Danie Botha versamel hier sy kortverhale, rubrieke, artikels en gedigte waarin hy sulke dae in sy lewe so helder moontlik probeer oproep. Die helderheid ontstaan onder meer met die gebruik van erns, sensitiwiteit én humor.
Alles vir Vrydag 25 Julie 2014
Nuuskommentaar: Links, regs, links regs… vir Afrikaans
Die Hoër Onderwys Transformasienetwerk (HETN) het die Puk-studente wat gister ‘n optog gehou het om aan te dring op hul grondwetlike reg vir onderrig in Afrikaans, “regs” genoem. Die vakbond Solidariteit het sy steun aan die studente toegesê, terwyl die HETN Solidariteit, AfriForum en die AWB ook as regs beskryf het.
Tiener van Indië 232 tande kwyt
‘n 17-jarige tiener van Indië wat mediese hulp in Mumbai gaan soek het vir ‘n erge swelling in sy kaak, is ná ‘n operasie 232 “surplustande” kwyt.
Nóg ʼn ongeluk by kruising eis 7
Sewe mense is Vrydagoggend op die R40 naby Rockydrift in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga dood en een is kritiek beseer nadat ʼn minibustaxi omgeslaan en verskeie kere gerol het. Tien toeriste is Donderdag by dieselfde kruising ernstig beseer.
Voortvlugtende vas oor tieners se ontvoering, verkragting
ʼn 36-jarige man van Gauteng verskyn Vrydag in die hof op aanklagte van verkragting en ontvoering.
Video: Ons monde sal nie gesnoer word nie, sê PUK-studente
Dan Kgwadi, visekansellier van die Noordwes-Universiteit, het Donderdag tydens ʼn studente-optog gesê hy verwelkom die feit dat studente hul stem laat hoor en dat hy opgewonde is om met hulle in gesprek te kan tree.
Sleepdood: Duisende woon roudiens by
Duisende mense het Donderdagaand in Reigerpark, Boksburg, saamgekom vir ʼn roudiens vir Taegrin Morris, die vierjarige seuntjie wat kilometers ver langs sy ouers se gekaapte motor gesleep is.
Springs-gruwelhuis: Ouers weer in hof
Die ouerpaar wat glo hulle vyf kinders jare lank in ʼn huis in Springs aangehou en mishandel het, sal na verwagting weer Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Ramaphosa wil uitreik na Afrikaanses oor die volkslied
Suid-Afrikaanse leiers moet uitreik na Afrikaanssprekendes sowel as ander gemeenskappe rakende hulle bekommernis oor die sing van die volkslied, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa gesê.
‘Brand e-tolrekeninge’, sê Cosatu
Cosatu sê motoriste in Gauteng moet voortgaan om die provinsie se hoofweë te gebruik sonder om hul e-tolrekeninge te betaal.
Gedagte vir die dag: Doen slegs u wil, Heer
Jeremia 18:2-4 – Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. Ek is toe af na die pottebakker se…