Die akrobatiese Billy en Emily het beoordelaars van die televisieprogram, Britain’s Got Talent, se monde behoorlik laat oophang met hul rolskaatsvertoning.
Lees meerAlles vir Dinsdag 5 Mei 2015
R12.5 miljard aan Sanral
Die minister van vervoer het Dinsdag gesê die regering sal vanjaar ʼn kontantoorbetaling van R12.5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) maak.
Man vas ná aanval op plaasarbeider
ʼn 26-jarige man is in Balfour in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Blinkpoort, Heidelberg in Gauteng.
SAMWU betoog Woensdag in Kaapstad
Die stad Kaapstad het Dinsdag ʼn kennisgewing aan inwoners en sake-ondernemings in die middestad van Kaapstad uitgestuur dat lede van SAMWU Woensdag ʼn optog na die Burgersentrum sal hou om ʼn memorandum aan beamptes van die stad te oorhandig.
Tweede SA tiener wou by IS aansluit
ʼn Tweede tiener van Kaapstad is verlede maand deur staatsveiligheidsdienste verhoed om by die Islamitiese Staat (IS) aan te sluit, het David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, Dinsdag bevestig.
Gru-ongeluk eis 8 staatsamptenare
ʼn Gru-ongeluk op die N2-hoofweg naby Swellendam in die Wes-Kaap het Maandag die lewens van agt beamptes van die departement van korrektiewe dienste geëis en nog vier is ernstig beseer.
ToekomsVenster: Heel mense in die huwelik
Raak ook prakties en skryf ’n brief aan God om dankie te sê vir jou huweliksmaat. Gee dit dan aan jou man of vrou.
Vrou geopereer ná aanval in veiligheidskompleks
Die vrou wat Dinsdagoggend vroeg saam met haar man in ʼn veiligheidskompleks in Polokwane oorval is, is Dinsdagmiddag glo geopereer om haar steekwonde te heg.
Van Coke Kartel neem bekende snitte op
Van Coke Kartel is ’n groep wat beslis nie gras onder sy voete laat groei nie.
Resep: Ystervarkies
Maak lekker ystervarkies vir teetyd.
SA-reddingspan keer terug uit Nepal
Die Suid-Afrikaanse soek-en-reddingspan in Katmandoe in Nepal wat vir langer as ʼn week reddingsendings in die rampgebied gedoen het, sal Dinsdagaand na Suid-Afrika terugkeer.
Video: Raadslid vergeet om sy mikrofoon af te skakel – toe die natuur roep
ʼn Video van ‘n humoristiese voorval waartydens ‘n burgemeester vergeet het om sy mikrofoon af te skakel toe hy die badkamer gebruik het, word wyd op sosiale media versprei.
Man brand dood ná hy vrou met byl aanval
ʼn 52-jarige man van Noordwes is dood nadat hy sy vriendin met ʼn byl aangeval het en toe sy huis met homself daarin aan die brand gesteek het.
Krisisberaad: Só sê beraadgangers
Beraadgangers is gevra om hul standpunt te stel oor die tema van die beraad, “Hier om te bly,” en om positiewe voorstelle vir moontlike oplossings vir krisisse in die land te maak.
Uitdrukking: Die kêreltjie met die kurkhoed soen
Al ooit hierdie uitdrukking teëgekom? Taaltoffie stel ondersoek in: “Die kêreltjie met die kurkhoed soen”
Kimberley-polisie op soek na 4 wat glo verkrag
Die polisie in Kimberley is dringend op soek na vier mans wat betrokke was by drie afsonderlike verkragtingsvoorvalle in dié Noord-Kaapse dorp die afgelope paar maande.
Afrikaans 90: Die sterk saak vir Afrikaans
“Die beste raad wat ek vir ’n student kan gee, is dit: Skryf in Afrikaans totdat jy dit bemeester het. Jy sal verbaas wees oor hoeveel ’n stewige Afrikaanse basis jou help om ook in Engels vlot te skryf,” skryf Hermann Giliomee.
Mosie van wantroue teen Zuma-regering ingestel – Solidariteit Beweging
Die Solidariteit Beweging het op die krisisberaad in Pretoria ’n mosie van wantroue teen die regering van pres. Jacob Zuma aanvaar.
“Ons sal ons nie laat uitvee nie, mnr Zuma,” sê Danie Langner
“Ons storie, geskryf oor drie eeue, wys duidelik ons is bouers, nie brekers nie. Ons skep momente en bou monumente. Elke monument is ʼn uitroepteken van ons intellektuele prestasies, ons identiteitstradisie, ons aristokratiese ideale en ons geloofsvertroue in God wat voorsien.”
Krisisberaad: Meneer die President, ons sal ons nie laat uitvee nie
Meneer die President, u sal ook ontdek Afrikaners sal nie uitgevee word nie!