Altesaam 13 departementshoofde van agt provinsies in die land gaan strafregtelik aangekla word vir wanbesteding van R11,63 miljard belastinggeld.
Alles vir Maandag 18 April 2016
Wonderwerk-baba: ‘Ek het nie geweet ek kan so sterk wees nie’
“Ons lewe baie na aan die Here en bid heeltyd dat Hy vir Hayley en ons hierdeur sal dra. As dit nie vir ons geloof was nie, sou ek dalk lankal moed opgegee het.”
Nuwe borgtogvoorwaardes vir Oscar Pistorius
Pistorius is na bewering oor die naweek in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem, maar die redes daarvoor is nie bekend gemaak nie.
Kurt se nuwe liedjie sal jou laat skoffel
“Kaalvoet sokkie” is vanaf 6 Mei op iTunes beskikbaar. Soos die liriek tereg sê: “Dit maak nie saak waar die partytjie is nie. Skop uit jou skoene – jy wil nié uitmis nie!”
Gauteng-skooltoelatings vir 2017: E-platform of e-skandaal?
Sonder dringende aanpassings gaan die Gauteng-onderwysdepartement se omstrede e-platform net nóg ʼn skandvlek word op die naam van ʼn reeds vuisvoos onderwysstelsel wat steier van een krisis na ʼn ander, skryf dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
[Luister] Henry van Dyk vertel oor kontemporêre album
Die sanger en liedjieskrywer Henry van Dyk, wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het, sê toe hy die eerste keer sy hand aan liedjieskryf gewaag en dié liedjie in die ateljee opgeneem het, het hy geweet hy hoort nêrens anders as in die musiekbedryf nie
Ma wil kanker-eenheid kindervriendelik maak
Luani meen niks kon hulle voorberei op die toestand van Tygerberg se pediatriese onkologie-eenheid nie. Hoewel Neil die beste behandeling sou kry, het die omstandighede in die hospitaal haar geskok.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 18 April 2016
In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar sewe snitte wat styg, 10 snitte wat daal, een wat sy posisie behou, asook twee splinternuwe liedjies wat die week se Top 20 betree. Joe Foster se “Vir my gemaak” en Neil Somers se “Skipper” val ongelukig uit die week se Top 20.
Nuuskommentaar: Leë sitplekke maak harte vol hoop
Die baie leë sitplekke by die ANC se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in die Nelson Mandelabaai-stadion is ’n groot verleentheid vir die party, en bied ruimte vir hoop vir ander partye. Die gebeure moet egter nie oorskat word nie, en geen ander party of sy ondersteuners kan hieroor ’n oomblik agteroorsit nie.
[Resep] Eenvoudige tamatiesous
Wanneer die lewe net te besig raak, is hierdie maklike resep perfek vir ʼn smaaklike, maar vinnige ete.
Springbokrugby is (hopelik) op die regte pad
Dís mos soos rugby gespeel moet word, dis mos die paadjie wat die nuwe Springbok-afrigter, Allister Coetzee, moet stap en dis mos die plan om die All Blacks te klop.
Dogter tydens kapingspoging met baksteen geslaan
ʼn 19-jarige vrou is Sondagaand met ʼn baksteen voor haar pa aangerand tydens ʼn beweerde mislukte kapingspoging in die noorde van Durban.
Oscar Pistorius weer in hof
Oscar Pistorius sal na verwagting Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.
Vrou van Paarlberg gered
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Sondag van Paarlberg in die Wes-Kaap gered.
Man dood ná bakkie op plaas omslaan
ʼn Man is dood nadat die bakkie waarin hy ’n insittende was op ʼn plaas by Bronkhorstspruit omgeslaan het.
Skok oor Vrystaat-busongeluk
Die minister van vervoer, politieke partye en verskeie ander organisasies het hul skok en medelye uitgespreek ná Sondag se busongeluk in die Vrystaat waarin 11 mense dood en 59 beseer is.
Oom Herrie se kerrie: Die fiets en die bottel
Oom Herrie was nog maar ’n jong kannetjie in die laerskool toe die een-dag-per-week tuinman Sjert onverwags op ’n vakansiedag met sy fiets by ons…
Gedagte vir die dag: Bly op God se pad
Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” (Jesaja 30:21)