ʼn Hof in Turkye het bevind dat ʼn swembril en ander beskermingstoerusting tydens vanjaar se massabetogings as “wapens” beskou kan word.
Lees meerAlles vir Vrydag 29 November 2013
Só het hulle om Krejcir geval
Die departement van binnelandse sake het bewerings ontken dat Radovan Krejcir die land onwettig binnegekom het.
Twitter soek Zuma se kop
ʼn Petisie wat versoek dat pres. Jacob Zuma vervolg moet word, doen die ronde op die sosialemedia-platform Twitter.
ANC erken Nkandla-onreëlmatighede; waarsku kommentators
ʼn Groep ministers het Vrydag met Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, vergader oor haar voorlopige verslag oor Nkandla wat na bewering uitgelek het.
Foto: Frats-tornado tref Viljoenskroon
ʼn Frats-tornado het Donderdag die Viljoenkroon-omgewing in die Vrystaat getref en erge skade aangerig.
Kontreimark by die Voortrekkermonument
‘n Kontreimark met allerhande vars produkte vind op 7 Desember by die Voortrekkermonument plaas.
OB ontken mediaberig oor Nkandla
Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), het haar gedistansieer van die Mail & Guardian-berig van Vrydag wat beweer dat president Jacob Zuma wel persoonlik by opgraderings aan sy Nkandla-woning in KwaZulu-Natal gebaat het, ondanks die regering wat volhou dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid.
Video: Welkom-moord: “Verswarende omstandighede oorweldigend”
Carmen van der Westhuizen se moordenaar gaan tronk toe en sal 25 jaar moet wag voordat hy kan aansoek doen vir parool.
Nog hael dalk op pad
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag gewaarsku dat daar ʼn hoë risiko is vir swaar donderbuie en hael. Swaar donderbuie en hael het Donderdag verwoesting gesaai oor groot dele van Gauteng, Mpumalanga en noordelike dele van die Vrystaat.
Jan Braai koop “braai” en Nataniël vra “genade” by die WAT
Jan Braai koop “braai” by die WAT, Nataniël wil “genade” hê, en ons verklap ander woorde wat bekendes al geborg het.
Babaverkragting-vraag: Departement kondig besluit aan
Die departement van onderwys het Vrydag sy besluit aangekondig of ʼn vraag in die matrieks se drama-vraestel, wat handel oor babaverkragting, onttrek moet word of nie.
Video: Die hart van goeie sportmanskap
Sport is baie meer as net wen of verloor. Die video bevat talle tonele van ongelooflike sportmanskap en goedhartigheid van atlete, en dit is baie meer kosbaar as enige oorwinning.
Wêreld Vigsdag: IVP sê mans moet besny word
Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het mense Vrydag aangemoedig om hulself vir MIV te laat toets en mans aangemoedig om besny te word in die lig van Wêreld Vigsdag eerskomende Sondag.
Resep: Hier kom die seerowers!
Die boek, ‘Partytjies is pret 5’, bevat verskeie idees vir kinderpartytjies vir seuns en dogters. “Hier kom die seerowers!” is een van die partytjie-idees wat in dié oulike boek vervat is.
Man steek glo kerk aan die brand
ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn kerk en nog ʼn gebou in Noordwes aan die brand gesteek het.
Skokfoto’s van bejaarde Boksburg-vrou se moord vrygestel
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is baie grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
JPSA soek klaring oor e-tol-vervolging
Die Justice Project SA (JPSA) het Vrydag gesê die beoogde prosesse om diegene te vervolg wat nie vir die Gautengse e-tolstelsel gaan betaal nie, is onduidelik.
Nuuskommentaar: Renate Barnard-saak ‘n oorwinning vir rassediskriminasie
Die vreugdevure brand hoog oor Renate Barnard, en haar vakbond Solidariteit, se oorwinning in die appèlhof. Ná sewe jaar het dié hof beslis dat haar stryd teen onbillike rassediskriminasie nie verniet was nie. Renate se kaalvoettog oor die hoë berg van onreg raak haar egter nie alleen nie…
Ouers wat dogter té hard laat oefen weer in hof
Die ouers van ʼn tienjarige sportster verskyn Vrydag weer in die Bloemfonteinse landdroshof nadat hulle haar glo só hard laat oefen het, dat hulle van poging tot moord en kindermishandeling aangekla word.
Woord: avokado
Die oorspronklike betekenis van die woord “avokado” laat ‘n mens sommer besluit om dit nooit weer te eet nie. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.