Prins Charles en sy seun, prins William, het ʼn video gemaak waarin hulle die beskerming van natuurlewe bepleit en versoek dat die onwettige handel van wildleweprodukte, soos ivoor en renosterhoring, gestaak moet word.
Lees meerAlles vir Sondag 9 Februarie 2014
Video: Beste advertensie wen $1 miljoen
ʼn Enkellopende pa het prysgeld van $1 miljoen (R11 miljoen) ontvang vir sy Doritos-advertensie vir die Super Bowl wat hom minder as $300 gekos het om te maak.
George Louca uitgelewer aan SA
Die man wat gesoek word in verband met die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, is aan Suid-Afrika uitgelewer, het die polisie Sondag gesê.
“Die land brand en Zuma rus in Nkandla”
Mmusi Maimane, die DA se premierskandidaat vir Gauteng, het Sondag gesê pres. Jacob Zuma ontspan in Nkandla terwyl die land brand.
Skilderye oor e-tol-zombies verkoop gou
Die kunstenaar Mike Woolfson kry goeie terugvoer oor sy skilderye wat uitbeeld hoe Suid-Afrikaners in zombies verander weens e-tol, belasting, heffings en lisensiegelde, berig Moneyweb.
Meer as 1 miljoen registreer oor die naweek – OVK
Meer as een miljoen mense het oor die naweek geregistreer om te stem, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Sondag gesê.
Korkie-‘bemiddelaar’ se geloofwaardigheid bevraagteken
Bewerings deur ʼn onbekende bemiddelaar dat Al-Kaïda-militante Pierre Korkie nie sal teregstel nie, is dalk vals, het die organisasie Gift of the Givers Sondag gesê.
Solidariteit en SAL arbeidshof toe oor rassediskriminasie
Die vakbond Solidariteit en South African Airways Technical (SAAT), die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), pak mekaar Maandag in die arbeidshof in Johannesburg oor die SAAT se onbillike raspraktyke.
Misdaadintelligensiesaak: Richard Mdluli gedagvaar as getuie
Die vakbond Solidariteit verwag dat huidige en voormalige hooggeplaaste polisielede, insluitend lt.genl. Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, sal getuig in ’n saak van onbillike arbeidspraktyke wat Maandag ’n aanvang in die arbeidshof in Johannesburg neem.
Malema glo EFF gaan wen
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is vol vertroue dat sy party die algemene verkiesing op 7 Mei gaan wen.
PE-ongeluk eis 6
Ses mense is Sondagoggend dood en 11 beseer na ʼn ongeluk op die N2 sowat 30 km suid van Port Elizabeth.
Dood tydens skietery in Russiese kerk
‘n Non en ‘n ander kerkganger is Sondag in ‘n kerk op die Russiese eiland, Sachalin doodgeskiet, en nog ses mense gewond. Die skieter word aangehou.
Bitter koud in Japan, snikheet in Australië, nat in Brittanje
Minstens vyf mense is dood en sowat 600 beseer in die ergste sneeuval in dekades wat sedert die aanbreek van die naweek oor dele van Japan uitgesak het.
Zuma se seun ondervra oor noodlottige ongeluk
Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, sal na verwagting vandeesweek deur die polisie ondervra word nadat hy glo in ʼn ongeluk betrokke was waartydens ʼn vrou dood is en twee ander persone kritiek beseer is, het die Sunday Times berig.
JHB-man skiet glo op polisie ná moord
ʼn Man het Saterdag in Johannesburg se middestad glo ʼn ander man doodgeskiet en toe op die polisie losgebrand.
Noordwes-vloede: Dodetal styg
ʼn 41-jarige man is dood toe hy in Noordwes deur ʼn weerligstraal getref is.
14 beseer in skoolbusongeluk
Veertien mense is beseer toe ʼn BMW Saterdag op die R28 in Krugersdorp in Gauteng agter in ʼn skoolbus vasgery het.
Gedagte vir die dag: Kweek Christenetiket en goeie maniere
Kolossense 4:5-6 – Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.Wat julle sê, moet…