In ʼn land soos Suid-Afrika is die toegang tot die internet ʼn luukse wat die meeste mense nog nie kan bekostig nie.
Alles vir Dinsdag 23 Junie 2015
Uitdrukking: Op die keper beskou
Al ooit gewonder waarom ons iets in Afrikaans “op die keper beskou”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Limpopo-leerder neem eie lewe
Die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgopong (Naboomspruit), Limpopo, is Dinsdag gesluit nadat ʼn matriekleerder se liggaam Maandagaand in die koshuis gevind is.
Gru-ongeluk eis 2 boeties
Twee boeties is ure ná mekaar dood nadat hulle in ʼn gru-ongeluk was saam met hul pa buite Musina in Limpopo.
Boek: Kom ons bou 3D-modelle
Bou 3D-modelle uit stewige karton, en lees dan oor hulle avonture. Op die laaste bladsy kan jy jou dieremodelle gebruik om ’n lekker bordspeletjie te speel!
Regstappe kom dalk teen vrou wat in polisiemotor drink
Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het ʼn ondersoek van stapel gestuur na foto’s wat op sosiale media versprei word van ʼn vrou met drank in haar hand in ʼn amptelike EMPD-motor.
Presteer is die beste verweer
Atterbury Trust se beursprogram bring ons in kontak met baie voornemende studente wat dit moeilik het, maar die storie van Lucinda Kruger, vir wie ons danksy Lindie Strydom van Grootfm 90.5 ontmoet het, het ons hartsnare geroer.
Nuuskommentaar: Lesse uit Kanadese kulturele volksmoord
Die bekendmaking van die finale verslag van die Kanadese Waarheids-en-Versoeningskommissie, en die versugting dat Kanada deur die hantering hiervan ’n rolmodel kan wees, hou ook vir Suid-Afrika en meer bepaald die Afrikaner opwindende moontlikhede in.
Boek: Komplot
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor. Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het…
Nagbesoeke aan dieretuin ’n groot avontuur
Vincent van Gogh het gesê dat die nag meer lewendig en kleurryk is as die dag. ʼn Nagtoer by die Nasionale Dieretuin in Pretoria skep dié gevoel.
Pta-voetgangerongeluk eis man; verkeer erg ontwrig
Verkeer in die Pretoriase Moot is Dinsdagoggend erg ontwrig nadat ʼn voetganger deur ʼn bus doodgery is.
Oom Herrie se Kerrie: Selfs die diereryk weet meer van demokrasie
Navorsing, so sien oom Herrie, toon dat dat die diereryk ’n heel goeie begrip van demokrasie het.
‘Renosterstropers’ in hof
Vyf vermeende renosterstropers het Maandag in ʼn hof in KwaZulu-Natal verskyn.
Egpaar vas oor dwelms
ʼn Vrystaatse egpaar is in hegtenis geneem nadat meer as 100 kg dwelms in hul besit gevind is.
Resensie: Die Grootste Afrikaanse Liedjie – Verskeie kunstenaars
Hierdie versameling bied regtig iets vir elke smaak, selfs al beteken dit dat niemand noodwendig van al die snitte sal hou nie. Hoe ook al, dit gee ʼn oorsig van die hoogtepunte in die geskiedenis van Afrikaanse musiek en daarom hoort dit in die versameling van enige Afrikaanse musiekliefhebber.
Twee kleuters sterf in brand by dagsorgsentrum
Volgens paramedici was daar vyf kinders onder die ouderdom van vyf jaar in die gebou toe dit aan die brand geslaan het.
Resensie: My hartjie – Karlien van Jaarsveld
Karlien het weer met hierdie CD bewys dat sy een van ons land se voorste kunstenaars is. Sy werk saam met ‘n goeie span liedjieskrywers, maar sy kan ook self met goeie komposisies vorendag kom.
Gedagte vir die dag: Ontevredenheid
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Heb 13:5)