Jy het nooit geweet asyn kan só veelsydig wees nie!
Lees meerAlles vir Dinsdag 19 Mei 2015
Panayiotou se ‘vriendin’ gaan glo in moordverhoor getuig
Chanelle Coutts, ʼn vrou wat met die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou verbind word, gaan glo vir die staat getuig tydens sy hofsaak.
Roudiens vir vermiste onderwyser gehou
“Ons moet aanvaar hy is dood, daar is talle bewyse, maar ons sal nooit berusting kry totdat iets konkreets opgelewer word nie.” Dít is die woorde van Iona Dempsey, die ma van 24-jarige onderwyser, Dean Dempsey, wat reeds langer as ʼn maand vermis word.
Skoliere moet slange trotseer
Skoliere by ʼn laerskool in Limpopo moet daagliks slange trotseer en roep glo nie eers meer onderwysers nie, maar maak sommer self die reptiele van kant.
Te min wittes sluit by die weermag aan, sê minister
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediding, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangesê om meer witmense by die weermag te laat aansluit.
Video: “Dis hoekom ek Louis Heyns vermoor het”
Die beskuldigde in die moord op dokter Louis Heyns, ‘n pediater en akademikus, voer aan ‘n belediging oor sy geslagsdele het gelei tot sy wrede aanval op Heyns.
Video: VF Plus sê Eskom is ‘n noodsituasie
Die Vryheidsfront Plus het buite Eskom se hoofkwartier betoog teen die manier hoe dié staatsinstelling die land se kragkrisis hanteer.
Ouderdom van oer-armband bepaal
Wat waarskynlik die oudste armband is wat nóg gevind is, is in Siberië aangetref, sê navorsers wat nou die ouderdom van dié armband bepaal het.
Bootvlugtelinge sterf in gevegte oor kos en water
Tot soveel as 100 mense aan boord van ’n boot wat sowat 700 vlugtelinge eers na Indonesië, en toe na Maleisië probeer neem het, het in gevegte om die laaste beskikbare kos en water omgekom.
ToekomsVenster: Die dissipline van nederigheid
“Het jy ’n leerbare gees?” vra ds. Jannie Pelser in vandag se ToekomsVenster-oordenking.
Vrou vrygespreek ná motor Centurion-broers tref
ʼn Vrou wat na bewering twee tienerbroers van Centurion in 2011 raakgery het en waarna een van die seuns later dood is, is vrygespreek nadat sy aangekla is van strafbare manslag.
Baba se kop op bus gevind
ʼn 30-jarige vrou het in die Oos-Londen-landdroshof verskyn in verband met ʼn gru-voorval waarin ʼn baba se kop op ʼn bus gevind is.
Video: Versorger uit op waarskuwing ná erge mishandeling van bejaarde
Die verpleegster wat daarvan aangekla word dat sy ʼn 84-jarige kankerpasiënt in ʼn versorgingsoord in Oos-Londen aangerand en mishandel het, is op waarskuwing vrygelaat tot en met haar volgende hofverskyning op 5 Junie.
Die einde van ʼn onwerklike heilsleer en die begin van ʼn werklike plan
Die tekens is onmiskenbaar duidelik dat ons die laaste fase van die era van ophemeling van die grondwet bereik het, skryf prof. Koos Malan.
Soektog na bergklimmer tydelik gestaak
Die soektog na die ervare bergklimmer van Muizenberg wat sedert verlede Dinsdag vermis word, is tydelik afgelas weens mistige weer.
Belasting: ‘Jy betaal meer as wat jy dink’
Jy betaal meer belasting as wat jy dink. En danksy staatskuld, politieke verwagtinge en regeringsinmenging by die ekonomie gaan jy vroeër of later nóg meer betaal.
DA wil strafregtelike klagte indien oor suur in Nylrivier
Die Demokratiese Alliansie (DA) gaan strafregtelike klagte indien nadat ʼn vragmotorongeluk veroorsaak het dat swaelsuur in die Nylrivier buite Modimolle (Nylstroom) geloop het.
51 nuwe Bybelvertalings in 2014-rekordjaar
Bybelgenootskappe dwarsoor die wêreld was in 2014 betrokke by die voltooiing van vertalings in 51 tale, ‘n rekordaantal vir Bybelvertaling ongeag soms moeilike omstandighede soos ’n bomaanval op die vertalers se kantoor in Nigerië.
Vrou se liggaam in kar by Pta-kantoorblok gevind
Die liggaam van ʼn 34-jarige vrou is Maandagoggend in ʼn motor in die parkeergebied van Boardwalk Office Park in Faerie Glen in die ooste van Pretoria opgespoor.
Benoni-seun stabiel ná wrede aanval tydens kaping
Die vyfjarige seun wat Sondagaand verskeie kere in Boksburg aan die Oos-Rand deur vermeende kapers gesteek en in ʼn sloot vir die dood agtergelaat is, is in ʼn stabiele toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal.