ʼn 70-jarige vrou is Dinsdag helder oordag by haar huis in Grahamstad in die Oos-Kaap aangeval en beroof.
Alles vir die maand September 2013
Steve Hofmeyr kom regering by in nuwe liedjie
Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem.
Slagoffers ry 1000km op kwadfietse vir bewusmaking oor plaasmoorde
Vyf slagoffers wat plaasaanvalle oorleef het, gaan met die samewerking van AfriForum van 26 tot 29 September 2013 ’n roete van 1000 kilometer met kwadfietse vanaf Johannesburg na Durban ry ter bewusmaking van plaasmoorde.
“As ek reg onthou” – Deon Opperman wys sy staal by Aardklop
Twee van Suid-Afrika se beste akteurs, een verhoog, een uitstekende draaiboek maak van “As ek reg onthou” een van die móét sien-stukke by vanjaar se Clover Aardklop-kunstefees.
AfriForum stel Zeerust Veiligheidnetwerk bekend
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Woensdagaand ʼn openbare vergadering in Zeerust hou waar die organisasie ʼn veiligheidsnetwerk van stapel sal stuur.
Spoedvraat teen 225km vasgetrek
Die bestuurder van ʼn wit Volkswagen Golf GTI is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy 225km/h in ʼn 120km/h-sone op die N1-deurpad naby Midrand in Gauteng gejaag het.
Gary Player, King skik buite hof oor dispuut
Gary Player en die omstrede sakeman, Dave King, het ooreengekom om buite die te hof skik nadat King vroeër vanjaar R33,4 miljoen van die Suid-Afrikaanse gholflegende geëis het, het Beeld Woensdag berig.
Ivoor-stropery befonds glo terrorisme
Volgens die internasionale Environmental Investigation Agency (EIA) ontvang die terroristegroep Al-Sjabaab hope geld weens die smokkel van ivoor en renosterhorings, het Beeld Woensdag berig.
Nuuskommentaar: My erfenis is vir my mooi
“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”
Vrou vas vir Montecasino-lyk
ʼn 24-jarige vrou is in Douglasdale in hegtenis geneem in verband met die ontbinde liggaam van ʼn man wat oor die naweek in ʼn kattebak van ʼn voertuig by Montecasino in Fourways, Johannesburg, gevind is.
SA-vrou in Kenia vermis
ʼn Suid-Afrikaanse vrou word in Kenia vermis en is vermoedelik dood, het The Star Woensdag.
Nuwe eiland ná groot aardbewing 210 lewens eis
‘n Klein eiland aan die kus van die Arabiese See langs die kus van Pakistan is die tasbare getuienis van ‘n kragtige aardbewing met sy episentrum sowat 250 kilometer noord daarvandaan die binneland in.
Dischem moet opdok ná klant seerkry
Die hooggeregshof in Pretoria het beslis dat Dischem en ʼn voormalige werknemer aanspreeklikheid moet aanvaar nadat ʼn klant in een van hul winkels beseer is, het The Star Woensdag berig.
Vermiste visserman se lyk gevind
Die lyk van ʼn visserman is Dinsdag in die see tussen Kleinmond en Hawston in die Wes-Kaap gevind.
Drie sterf in motorfietsongeluk
Drie mense is Dinsdag dood nadat twee motorfietse reg van voor gebots het in Lanseria, Johannesburg.
Gedagte vir die dag: Die waarheid…ongeag
Eksodus 20:16– Jy mag nie vals getuienis gee nie. In ’n ideale wêreld sal ons nooit hoef te wonder of iemand betroubaar is nie. Maar…
Kenia-bloedbad verby – Keniaanse president
Die bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia is verby. Die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta het bevestig dat 11 aanvallers aangekeer is terwyl nog vyf in die slagting dood is. Die aanvallers was verantwoordelik vir die dood van minstens 61 burgerlikes en ses soldate.
Pakistan-skudding eis 39
Minstens 39 mense is dood en tussen 15 en 20 mense is beseer in ’n kragtige aardbewing wat die provinsie van Baluchistan in die weste van Pakistan vanoggend geskud het.
Al-Shabaab dreig met nóg aanvalle
Die militante groep, Al Shabaab, wat erken het dat hulle vir die Westgate-bloedbad in Kenia verantwoordelik is, het met nóg aanvalle gedreig indien Kenia nie dadelik hul troepe in Somalië onttrek nie.
Amcu wil Amplats-afleggings met staking keer
Lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU) gaan Vrydagoggend begin staak in ʼn poging om grootskaalse afleggings by Anglo American Platinum (Amplats) te stuit.