Donald Tusk, raadspresident van die Europese Unie, het Woensdag tydens ʼn spesiale noodvergadering gesê die grootste golf vlugtelinge is nog op pad na Europa. Hy meen Europa sien tans nog net die begin van die krisis.
Alles vir die sleutelwoord "vlugtelinge"
Siriese vlugtelinge nie welkom in Golfstate
Terwyl Europa steier onder die druk van meer as ʼn miljoen vlugtelinge, tree die Arabiese Golfstate, van die rykste lande ter wêreld, afkeurend teen die vlugtelinge op.
SA stuur vlugtelinge huis toe
Ongeveer 2 000 Angolese vlugtelinge, van wie vele al die afgelope 18 jaar in Suid-Afrika woon, staar deportasie in die gesig nadat hul vlugtelingstatus onttrek is, het The Times Vrydag op sy voorblad berig.
[Foto’s] Kunstenaars reageer ná seuntjie uitspoel
Verskeie kunstenaars wêreldwyd het treffende kunswerke gemaak ná skokfoto’s van ‘n driejarige vlugteling wat op die strand uitgespoel het, aan die lig gekom het.
Gruvonds van talle lyke in trok gemaak
Die liggame van soveel as 50 vlugtelinge is Donderdag in ʼn vragmotor in die ooste van Oostenryk gevind.
Europa kom voor geloofkwessie te staan oor vlugtelinge
Verskeie Europese lande sit met die hande in die hare oor vlugtelinge wat dié lande binnekom. Die meeste van dié vlugtelinge wat ’n heenkome in Europese lande soek is Moslems.
Plaasgesin gewaarsku om vlugtelinge uit te sit
ʼn Gesin van KwaZulu-Natal wat skuiling gebied het aan 146 vlugtelinge op hul plaas in Cato Ridge het ʼn waarskuwing van die plaaslike polisie ontvang om binnekort met ʼn proses van uitsetting te begin.
Hongarye rig heining op teen vlugtelinge
ʼn Vier meter hoë heining word opgerig op die grens tussen Serwië en Hongarye.
Derduisende vlugtelinge stroom na Turkye
ʼn Vlugtelingdrama het hom Sondag op die grensgebied tussen Sirië en Turkye afgespeel. Duisende mense het van die stad Tall Abjad gevlug en teen die grensdraad na Turkye saamgedrom.
EU-plan gekortwiek deur Libië
Libië het die Europese Unie (EU) se plan van minder bote is gelykstaande aan minder ellende netjies gekortwiek.
Bootvlugtelinge sterf in gevegte oor kos en water
Tot soveel as 100 mense aan boord van ’n boot wat sowat 700 vlugtelinge eers na Indonesië, en toe na Maleisië probeer neem het, het in gevegte om die laaste beskikbare kos en water omgekom.
Moslemvlugtelinge gooi glo Christenvlugtelinge oorboord
Die Italiaanse polisie het 15 Moslemvlugtelinge wie se boot hulle pas uit die Middellandse See gered het, in hegtenis geneem nadat 100 ander vlugtelinge op die boot vertel het dié 15 het 12 Christene oorboord gegooi. Die 12 het na berig word almal verdrink.
Ek kon sien die kind is bang …
Byamungu beteken “vir God” in Swahili. Sy ma het hom die naam gegee omdat hy ’n geskenk uit die hemel was en sy hom graag aan God wou wy.
Blockupy: Protes teen kapitalisme
In Griekeland moet gespaar word. Die werkloosheid in Spanje is buite beheer. Die gewone Duitse volk kla oor lae lone en lang werksure. Oral in Europa klink ongelukkige stemme op wat Woensdag duidelik gepráát het tydens die Blockupy-protesoptog in Frankfurt, Duitsland.
Boot met 400 vlugtelinge slaan by Italië om
‘n Boot met 400 vlugtelinge wat Italië van Libië af probeer reik het, het Maandag naby Lampedusa omgeslaan.
Siriese vlugtelinge in Libanon haal miljoen-merk
Die VN het aangekondig dat die aantal geregistreerde vlugtelinge van die Siriese burgeroorlog in Libanon tot ‘n miljoen toegeneem het.