Geloftedag gedenk die gebeure van 16 Desember 1838 toe 470 Voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes aangeval is.
Alles vir Vrydag 11 Desember 2015
‘Dief’ uit slaap gewek; in hegtenis geneem
ʼn 40-jarige vermeende motordief is Donderdagoggend uit sy slaap wakker geskud en in hegtenis geneem.
Woord: kwaailappies
Taaltoffie ondersoek die gebruik van die uitdrukking, “kwaailappies”
Tieners, baba in kookwater verdrink
Die Ekurhuleni-nooddienste aan die Oos-Rand het gesê minstens sewe mense, waaronder ʼn babaseuntjie, is dié week in twee afsonderlike gewelddadige voorvalle dood.
Kabinet gaan oor sukkelende ekonomie vergader
Die kabinet se ekonomiese groepering gaan Dinsdag ʼn spesiale vergadering hou om die land se swak kredietgradering en sukkelende geldeenheid te bespreek.
[Resep] Dunliesrol met vrugtevulsel
Dit lyk na ʼn duur gereg om te berei, maar eintlik is dit nie. As jy Ius is om op ʼn Sondag iets lekkers vir jou mense te maak, kan jy gerus dié rol oorweeg.
Ses van SA gevonnis wat bokke uit Zambië wou smokkel
Die ses Suid-Afrikaners wat in Zambië in hegtenis geneem is toe hulle 12 swartwitpense uit die land na Suid-Afrika probeer smokkel het, is Dinsdag gevonnis.
[Video] Tugstappe teen slapende polisiebeamptes
Drie polisiebeamptes van die Postmasburg-polisiestasie in die Noord-Kaap het vandeesweek kennisgewings van beoogde skorsing ontvang nadat hulle op heterdaad betrap is terwyl hulle aan diens geslaap het.
[Video] Só klink ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees
ʼn Gesin van Kaapstad het besluit dié musiek is nie verteenwoordigend van ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees nie en het daarom besluit om elke jaar ʼn tong-in-die-kies video van ʼn bekende Kersliedjie te maak.
Konstruksiereus beboet oor Wêreldbekersokkertoernooi-sameswering
Die konstruksiereus Murray & Roberts is ʼn boete van miljoene rande opgelê vir samespanning rakende konstruksieprojekte vir die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi.
[Video] TBF: ‘Ons mis gaafheid in Suid-Afrika,’ sê Marion
Marion Holm, een van Suid-Afrika se gewildste aktrises, sê ons kort gaafheid en vrygewigheid in Suid-Afrika. Haar hoop is dat mense hierdie Kersfees met mekaar sal gaaf wees.
Feestydtradisies van regoor die wêreld
As jou kinders nou die ouderdom bereik het waar hulle vreeslik opsien teen die malligheid van Kersfees, laat hulle leer wat mense in ander lande doen om Kersfees te vier, sodat hulle hul eie vreemde en wonderlike familie en tradisies kan waardeer.
Nuuskommentaar: Het Zuma nou sy eie galgtou geknoop?
Die gevolge van pres. Jacob Zuma se afdanking van Nhlanhla Nene, minister van finansies, is soos ʼn outydse stoompot waarin die druk binne opgebou het en waarvan die “melkkannetjie” bo-op nou oplaas afgeskiet het. Zuma gaan dit waarskynlik polities oorleef, maar die land gaan dalk nie so gelukkig wees nie.
Wat is Kersfees sonder ’n moeder?
Cindy kón praat, maar sy hét nie. Met haar mond wat altyd oopgehang het, die té groot tong effe uitgesteek, het sy die wêreld skugter en stil-stil bekyk.
Begrond: Deel 5
Kom luister nou saam na deel vyf van die boek ‘Begrond’.
[Foto’s] Kaapstad-vierling vier 1ste verjaardag
“Dat so ʼn klein lyfie so baie persoonlikheid kan hê is verstommend.”
Luister: Louis Botha ondersoek die stories van Noordeinde met portretfoto’s
‘Slow Down Look Again’ is ʼn besonderse versameling van swart-en-witportretfoto’s wat die storie vertel van die inwoners van Noordeinde, ʼn woongebied in die Karoodorp Prins Albert.
Vrou sterf toe motor in voetgangers inploeg
ʼn Vrou is dood en drie mense is ernstig beseer toe die bestuurder van ʼn motor in ʼn groep voetgangers ingeploeg het op die R102 in Tongaat, noord van Durban.
Man skuldig aan moord op 4-jarige
ʼn 25-jarige man van KwaZulu-Natal is in die Pongola-streekhof skuldig bevind aan die ontvoering van en moord op ʼn vierjarige seuntjie.
Woordeskat, geheue en logiese denke is kennis
ʼn Belangrike kenmerk van die mens om altyd in gedagte te hou is dat ʼn mens niks weet of kan doen wat sy nie geleer het nie. Woordeskat, geheue en logiese denke is egter kennis en vaardighede, en moet dus aangeleer word.