Universiteite is veronderstel om afgeronde jong mense te lewer wat toegerus is vir die werklike en beroepslewe, maar dit lyk soms of universiteitsbesture hierin nie ’n voorbeeldige voorbeeld stel nie, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Is die Afrikaner in 1994 ook bevry?
Die Afrikaner het saam met ’n wavrag “strafmaatreëls” inderdaad ook in die nuwe bedeling nuwe regte en vryhede gekry, maar daar is ’n poging – ook vanuit eie geledere – om daardie regte en vryhede deur skuldgevoelens te onderdruk, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Mosie van wantroue in Zuma
Agang se poging om ’n mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma in te stel, mag lomp wees, maar vlek nogtans die mate waartoe die ANC die demokrasie verkrag oop, skryf Herman Toerien. Hy stel oplossings voor.
Nuuskommentaar: Tersiêre Afrikaans en kulturele volksmoord
Unesco het die verwoesting van beelde uit die Assiriese era deur die IS aan kulturele volksmoord gelykgestel, maar hoe naby kom die aanslag teen Afrikaans op tersiêre onderwysvlak en die pleknaamveranderinge in Suid-Afrika ook daaraan?
Nuuskommentaar: Hou ANC kiesers ter wille van stemme arm?
Pleeg die ANC sedisie (oproerige handelinge of opruiende toesprake teen die staat se gesag wat openbare veiligheid bedreig) teen die regering deur ter wille van steun die massas arm te hou? Herman Toerien vra dié vraag nadat hy dr. Frans Cronjé se artikel in Rapport hieroor gelees het, asook ander nuusgebeure oorweeg het.
Nuuskommentaar: Skiet die boer; skiet ’n volk – skiet ’n nasie
Om in ’n land wat volhou om van die wêreld se beste boere op te lewer (wat dikwels onder erg marginale omstandighede boer soos die huidige droogte toon) daardie landbouers stief te behandel, doen nie die land enige guns nie, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Van Kubane tot spioene
“Die ANC-regering het nog nooit sy hegte bande met die Kubaanse bewind probeer verdoesel nie, maar dit lyk of dit nou behoorlik momentum begin kry. Is dit nie ’n vorm van mensehandel wat plaasvind nie?” vra Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Ligter oomblikke voor begrotingsrede
Uit die geskiedenis is daar talle staaltjies van hoe rumoerig die Namakwalanders vir die agbare politici kan raak as hulle meen hulle word met taksgeldjies onnodig gesnoep, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Begroting ʼn Tekleinding vir politieke kombers?
Gaan minister Nene in sy vuurdoop – die moeilikste begroting sedert 1994 – soos sy voorgangers daarin slaag om die spreekwoordelike haas uit die hoed te pluk, of het die ANC se kwaal van onbekostigbare beloftes te midde van onnodige uitgawes hom ingehaal?
Nuuskommentaar: Fopspeen vir Afrikaner?
Dis moeiliker om te bepaal wanneer mense met minder edel motiewe die Afrikaner met mooi woorde oor die grondwet ’n fopspeen in die mond probeer druk, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Raak Suid-Afrika lag-lag onregeerbaar?
Gegewe die hoë vlakke van frustrasie is dit te verstane dat die land in 2014 die hoogste vlak ooit in gewelddadige proteste ervaar het, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Die (l)agbare president, sy “intelligensie”-diens, parlegate en die kokkerot
Waar Watergate sy “deep throat” opgelewer het, lewer parlegate nou net ʼn grinnikende president op – terwyl van hom verwag word om sy kop in skaamte te sak, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Ballingskap in eie land
Die gebeure in die boek Nehemia kom sterk ooreen met die posisie waarin Christene, die Afrikaner en ander minderhede hulle nou in Suid-Afrika bevind, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Treurig oor Treurgrond-twis
‘n Bitter twis het uitgebreek oor iets waaroor alles Suid-Afrikaners eendragtig saam behoort te staan: plaasmoorde. Dit is ’n ideologiese stryd waar die rolprent, ‘Treurgrond’ en die feit dat Steve Hofmeyr die hoofrol vertolk, as slaansak gebruik word.
Nuuskommentaar: Fasade van beeldbou-aksie vir Zuma afgeruk
Die strategie om pres. Jacob Zuma ʼn presidensiële aanskyn te gee, moes met die staatsrede ’n hoogtepunt bereik, maar het skouspelagtig geboemerang, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Verkorte ‘weergawe’ van Zuma se ‘veronderstelde’ en ‘verwagte’ staatsrede
Herman Toerien het twee tong-in-die-kies verkorte “staatsredes” voorberei – een wat pres. Zuma “behoort” te lewer, en een wat “na verwagting” gelewer gaan word.
Nuuskommentaar: Behoort Zuma die staatsrede te lewer?
Herman Toerien bespiegel of Zuma die geskikte persoon is om ‘n staatsrede te lewer na al die omstredenheid waarin hy beland het.
Nuuskommentaar: Wat is die ergste: Derde Wêreldoorlog of Zuma?
Herman Toerien ontleed die huidige verwikkelinge in Oekraïne wat in beginsel die potensiaal inhou om ’n Derde Wêreldoorlog te laat ontbrand.
Nuuskommentaar: Ras (en vermeende rassisme) in die kookpot
Kan daar veel waarde geheg word aan pres. Jacob Zuma se Sondagpraatjies oor rassisme wat opgelos moet word? Herman Toerien meen veel meer as praatjies is nodig.
Nuuskommentaar: KKNK se nag van lang messe
Wanneer die KKNK-ringkoppe die kunste wil reguleer om die opwelling van rassisme hok te slaan, is die blote klap na simptome (aan die een kant) ’n baie oppervlakkige manier van doen, skryf Herman Toerien.