Boggomsbaai is ʼn splinternuwe Afrikaanse radiovervolgverhaal van byna vyf maande wat van vandag af op verskeie gemeenskapsradiostasies dwarsoor die land gehoor kan word.
Alles vir die maand Oktober 2014
Alberton-ongeluk: Trokbestuurder kry borg
Isaac Wade Maruding, die vragmotorbestuurder wat glo op 14 Oktober die noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg veroorsaak het, is Maandag op borgtog vrygelaat.
“Word ons almal maar net nog misdaadstatistieke?”
Die Afrikanerbond het Maandag in reaksie op die moorde op Senzo Meyiwa en Johan Janse van Rensburg gesê hulle is bekommerd dat die slagoffers met verloop van tyd, maar net nog misdaadstatistieke word.
Splinternuwe radiovervolgverhaal kry ʼn eie lewe op sosiale media
“Boggomsbaai” is ʼn splinternuwe Afrikaanse radiovervolgverhaal van byna vyf maande wat van vandag af op verskeie gemeenskapsradiostasies dwarsoor die land gehoor kan word.
Montecasino-moord: Verhoor tot 2015 uitgestel
Die twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man vermoor en sy liggaam in die kattebak van ʼn motor by Montecasino gelos het, se moordverhoor sal eers in 2015 hervat nadat dit Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, uitgestel is.
Video: Renate Barnard gaan voltyds teen rassekwotas veg
Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat Renate Barnard, die voormalige luitenant-kolonel in die SAPD, uit die private sektor bedank het. Sy gaan haar stryd teen rassekwotas voltyds voortsit en het by Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke aangesluit.
Motoris beboet oor spoed; vas na hy wéér jaag
ʼn Motoris wat deur die Ekurhuleni-metropolisie van die pad afgetrek en beboet is vir ʼn spoedoortreding, is oomblikke daarna in hegtenis geneem nadat hy weer ʼn spoedoortreding begaan het.
WAT Woord van die Week: holderstebolder
Waar kom die woord “holderstebolder” vandaan? Lees vandag se Taaltoffie om uit te vind!
Taaloorlewing en taalbevordering
Taalverskuiwing is dikwels die gevolg van die onvermoë van ’n gemeenskap en sy leiers om in te sien dat hulle iets moet doen om hul eie taal te behou. Maar ewe noodsaaklik vir taalhandhawing is die wil om die bedreigde taal te laat voortbestaan, skryf prof. Jaap Steyn.
Leeudoringstad-plaasmoord: Boer was ʼn bekende vegter vir gemeenskapsveiligheid
Johan Janse van Rensburg, die boer wat Saterdag tydens ʼn plaasaanval naby Leeudoringstad in Noordwes vermoor is, het ʼn passie vir die veiligheid van sy gemeenskap gehad en het ʼn groot rol gespeel om die gebied se plaaswagstelsel op die been te bring.
Ek hou van rugby- Dagbreek saam met Pierre Spies
Die Springbok-rugbyspeler Pierre Spies stel sy musiektalent op hiedie snit ten toon; hy het in Afrikaans Hoër seunskool se koor gesing toe hy op hoërskool…
Nuuskommentaar: Skop internasionale isolasie van apartheidsjare nou eers in?
“Moderne tegnologie maak van die wêreld ’n neutedop. Tog, so lyk dit, tree daar tog ’n mate van kennis-isolasie in,” skryf Herman Toerien.
Senzo Meyiwa-moord: Misdaad neem krisisafmetings aan, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag gesê hy veroordeel die moord op Senzo Meyiwa, kaptein en doelwagter van Bafana Bafana en Orlando Pirates.
Veilig- Jack Parow en Janie Bay
Daar is nie baie van Jack Parow se liedjies wat “radiovriendelik” is nie, maar hier is een wat is, en ‘n groot treffer kan word.
Maroela Media Top 20 27 Oktober 2014
Hier is Maroela Media se Top 20 vir vandeesweek; die eerste twee plekke is steeds onveranderd, maar Dewald Wasserfall skuif op na die derde plek…
Vrou sterf toe bakkie vir bokse uitswaai
Die Potchefstroom-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn 33-jarige vrou in ʼn ongeluk gesterf het.
Matrieks begin met eindeksamen
Altesaam 688 660 matrikulante is ingeskryf om Maandag met die 2014 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te begin.
Ambulans met pasiënte gekaap
ʼn Ambulans is Sondag in KwaMakhutha, suid van Durban in KwaZulu-Natal gekaap.
Bafana Bafana-kaptein doodgeskiet
Senzo Meyiwa (27), kaptein en doelwagter van Bafana Bafana, is Sondagaand doodgeskiet, het die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) Sondag gesê.
Gedagte vir die dag: Hoop, vreugde en vrede
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13)