Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en drie ander mans word ondersoek in verband met ʼn beweerde padwoede-aanval wat Dinsdagaand in Polokwane, Limpopo, plaasgevind het.
Alles vir Woensdag 26 Februarie 2014
Video: Ekonomiese krisis verkort lewensverwagting – studie
Ses jaar ná ‘n ekonomiese krisis is die gemiddelde lewensverwagting van mense nege maande korter as gewoonlik.
Kleinsake-georiënteerde begroting sal ekonomie laat groei
AfriSake sal vandag die begrotingstoespraak van min. Pravin Gordhan fynkam ten einde te bepaal hoe kleinsake-vriendelik die regering is.
Polisie soek vermeende Bloem-verkragter
Die Provinsiale Speurtak in Bloemfontein is op soek na ʼn 19-jarige man wat vroeër in verband met misdade in 2012 in hegtenis geneem en toe weer vrygelaat is.
Nuuskommentaar: Pik op PUK, persvryheid en billikheidsdoktrine
Met die bekendstelling van die #proPuk-veldtog Woensdagoggend is die stryd oor hoe die Puk-saluutkwessie hanteer word, tot nuwe vlakke gevoer.
Solidariteit se #ProPUK-veldtog
Solidariteit begin Woensdag met ʼn #propuk-veldtog waar mense hul steun aan die dispuut teen Beeld kan gee.
Vrystaat-vrou keelaf gesny, moontlik verkrag
ʼn Huishulp het Dinsdagoggend op die liggaam van haar 57-jarige werkgewer in dié se woonstel in Virginia in die Vrystaat afgekom.
Vyf onwettige myners se liggame gevind
Die liggame van vyf onwettige mynwerkers is Dinsdag naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.
Vermoorde skoolmeisies: Tienerseuns weer in hof
Twee tienerseuns verskyn Woensdag weer in die Protea-landroshof nadat twee skoolmeisies van Johannesburg verlede week in ʼn vermeende sataniese ritueel vermoor is.
Video: Baba op sypaadjie gebore
ʼn Vrou van New York in Amerika moes Maandagmiddag in die winter op ʼn yskoue sypaadjie kraam toe haar babadogtertjie nie vir die hospitaal wou wag nie.
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Die direksie van Media24 en die topbestuur het volle vertroue in Adriaan Basson as redakteur.
Bakkery se onsmaaklike Oscar-koekies
ʼn Gewilde bakkery in Kaapstad, Charly’s Bakery, moes Dinsdag om verskoning vra nadat sy reeks Oscar Pistorius-koekies ʼn wrang smaak in die mond gelaat het.
Vrou beseer toe trein motor tref
ʼn Vrou is beseer toe ʼn passasierstrein haar motor Dinsdag in Stellenbosch in die Wes-Kaap getref het.
Pinetown-ongeluk: Moordaanklagte teen trokbestuurder laat vaar
Moordaanklagte teen ʼn vragmotorbestuurder wat verlede jaar in Pinetown, KwaZulu-Natal die dood van 24 mense veroorsaak het, sal laat vaar word.
Loterywenner in hof oor diefstal
ʼn Voormalige loterywenner wat daarvan beskuldig word dat hy R250 gesteel het, het Dinsdag in die Pietermaritzburg-streekshof verskyn.
Amcu-lede vas oor poging tot moord
Twee mans is in hegtenis geneem vir poging tot moord op ʼn myner by Anglo American Platinum se Khuseleka 1-skag naby Rustenburg.
Polisie steeds op bystand vir onwettige myners
Die polisie, metropolisie en nooddienste is steeds op bystand indien enige van die onwettige myners uit ʼn verlate myn in Benoni, Gauteng kom.
ANC-jeugliga geskok oor Zille-uitlatings
Die ANC-jeugliga het sy skok uitgespreek oor Helen Zille, leier van die DA, se uitlatings oor twee joernaliste op Twitter.
Eskom waarsku oor wintermaande
Malusi Gigaba, die minister van openbare ondernemings, het Dinsdag gesê die elektrisiteitstoevoer sal tussen April en Julie onder erge druk verkeer.
Gedagte vir die dag: Leef met ʼn dankbare hart
Psalm 89:2 – Ek sal altyd liedere sing oor die Here wat so goed is vir my omdat Hy my liefhet. Ek sal vir almal…