Die polisie het inligting ontvang dat die #FeesMustFall-beweging geïnfiltreer is deur persone wat ʼn ander agenda het as die studente wat dit lei en hulle beplan om “nog ʼn Marikana” uit te lok.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 Oktober 2016
Minstens 108 dood ná Orkaan Matthew Haiti tref
Die minister van binnelandse sake het Donderdag bevestig minstens 108 mense is reeds dood nadat Orkaan Matthew Haiti getref het.
Vyfde verdagte vas oor DA-raadslid se moord
ʼn Vyfde persoon het Donderdag in die Daniëlskuil-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn in verband met die moord op DA-raadslid Johannes Baatjies (49) en sy sakevennoot, Shupping Nose.
Geen borgtog vir vrou ná moord op regeringsbeampte
Die vrou van die vermoorde Sakhekile Ndudula, voormalige hoof van personeel by die Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling, se aansoek om borgtog is Donderdag afgekeur.
SAUK-voorsitter weier om te bedank
Obert Maghuve, voorsitter van die SAUK-raad, het Donderdag LP’s daarvan beskuldig dat hulle hom en sy mederaadslede probeer boelie om te bedank en volgehou dat hy nie sy pos gaan verlaat nie.
Video: Ons leer ken De Klerk Oelofse
Maroela Media kuier vanjaar weer by dié kunstefees en het met die opkomende akteur De Klerk Oelofse gesels. De Klerk was onder meer te sien in die gewilde Anglo-Boereoorlog-fliek, Modder en Bloed.
#OpenOurUniversities: Só lyk DA se voorstel
Belinda Bozzoli, die Demokratiese Alliansie se skaduminister oor hoër onderwys en opleiding, het tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg dié party se voorstel bekend gemaak oor die krisis by universiteite.
ToekomsVenster: ʼn Aktiewe proses
Dankie Here, U los my nie waar ek is nie. Verlos my nóg dieper van my sondige natuur. Ek wil ook inherent goed wees soos U.
SA skoolmeisie sterf in Mauritius
‘n Suid-Afrikaanse vrou is in hegtenis geneem na die dood van haar stiefdogter in Mauritius.
Eerste Liga-eindstryd: ʼn voorspelling is dwaas
Net ʼn dwaas sal dit waag om ʼn voorspelling te waag oor die uitslag van die Curriebeker se Eerste Liga-eindstryd tussen die Luiperds en die Griffons Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom.
DEKATv terug op kykNET vir sesde seisoen
DEKATv se sesde leefstyl-reeks skop vanaand op kykNET af en beloof om net so vermaaklik en inspirerend te wees as die vorige vyf reekse.
Studentebetogings bring geskiedkundige oomblik by Wits
Die reuse omvang van die krisis wat die #FeesMustFall-betogings meegebring het, is Donderdag bevestig toe die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ʼn Algemene Vergadering saamgeroep het – iets wat nog net tien keer in die instansie se 120 jaar bestaan gebeur het.
‘Ons sal ons grond vat soos Mugabe’
Andile Mngxitama, leier van Black First Land First (BLF), het Donderdag gesê dié beweging sal grond in Suid-Afrika met geweld afvat, net soos pres. Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het.
Die wêreld in foto’s – 6 Oktober 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Taalgebruik: idee
“Idee” is sinoniem met “denkbeeld. Taaltoffie ondersoek die verskillende kontekste.
‘MIV-piesangs’ het mense op hol
Die departement van gesondheid het reageer op ‘n berig dat MIV-besmette piesangs in Suid-Afrikaanse winkels verkoop word nadat dié bewering sommige mense op hol het.
Proteas speel maklik met Zimbabwe in Diamant-eindstryd klaar
Suid-Afrika het Woensdagaand in Westville, Durban, die eindstryd om die Diamant-netbaluitdaagtrofee teen Zimbabwe oortuigend 68-34 gewen.
Dullstroom-boer se lyk in bakkie gevind
Jan Bette (62) se liggaam is in sy bakkie op ʼn heuwel naby die Dullstroom-dam gevind.
SA-vrou in Israel aangekeer
Leigh-Ann Naidoo, ʼn voormalige Suid-Afrikaanse atleet en akademikus aan die Universiteit van die Witwatersrand, is deur die Israeliese owerhede in hegtenis geneem. Naidoo en 12…
Besit jou eie ‘Back to the Future’-tekkies
Nike het ʼn klein hoeveelheid tekkies wat deur die fliek Back to the Future, geïnspireer is, vrygestel.