Clive Derby-Lewis het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria by monde van sy regsverteenwoordiger vir Limpho Hani, weduwee van die voormalige SAKP-leier Chris Hani, om verskoning gevra.
Alles vir die maand Mei 2015
Luister: Steve Hofmeyr wil die politiek betree
Die sanger Steve Hofmeyr meen die tyd is ryp vir hom om die politiek te betree.
Noodoperasie vir tiener ná mikrovliegtuig neerstort
Jannie Snyders (16), die seun wat kritiek beseer is nadat ʼn mikrovliegtuig waarmee hy en sy oom gevlieg het in Limpopo neergestort het, moes Sondagaand ʼn noodoperasie ondergaan.
E-tol: ‘Betalende motoriste wen al die pad’
Die besluit om padgebruikers afslag te gee op hul uitstaande e-tolrekeninge in Gauteng is nie tot die nadeel van motoriste wat sedert die begin van die stelsel hul rekening betaal het nie, sê Sanral.
Nuwe vrystellings: 25 Mei 2015
Hier is ‘n aantal nuwe snitte wat pas vrygestel is en in aanmerking kom vir Maroela Media se Top 20
Luister: Voorgestelde wysigings aan Drankwet veroordeel
Die Drankwet is nou in die visier van die departement van handel en nywerheid.
WAT Woord van die Week: hanepoot
Jy dink dalk nooit weer dieselfde oor hanepootdruiwe as jy eers geleer het waar dié woord vandaan kom nie!
Marble Hall-ongeluk: Hof sal oor aanspreeklikheid besluit
Die gru-ongeluk buite Marble Hall waarin elf mense dood is en die Terblanche-gesin kritiek beseer is, word steeds ondersoek om te bepaal of iemand aanspreeklik gehou sal word.
Hoe het die Voortrekkers ʼn bootvormige hartbeeshuis gebou?
Hannes Raath, ’n kundige op die gebied van volksargitektuur, bekyk in hierdie week se artikel hoe die Voortrekkers ’n bootvormige hartebeeshuis gebou het en fokus veral op die dakbedekking van die soort huise.
Oom Herrie se kerrie: Die ringsitting
Die Herries se gemeente was die naweek gasheer vir ’n ringsitting wat oom Herrie laat dink aan dié ou storie.
Foto’s: Onwettige straatwedren eindig tragies vir ‘deelnemer’
ʼn Man wat na bewering Sondag in die vroeë oggendure aan ʼn onwettige straatwedren in Kaapstad deelgeneem het, is dood nadat hy glo beheer oor sy motor verloor en gebots het.
Maroela Media Top 20: 25 Mei 2015
In vandeesweek se Top 20 is daar 11 snitte wat styg, ses wat daal, een in dieselfde plek as verlede week en twee nuwelinge.
Baba Aiden: ‘Hy het altyd gelag’ sê ma
“Aiden was ʼn vriendelike, uitspattige seuntjie wat altyd ʼn glimlag op sy gesig gehad het. Hy was woelig, maar ʼn rustige kind wat altyd gelag het. Hy was net so gelukkig en die heel mooiste kind.”
‘Petroldief’ op ongelukstoneel toe net omstander
ʼn Onskuldige omstander is as ʼn “petroldief” bestempel nadat daar foto’s op sosiale media versprei is van ʼn motorfietsbestuurder wat bloeiend langs die pad gelê het.
Maggi-noedels is veilig, sê Nestlé
Nestlé SA het Suid-Afrikaanse verbruikers verseker dat hulle steeds Maggi 2 Minute-noedels kan geniet, ondanks bewerings van loodbesmetting in Indië.
Nuuskommentaar: Zuma maak weer Van Riebeeck en Kie. die sondaars
Pres. Jacob Zuma het te lekker gelag vir sy eie “spitsvondigheid” toe hy op Afrikadag gesê het Afrikane het in vrede saamgeleef en baie pret gehad voordat “die ander” opgedaag het. Maar strook dié stelling met die werklikheid? Herman Toerien het in die Afrikageskiedenis gaan delf.
Man sterf, tiener beseer ná mikrovliegtuig in Limpopo neerstort
Wynand Karel Snyders (50) is Sondagoggend dood en ʼn 16-jarige seun, Johannes Snyders, is ernstig beseer nadat die mikrovliegtuig waarmee hulle gevlieg het in Limpopo neergestort het.
Sakeman wat glo vrou vermoor terug in hof
Rameez Patel (28), die sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou vermoor het, sal Maandag in die Polokwane-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Boek: Prooi
Fanie VIljoen is terug met ’n groot knal. Prooi, sy eerste volwasse roman beloof weer om die lesers én die kritici regop te laat sit. Prooi is ’n sielkundige riller wat die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry … en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.
17 vas vir spoed buite Jhb
ʼn 60-jarige man van Bramley is teen 148km/h vasgetrek in ʼn 60km/h-sone, het die Johannesburgse metropolisie gesê.