat in Jemen deur Al-Kaïda-militante gyselaar gehou word, is glo vir ʼn derde keer lewend gesien.
Bronne sê Pierre Korkie leef
Die Gift of the Givers-organisasie het Donderdag gesê bronne in Jemen het bevestig dat Pierre Korkie, die onderwyser van Bloemfontein wat deur militante as gyselaar aangehou word, steeds lewend is.
Video: Yolande Korkie pleit om man se vrylating
Yolande Korkie het vandag opnuut in ‘n videoboodskap ‘n beroep gedoen vir die vrylating van haar man wat deur militante in Jemen gyselaar gehou word.