Die Suid-Afrikaanse weermag se Rooivalk-aanvalshelikopters het Dinsdagmiddag talle aanvalle op Islamitiese rebellemagte in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo uitgevoer.
Alles vir Woensdag 2 Desember 2015
Steve se nuwe album bereik platinumstatus in 3 weke
Steve Hofmeyr se nuwe Country-album, If you could read my mind, het platinumstatus bereik, slegs drie weke na dié Engelse album uitgereik is. Platinumstatus word verwerf wanneer ’n album 40 000 kopieë verkoop.
‘Herroep besluit oor Anglo-Boereoorlog se naamsverandering’
“Geen behoorlike besluit oor die naam van dié oorlog, wat ’n beslissende gebeurtenis in die geskiedenis van Afrikaners was, kan sonder die behoorlike raadpleging van ons as kultuurgemeenskap geneem word nie.”
Een jaar, twee ondernemings en ʼn honneursgraad
Sommige studente gaan studeer by tersiêre instellings om ʼn graad te verwerf. Maar as jy Percival van der Walt is, verwerf jy jou honneurs in Eiendomswese in dieselfde jaar wat jy twee suksesvolle en winsgewende ondernemings op die been bring.
Skywise se vlerke vir eers geknip
Die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy (Acsa) het vlugte van die laekostelugdiens Skywise onbepaald opgeskort.
Bespaar só water
Suid-Afrika gaan gebuk onder waterbeperkings wat in groot dele van die land ingestel word. Dit lyk egter nie asof dié beperkings, wat veroorsaak word deur erge droogtes, binnekort opgehef gaan word nie. Hier is ʼn paar nuttige wenke om water te bespaar.
Twee dood na helikopter neerstort
Twee mense is dood nadat ʼn helikopter Woensdagoggend in Musina, in die noorde van Limpopo, neergestort het.
Resep: Chinese varkrolletjies met soetsuur pruimsous
Lewer 20 rolletjies
Facebook-hoof nou ‘n pa en gee byna al sy aandele weg
Mark Zuckerberg en sy vrou Priscilla Chan het die koms van hul babadogtertjie in ʼn Facebook-plasing aangekondig en verduidelik waarom hulle 99% van hul Facebook-aandele gaan weggee.
‘Rowers’ op heterdaad betrap
ʼn Vermeende rower is Dinsdag deur die polisie geskiet nadat hy en sy makkers op heterdaad betrap is terwyl hulle glo besig was om ʼn huis in Durban te beroof.
Rower tydens huisroof doodgeskiet
WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard.
Nuuskommentaar: Moet die Afrikaner skuldgevoelens hê?
Die woorde-oorlog oor die behoud van Afrikaans by enkele universiteite was soms smerig en kwetsend, maar tog is dit nodig dat omvattend gekyk word na die doeltreffendste wyse waarop die Afrikaner aan die groter, nasionale debat, kan deelneem mits hy daar weens sy velkleur geduld word.
Polisiebeamptes in hof vir korrupsie
Tien polisiebeamptes van die Parow-polisiestasie het Dinsdag in die Bellville-streekhof skuld ontken op aanklagte van korrupsie.
[Video] Teaterbystandsfonds – Deon Meyer vertel Sinterklaas verhuis dié jaar Loxton toe
Deon Meyer, bekende misdaadskrywer, vertel hoe Sinterklaas van die Noordpool na Loxton in die Wes-Kaap verhuis het.
Beloning uitgeloof vir Rhodespark-moordenaars
Die polisie het ʼn beloning van tot R100 000 uitgeloof in verband met die skokvoorval in Rhodespark waartydens twee mans vermoor en ʼn vrou verkrag is.
Luister: Nagligte, ʼn splinternuwe Afrikaanse groep op die musiekhorison
Nagligte het ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak en met Esté Meyer Jansen oor die boodskap van hul musiek gesels.
[Video] Bewys ontvang dat SA’ner in Mali steeds lewe
Die organisasie Gift of the Givers het ʼn videoboodskap ontvang as bewys dat die Suid-Afrikaner Stephen McGown, wat al vier jaar lank in Mali deur Al-Kaïda gyselaar gehou word, steeds lewe.
Ek weet nie of ek ‘n tradisionele Afrikaner is nie
Nietemin bly ek ʼn Afrikaner in my hart, wat sal braai en Afrikaans sal praat, sal sokkie en my liefdadigheidbydraes sal maak, biltong in die garage hang, ouer mense as oom en tannie aanspreek, my ouers met respek behandel en vir my ‘girlfriend’ blomme koop.
Waterbeperkings word in Kaapstad gehef
Inwoners van Kaapstad sal óf minder water moet gebruik óf meer moet betaal vir water nadat nuwe waterbeperkings Dinsdag goedgekeur is.
Panayiotou wil polisiedossier sien
Christopher Panayiotou, wat van die moord op sy vrou beskuldig word, sal volgende week hoor of sy prokureurs gedeeltes van die polisiedossier mag sien.