Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) het Vrydag gesê hy gaan nie appelleer teen verlede week se uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein nie.
Alles vir die sleutelwoord "Sanral"
Zuma bevorder e-tol terwyl Outa voortveg
Terwyl die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) die stryd teen Sanral se beplande e-tolstelsel in Gauteng voortgesit het, het president Jacob Zuma wetgewing, wat die weg vir die implementering van dié omstrede tolstelsel baan, onderteken.
Sanral van ‘diefstal’ aangekla
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het glo onlangs geld uit ʼn hele paar motoriste se rekenings onttrek wat reeds vir e-tolskyfies geregistreer het, alhoewel die e-tolstelsel nog nie in Gauteng in werking is nie.
Sanral ontken Aarto het misluk
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag gesê die DA se bewering dat die Aarto-stelsel misluk het, is misleidend.
OUTA verwerp e-tol se gereedheid
Beweringe dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) al vir die afgelope twee jaar gereed is om die omstrede e-tolstelsel op Gautengse hoofweë te implementeer is onwaar, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Donderdag gesê.
Sanral doen aansoek by banke vir lenings
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nader verskeie banke in ʼn poging om R1.48 miljard te bekom, het die organisasie Woensdag gesê.
Sanral ontken hy’s bankrot
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Donderdag ontken dat hy nie meer geld het of dat beleggers huiwerig is om verdere finansiering te verskaf nie.
Sanral-advertensies glo ‘n vermorsing
Die 200%-styging in Sanral se advertensiekoste die afgelope twee jaar is ‘n “skokkende vermorsing van tyd”, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Maandag gesê.
Outa ontvang miljoene vir e-tolsaak
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Maandag gesê hy het R1.2 miljoen van die publiek in donasies ontvang.
DA skenk R1 miljoen vir Outa
Die DA gaan R1 miljoen bydra wat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) benodig om hul hofgeding teen die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë voort te sit.
Outa in finansiële knyp
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) moet moontlik sy beplande hofsaak teen die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë laat vaar, as hy nie in die volgende drie weke ʼn ekstra R1 miljoen kan insamel nie.
Zuma moet e-tol opskort, vra Outa
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Vrydag versoek dat die regering die e-tolprojek moet opskort indien hy ekonomiese groei wil stimuleer.
Nóg tolpaaie glo beplan
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het glo nóg tolpaaie by ‘n geslote vergadering voorgestel.
E-tolstelsel: Aankondiging kry teenkanting
Verskeie organisasies het Vrydag hul teenkanting aangeteken nadat die Suid-Afrikaans Padagentskap (Sanral) bekend gemaak het dat die e-tolstelsel op Gautengse paaie oor twee maande in werking gaan tree.
E-tol tree oor twee maande in werking
Die e-tolstelsel op Gautengse paaie behoort oor twee maande in werking te tree.
E-tol nie werklik laer nie – jou opsies
Hoewel verlede week se opskrifte dit uitbasuin het dat die beoogde e-toltariewe nou laer is as wat voorheen beplan is, is dit nie werklik die geval nie.
AfriForum vra publiek om nie vir e-tol te registreer nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het in reaksie op die grondwethof se opheffing van die interdik teen die implementering van e-tol, ʼn beroep op motoriste gedoen om steeds nie vir e-tol te registreer nie.
E-tol uitspraak verwag
Gauteng-motoriste sal na verwagting vandag hoor of die omstrede e-tolstelsel gaan voortgaan op die provinsie se hoofweë.
E-tolstelsel: Regering gaan hofbevel appelleer
Hoewel Sanral nie die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel gaan appelleer nie, gaan die regering wel.
Sanral kondig tydelike uitvoerende hoof aan
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het pas bekend gemaak Koos Smit, uitvoerende-ingenieur, gaan tydelike as uitvoerende hoof intree tot Nazir Alli in Junie die pos verlaat.