Gospel Skouspel 2014 was ‘n uitstekende vertoning waarna ‘n mens meer as een keer sal wil kyk.
Alles vir die maand Mei 2015
Limpopo-man doodgeskiet, vrou verkrag tydens huisbraak
ʼn 30-jarige man is in sy bed doodgeskiet en sy vrou deur twee mans verkrag gedurende ʼn huisbraak Maandag in die vroeë oggendure.
Resep: Lieftan se sagomelktert
Annette Human sê hierdie resep is haar ouma s’n. Hulle het altyd, wanneer hulle Kerstyd by haar op die plaas gaan kuier het, daarvan gekry.
Jhb-skrootmetaalhandelaar loop onder gewapende roof deur
ʼn Groep van 15 gewapende mans het Maandag op ʼn skrootmetaalhandelaar in Alexandra, Johannesburg, toegeslaan en die eienaar van R80 000 en twee motors beroof.
Uitdrukking: So bang vir iets wees soos die duiwel vir ’n slypsteen
Taaltoffie deel die verhaal agter die uitdrukking “So bang vir iets wees soos die duiwel vir ‘n slypsteen”.
Panayiotou-borgtogaansoek vervat in PE-hof
Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou se borgtogaansoek sal Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof hervat word.
Boek: Solitaire
Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle die suksesvolle juweliersonderneming en die huis in Tamboerskloof verkoop sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe weens Divan se verraad. Die eens suksesvolle juwelier, wat pryse vir haar werk losgeslaan het, se skeppingsdrang is daarmee heen.
Nuuskommentaar: Is VSA wêreldpolisieman en SA Afrika-redder?
Die “vrede en groot pret” wat Afrika beleef het voordat “die ander” op die kontinent aangekom het, is nie al wat pres. Jacob Zuma ter viering van Afrikadag kwytgeraak het nie. Hy het ook nog versugtinge van ’n Suid-Afrika wat ’n leidende rol in Afrika sal speel.
Vier kinders brand dood
Vier kinders het Maandagaand in ʼn informele nedersetting in Kaapstad doodgebrand.
Omgekeerde romp dalk dié van vermiste SA katamaran
Nagenoeg vier maande nadat kontak verloor is met drie Suid-Afrikaners wat met ʼn katamaran na Thailand op pad was, is ʼn omgekeerde romp in die Indiese Oseaan gewaar.
‘Zuma skuldig aan aanhitsing van etniese konflik’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê pres. Jacob Zuma speel met vuur deur hom skuldig te maak aan die aanhitsing van etniese konflik.
Soektog afgelas na vermiste Kaapstad-man
Die soektog na Taro Spies (25), ʼn ervare bergklimmer van Muizenberg, is afgelas. Sy motor is naby Tafelberg gevind.
Gedagte vir die dag: Egskeiding
Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe af gebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder, my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop. (Ps 40:2-3)
Video: Rugbywêreldbeker-advertensie roer die hartsnare
ʼn Advertensie deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie om Suid-Afrikaners aan te moedig om die Springbokke tydens die Rugbywêreldbeker te ondersteun, is baie gewild op sosiale media.
Meer as 500 sterf in hittegolf
Meer as 500 mense is dood in ʼn hittegolf in Indië en dit wil nie voorkom of die land binnekort verligting gaan ervaar nie.
Derby-Lewis se verskoning slegs ‘lippediens’
Clive Derby-Lewis se verskoning aan die familie van die vermoorde SAKP-leier Chris Hani se familie is bloot “lippediens”, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor, tydens ʼn aansoek vir ʼn hersiening nadat sy aansoek om mediese parool afgekeur is.
Ouers vas oor kindermishandeling, verkragting
ʼn 43-jarige pa en ʼn 33-jarige ma is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hulle hul kinders mishandel.
Foto’s: Groot brand woed in Boksburg
ʼn Groot brand woed Maandagmiddag in Reservoirstraat in Boksburg, aan die Oos-Rand van Gauteng.
SMS oor ‘grootskaalse kinderontvoering’ waarskynlik ‘n bogstorie
ʼn “Waarskuwing” doen die ronde op sosiale media van ʼn “noodberig” wat op “al die tv nuus kanale” [sic] uitgesaai is oor kinders wat vandeesweek “gesteel” gaan word.
ToekomsVenster: Hy is in die sentrum van my lewe
Ons skeppingsdoel is om ons te beywer vir sy koninkryk en sy geregtigheid (Matt 6:33).