Die Blou Bulle Rugbyunie en sy spanne het oor die eerste 75 jaar sedert die afstigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1938 gevestig as leier op die veld en in die raadsale. Die Bulls franchise het in dié voetspore gevolg en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat die Superrugbykompetisie gewen het – en het die sommer drie keer reggekry!
Alles vir die maand November 2013
Noue ontkoming ná trein voertuig tref
ʼn Trein het Woensdag ʼn voertuig in Umgababa naby Durban getref en “wonderbaarlik” het die insittendes nie ernstige beserings opgedoen nie.
Uitdrukking: Jou stokperdjie ry
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “Jou stokperdjie ry” en hoe dit gebeur het dat dié speelding verwys na iets wat mens graag doen.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde binne die SA-konteks
Alle paaie lei gewoonlik na Rome, maar die afgelope paar weke het van die belangrikste paaie na Genève gelei. Genève is waar die ooreenkoms oor Iran se kernvermoë onderteken is, en waar AfriForum pas die aandag van die wêreld op plaasmoorde geplaas het.
Foto’s: Mpuma-polisie soek dié drie voortvlugtendes
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur nadat drie verhoorafwagtende gevangenes op 26 November uit polisieaanhouding in Middelburg, Mpumalanga, ontsnap het.
Veiligheid opgeskerp by Malema-verhoor
Die polisie is op hoë gereedheid geplaas vir Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se hofverskyning Donderdag in die rondgaandehof in Polokwane. Ses strate rondom die hof is afgesper en gesluit vir verkeer.
Ses week oue baba verkrag
ʼn 24-jarige man verskyn Donderdag in die hof nadat hy na bewering laat Dinsdagaand ʼn ses weke oue baba in die Noord-Kaap verkrag het.
E-tolsage duur voort
Selfs in ‘n moderne eerste wêreldland soos Portugal het 21% van alle motoriste geweier om tol te betaal. Dit het die baas van EP (Estrada de Portugal) gedwing om toe te gee dat die verhalingskoste van gelde verskuldig deur die halsstarrige 21% net soveel kos as die e-tol wat hulle glo moes betaal het, skryf Bernard K Hellberg.
Foto’s: E-tolwinkels stil
SAPA het Woensdag by verskeie e-tolwinkels regoor Gauteng foto’s gaan neem en dit was oral relatief stil. Die e-tolwinkels is in winkelsentrums regoor die provinsie opgerig.
Geen Nkandla-program, sê e.tv
ʼn Artikel wat beweer dat e.tv ʼn program oor die huisvroue van Nkandla gaan uitsaai is lasterlik, het die kanaal in ʼn verklaring gesê.
Valke maak reuse-dwelmvonds
Die Valke het Woensdag op dwelms met ʼn straatwaarde van R75 miljoen beslag gelê in Kempton Park aan die Oos-Rand.
Gedagte vir die dag: Vreugde is om God te bewonder
Jesaja 57:15 – “So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in ‘n…
Rekenaars en tablette verpligtend vir UJ-studente
Eerstejaarstudente aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) sal in 2014 óf ʼn skootrekenaar óf ʼn tabletrekenaar vir hul studies benodig.
Sanral is “desperaat vir entoesiasme” – Outa
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag gesê daar is ʼn reuse verskil tussen teësinnige nakoming van en die entoesiastiese ondersteuning van die e-tolstelsel.
Verkragtingsvraag: Matrieks was “onvoorbereid”
Matrieks wat aanstoot geneem het oor ʼn vraag in ʼn drama-vraestel wat verband hou met babaverkragting, was onvoorbereid, het eksamen-owerhede Woensdag gesê.
Zuma onderteken privaatheid-wet
President Jacob Zuma het kragtens artikel 84 (2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika Woensdag die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting onderteken.
Pianis vrygespreek oor “geraasbesoedeling”
Laia Martin, ʼn 27-jarige professionele pianis van Spanje is vrygespreek op aanklagte van geraasbesoedeling en dat sy sielkundige skade vir ʼn buurvrou veroorsaak het.
Renosterhorings en ivoor terug uit Hong Kong
ʼn Besending ivoorprodukte en renosterhorings met ʼn geskatte waarde van R23 miljoen op die swartmark is na Suid-Afrika toe teruggebring.
Drie wolwe geskiet ná hulle uit dieretuin ontsnap
Een wolf het Dinsdag paniek gesaai in die suide van Engeland toe ʼn groep van vyf wolwe uit ʼn dieretuin ontsnap het.
Video: Welkom-moord: “Een van die grusaamste moorde wat ek nog gesien het”
Die staat het Paul Nqakalatsane se verweer dat hy Carmen van der Westhuizen uit selfverdediging doodgemaak het, uitmekaar geruk.