Die Springbokke se vaskopstut Coenie Oosthuizen wat vanjaar kritici stil geskrum en die Poemas in die skrums verniel het, is slaggereed. Hy sal Saterdag in Perth teen die Wallabies kan speel.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 September 2017
GB: QBR reik boontoe ondanks strawwe groep
“Groep van die dood” of te nie, Quins-Bobbies-rugby (QBR) wil ʼn paar stappies verder vorder as wat sy voorganger Pretoria Polisie tot dusver in die reeks om die Goue Beker kon vermag.
Min ondersteuning om parlement te ontbind
Opposisiepartye het Dinsdag ʼn mosie deur die Demokratiese Alliansie, om die parlement te ontbind en ʼn versoek vir ʼn vroeë verkiesing, verwerp.
‘Afvallige’ ANC-LP Khoza herontplooi in parlement
Die uitgesproke ANC-LP Makhosi Khoza is herontplooi na die portefeuljekomitee van ekonomiese ontwikkeling nadat sy verlede maand as die voorsitter van ʼn ander komitee verwyder is.
Bloem-veespekulant weer in die hof
Reinhardt Verster (34), ʼn veespekulant van die Woodlands-landgoed in Bloemfontein wat in hegtenis geneem is in verband met veediefstal, het Dinsdag in die Ladybrand-landdroshof verskyn.
Ondersoek oor sterftes by Kusasalethu-myn
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het opdrag gegee dat geen steen onaangeraak sal word nie om die oorsaak van die ongeluk te bepaal wat gelei het tot vyf sterftes by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville.
NSFAS-student van diefstal aangekla
ʼn Saak van diefstal is by ʼn polisiestasie in Oos-Londen oopgemaak in verband met die oorbetaling van R14,1 miljoen aan ʼn student van die Walter Sisulu-universiteit.
Sportster in hof ná jaagtog
Happy Jele, ʼn sokkerspeler vir Orlando Pirates, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose bestuur en dat hy vinniger as die voorgeskrewe 120 km/h gery het.
ToekomsVenster: Die Fariseërs vra ʼn wonderteken uit die hemel
Jesus sien dwarsdeur hul opgesmuktheid. Hy weet alles. Hy laat Hom nie verlei nie.
Malema vang weer graad
Die EFF het in ʼn verklaring gesê Malema sal die graad tydens ʼn geleentheid op die Unisa-kampus in Pretoria ontvang.
Hierdie 12 vir SAUK-raad aanbeveel
Ná ʼn lang oggend van beraadslaging het die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie uiteindelik besluit op 12 mense wat hulle sal aanbeveel om op die raad van die SAUK te dien.
Talle kinders beseer in skoolbusongeluk
Sowat 48 skoolkinders is Dinsdagmiddag beseer nadat ʼn skoolbus op die N3-snelweg omgeslaan het.
Nog niemand aangekla oor ‘kinderarbeid’ in Vrystaat
“Om so baie minderjarige kinders as arbeiders te vind, is ondenkbaar en word ten sterkste veroordeel. Ons het drie verskillende sake van kinderarbeid teen werkgewers aanhangig gemaak by die SAPD.”
SA sangeres ‘verwerk nog seer’ ná pa se skielike afsterwe
“Dit was ʼn geweldige skok en ons is nog besig om dit te verwerk. ’n Mens kry amper nie eens ʼn woord agter mekaar gesê nie. Dit is ongelooflik seer.”
Drie sterf, tien beseer toe bakkies bots
Drie mense is dood en tien beseer nadat twee bakkies Dinsdagoggend gebots het.
Voormalige ANC-hoë sterf ná skietvoorval
“Dit is met groot hartseer dat ons die nuus van die afsterwe van hierdie jong leeu en een van ons beweging se dapperste en vreesloosste vegters ontvang het.”
[Resep] Bruinrys en lensies
Het jy geweet dat bruinrys en lensies saam ’n volledige proteïen vorm?
Van klim en klouter na kliek (en kreun)
Só raak tegnologie elke deel van jou en jou kind se liggaam.
35 wenke om veilig op jou plaas te wees
Deur net een of twee van onderstaande wenke te begin toepas, kan jy dalk voorkom dat jy ’n slagoffer word.
Die kool is dié keer die Sous werd
Dit sal geen verrassing wees nie as Franco Mostert ʼn welverdiende ruskans in Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen Australië in Perth gegun word.